Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Uiteindelik is dit belangriker om deur die HERE gebruik te word as om gesond of begaafd of aantreklik te wees. Uiteindelik is dit belangriker om baie, baie afhanklik van die HERE te wees, soos net 'n siek en 'n bang mens kan wees.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (1)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
After the defeat at both Laing’s nek and lngogo, Colley urgently had to look at other tactics. None of his officers were consulted and the only hint of this was in the last paragraph of a letter, dated 4 February 1881, which he wrote to General Evelyn Wood: “I would gladly give you the Pretoria column, but I must push on there myself to assume the government. The force is hardly enough for two generals and the rest of the command would be left without one. You will also, I am sure, understand that I mean to take the Nek myself’.
In order to achieve that, Colley argued to himself, he had to secure a position from where he could have the Boer forces on Laing’s nek at his feet. Majuba was the key.
On the 23rd of February 1881 a new force of almost 2000 men arrived at Mount Prospect with a reserve force left in Newcastle under General Wood. The new force consisted of the 92nd Regiment Gordon Highlanders, a Naval Brigade under Francis Romilly [overall second in command] and a division of the 15th Hussars. Both sides knew that the next encounter was close.
In the mean time a letter from General Colley to President Kruger was handed to General Smit. A paragraph in it stated that General Colley had the authority to cease hostilities, should the letter be answered within 48 hours. This ultimatum was impossible to comply with since President Kruger was then in Heidelberg.
During the night of 26 February 1881 Colley and 728 men set off on an 8km detour in order to pass unnoticed by the Boers. He left 140 men at the foot of the lmkwela hill to guard the communication link to Mt. Prospect while the rest ascended Majuba between 3 and 4 am.
George Pomeroy Colley, who died on Majuba at the age of 45, was an extraordinary person. He was one of the greatest military experts in the 19th century, an academic professor at Sandhurst, a mathematician, a musician [he played the flute (flautino), a poet and ornithologist. He was also fluent in German and French. He was admitted to the Military College of Sandhurst at the age of thirteen and overshadowed the other students from the outset.
As an eighteen-year-old lieutenant he served in the Queens Regiment on the Cape Colony’s eastern border in wars against the Xhosa. In 1860 he served in the war against China, in the Ashanti campaign is West Africa [Ghana], in India before he was sent back to South Africa during the 1870’s and 1880’s. The last time as Governor of Natal, High Commissioner of the Colonies in Southern Africa and Commander of all the British forces in South Africa.
General Colley died on the summit of Majuba in 1881 standing up to the enemy even after his men started fleeing. He died from a bullet wound on his forehead above his right eye.
The whole atmosphere on the hill was one of a sense of security. “We could stay here for ever” General Colley iterated. The atmosphere was a relaxed aura of achievement.
Consternation broke out the next morning when the Boers noticed the British force on top of Majuba. It was not until Commandant General Piet Joubert summoned his two generals with the words: “Daar zijn de Engelschen op den kop, jullegaathullenoudaarafhalen” [The English are on the hill, you are going to get them down now].
With huge efficiency General Nicolaas had his strategy and orders going. Hundred and fifty men in three divisions under Commandant Joachim Ferreira, field cornet Fanus Roos and assistant field cornet Danie Malan ascended. Making use of dead ground, where they were invisible to the enemy, and covered by accurate crossfire was tactically brilliant. By 11 am the first Boers reached the bottom of the summit and a Boer bullet fired from a distance of 900m killed Commander Romilly the second in command.
“Just hold on for three days,” was Calley’s command. The Boer gunfire increased from their “invisible” positions.
Lieutenant Ian Hamilton [whom later became Allied Commander at the Gallipoli campaign in the First World War] made a plan. Thirty men would peek over the side of the summit; fire simultaneously and as quickly as possible, before being replaced by the next thirty men with the same strategy. Of the first thirty men, twenty-eight were hit by Boer gunfire. It was at that moment that Fanus Roos commanded: “Karels die Engelsevlug. Storm!” {Boys, the English are on the retreat. Charge!]. The Boers took Gordon’s Knoll, which gave them access to the summit of Majuba. The other two divisions made it to the summit from the west and Southeast respectively. The British forces were in disarray; some fled while others like General Colley, fought till the end.
The Boers suffered only one fatality while the British lost 92 soldiers, including General Colley and 134 were wounded. This was a major deciding battle of the First Anglo Boer War and has become a legend in British military history.
*
1838.
Jan Verwey het ‘n onverklaarbare, diep, blydskap ervaar toe hy die kommandolede sien terugkom. Natuurlik het hulle met die rapportryers al gehoor van die oorwinning by die Ncomerivier, wat die trekkers nou Bloedrivier genoem het, omdat die water ‘n dieprooi gekleur was van die bloed van duisende Zulu-krygers.
Sy pa is nie groot gebou nie, om die waarheid te sê, is Flippie Verwey maar net vyf voet en drie duim, maar daar is ‘n doelgerigtheid, ‘n diepe selfversekerheid wat maak dat die ander manne hom dadelik respekteer, maar ook ongemaklik is in sy geselskap.
Hy sit regop op sy Hantam-perd, ‘n groot rooivos hings, wat besonder moeilik van geaardheid is. Altyd rusteloos, wil kort-kort saag aan die toom en teuels, selfs so af en toe aan Flippie se bobeen byt as hy die geleentheid kry. Dan sal ‘n skraal, maar kliphard-gewerkte hand hom ‘n klap langs die kop gee en sal hy hom gedra vir ‘n wyle. Tog is daar ‘n hegte band tussen ruiter en perd, en ‘n wedersydse respek. Vos het vir Flippie mos inderdaad al ‘n paar keer deur moeilike situasie gedra, soos die keer wat hulle tussen die trop leeus beland het en twee keer om van die inboorlinge af weg te kom.
Flippie het nie tyd vir melodrama nie. Daar is ander dinge om te doen, maar as hy die bleekwit tente van sy waens sien, en klein Jan wat aangehardloop kom, sukkel hy om die trane terug te byt. Jan is vier jaar oud, met lang arms en bene, soos sy ma, Anet, se familie. Hy swaai sy arms wild, soos windmeulens en sy bene, te lank nog vir ratsheid, swaai van die knieë af heen en weer soos die mannetjie aangehardloop kom. Hy het ‘n kakie hemp aan en sy eie molvel langbroek, wat nou al te kort geword het vir die lengte van sy bene. Sy kruisbande se een voorkant skiet los van die gehardloop en hy trek sy broek met sy een hand op, sonder om ‘n treë te mis. Sy sagte laphoed het van sy kop af losgekom, en hang aan die riem om sy nek. Ligbruin, amper heuning-blonde krulhare staan wild van die wind.
“Pa, Pa!” roep hy van ver af.
Sodra Jan by hom kom, buk hy af in die saal en gryp sy seun om die arms, tel hom gemaklik op die saal voor hom en so ry hulle verder na die waens toe.
“Hoekom huil Pa?”
“Nee-wat. Dis sommer stof wat Vos opskop, wat in my oë gekom het.”
Anet is klein, nie meer so skraal as voor Jan se geboorte nie, maar met ‘n mooi, sterk gesig, en die groot blou oë van haar familie. Sy vee trane onbeskaamd van haar wange af, en maak dan haar hande droog aan die voorskoