ROBEY LEIBBRANDT VERTEL SELF (28)

Outobiografie van Robey Leibbrandt:

GEEN GENADE

Lees reeks by Robey Leibbrandt vertel self

“Dit is deur die eeue heen bewys dat ander volke, net soos die jeug, geen woord of teorieë in die vorm van holklinkende toesprake of opgediste snert van koerantskrywers en politieke wiggelaars volg nie, maar slegs voorbeelde, hetsy goed of sleg.

“Suid-Afrika is egter 'n uitsondering op elke reël. Ons is te lui om selfstandig te dink, andere moet dit vir ons doen. Ons sien die gevaar, maar weier om dit te erken. Ons wil lewe, maar weier om te veg. Ons glo in God, maar ignoreer sy gebooie. Gelukkig kan dit nie van almal gesê word nie.

“Ontwaak, Suid-Afrika! Gord aan die swaard en laat ons veg. God help diegene wat bereid is om hulself te help. Organiseer, dissiplineer en bewapen elke weerbare man, vrou en kind. Laat ons Suid-Afrika in 'n vesting omskep wat vir die Kommunisme ondeurdringbaar is. Anders is ons gedoem.

“Ek smeek jou, Blank Suid-Afrika, aanvaar wat ek hier sê en moenie weer toelaat dat onbeproefde dwergleiertjies julle met lippetaal aan die slaap sus en aan die neus rondlei nie.

“Hierdie ding het in die verlede met driehonderdduisend lede van die Ossewabrandwag gebeur en dit gaan waaragtig weer gebeur. Na dese sal ons nie weer 'n kans kry nie ... die Kommuniste sal daarvoor sorg.

“Ons soort demokrasie het die Kommuniste sterk en magtig gemaak. Ons het mekaar gehelp om die Nasionaal-Sosialistiese bolwerk te verpletter. Ons het doelbewus ons eie graf gegrawe. Ons het gesaai en ons gaan maai. Dis 'n verskriklike gedagte, maar ongelukkig is dit waar. Ontwaak, Blank Suid-Afrika! In Godsnaam, ontwaak!”

 

Die 0. B.-rigting

Terwyl ek as verhoorafwagtende in die gevangenis was, het die stryd tussen die Herenigde Nasionale Party en die Ossewabrandwag onverpoosd voortge­duur.

Op 2 Februarie 1942 het wyle dr. D.F. Malan onder Die Transvaler se op­skrif: Opsienbare Onthullings ... Malan In Volksraad ... Johannes van der Walt se Beëdigde Verklaring Oor Internering gepoog om die troubreuk wat deur die leiers van die Ossewabrandwag teenoor hulle eie volgelinge gepleeg is, aan die kaak te stel.

Dat dr. Malan nie kon slaag om die lede van die Ossewa-brandwag te oor­tuig nie, is voor die hand liggend. Die leier van die Herenigde Nasionale Party is deur O.B.-opponente uitgekryt as die grootste vyand van die O.B. Hy is selfs in die O.B.-koerantjie beskuldig dat hy (dr. Malan) verantwoordelik was vir die grootskeepse internerings.

Wyle adv. Oswald Pirow ondersteun hierdie beskuldiging op bladsy 258 in sy boek James Barry Munnik Hertzog.

Dit was eintlik 'n geval waar die pot die ketel nie kon verwyt nie; of liewers, dit was 'n voltooiing van die sirkel met die Afrikanervolk in die middel. Dr. Malan het die Ossewabrandwag bestempel as 'n rampokkerbende. Hulle het gesteel, geroof en drade geknip. Hoe kinderagtig, naïef en belaglik dit ook al was, het die Ossewabrandwag tog geglo dat hulle 'n daadwerklike gevaar vir genl. Smuts is. Hierdie illusie het hulle opstandigheid getem en hulle ego gestreel. Wat wou genl. Smuts meer hê?

Die lede van die Ossewabrandwag is selfs aangesê om altyd gereed te wees. Vir wat, weet die joos alleen. Hulle moes biltong, beskuit, komberse en dies meer in gereedheid hou. Waar hulle in aller haas wou gaan piekniek maak, het hulle self nie geweet nie.

Gedurig is die O.B. op sy hoede gehou. Gedurig is aan sy siel getorring. Genl. Smuts het geweet waarom. Die O.B. sou langs hierdie sielkundige weg nooit tot spontane uitbarsting kom nie en hulle het ook nie.

Die drama was nog lank nie voltooi nie. Sekere persone buite die beheer van die O.B.-leiding het op eie houtjie oorgegaan tot ernstige sabotasie. Genl. Smuts het hom vererg. Hy het 'n nuwe noodregulasie afgekondig waarin be­paal is dat indien enige persoon hom weer skuldig maak aan sabotasie waar springstof gebruik word, so 'n persoon ter dood veroordeel sou word.

Hy het geweet dat niemand dit ernstig sou beskou nie en het besluit om 'n presedent te skep wat nie verontagsaam sou word nie:

Die ou, bouvallige poskantoor op Benoni is as doelwit gekies. Dit moes tog in elk geval gesloop word. Hierdie gebou was in diens van die hele volks­gemeenskap en het nie net die oorlogsgesinde deel van die publiek bedien nie. Dieselfde redenasie kan ook vir die telefoondrade gebruik word.

Alles is noukeurig beplan. Die bevel is uitgevoer. Met 'n oorverdowende slag in die nag is 'n deel van die Benoni-poskantoor in puin gelê. Twee donker figure het in die donker verdwyn. Binne enkele ure was drie vlugvoetige saboteurs agter slot en grendel. Die draadknippers het in dieselfde slagyster getrap. Die vraag is nou: Hoe het die polisie voor die tyd al die besonderhede geweet? Die tragedie van hierdie komedie was boonop dat 'n persoon met naam Zeelie in die slag gebly het.

D. Visser, T.J. Ferreira en H.S. van Blerk het op 4 Julie 1942 in die hof in Johannesburg verskyn. Die aanklag was dat hulle hul skuldig gemaak het aan 'n spesiale misdaad — een van opsetlike saakbeskadiging soos in artikel 1 van proklamasie 29 van 1942 omskryf is.

Die doodvonnis is oor Visser en Hendrik van Blerk uitgespreek. Die hof was stampvol. Vroue het gehuil en histeries geword. Die hele land was in beroering. Twee jong Afrikanerseuns is na die dodesel gelei. Hulle was albei lede van die Ossewabrandwag onder die leiding van dr. Hans van Rensburg.

Onbewus van die ware toedrag van sake, het dr. D.F. Malan op eie inisiatief gehandel. Petisies om genade is deur vriend en vyand onderteken. Nadat die petisies by die Goewerneur-generaal ingehandig was, is Julian Visser en Hendrik van Blerk begenadig en 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgele. "Slim" Jannie het sy doel bereik en geen springstof is weer vir sabotasie gebruik nie.

Dit is deur die eeue heen bewys dat ander volke, net soos die jeug, geen woord of teorieë in die vorm van holklinkende toesprake of opgediste snert van koerantskrywers en politieke wiggelaars volg nie, maar slegs voorbeelde, hetsy goed of sleg.

Suid-Afrika is egter 'n uitsondering op elke reël. Ons is te lui om selfstandig te dink, andere moet dit vir ons doen. Ons sien die gevaar, maar weier om dit te erken. Ons wil lewe, maar weier om te veg. Ons glo in God, maar ignoreer sy gebooie. Gelukkig kan dit nie van almal gesê word nie.

Ontwaak, Suid-Afrika! Gord aan die swaard en laat ons veg. God help diegene wat bereid is om hulself te help. Organiseer, dissiplineer en bewapen elke weerbare man, vrou en kind. Laat ons Suid-Afrika in 'n vesting omskep wat vir die Kommunisme ondeurdringbaar is. Anders is ons gedoem.

Ek smeek jou, Blank Suid-Afrika, aanvaar wat ek hier sê en moenie weer toelaat dat onbeproefde dwergleiertjies julle met lippetaal aan die slaap sus en aan die neus rondlei nie.

Hierdie ding het in die verlede met driehonderdduisend lede van die Ossewabrandwag gebeur en dit gaan waaragtig weer gebeur. Na dese sal ons nie weer 'n kans kry nie ... die Kommuniste sal daarvoor sorg.

Ons soort demokrasie het die Kommuniste sterk en magtig gemaak. Ons het mekaar gehelp om die Nasionaal-Sosialistiese bolwerk te verpletter. Ons het doelbewus ons eie graf gegrawe. Ons het gesaai en ons gaan maai. Dis 'n verskriklike gedagte, maar ongelukkig is dit waar. Ontwaak, Blank Suid-Afrika! In Godsnaam, ontwaak!

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het ek selfs voor die poorte van die dood aan die galg gewaarsku, maar toe was ek 'mal'. Hopelik het my eertydse vyande intussen normaal geword.
Vervolg...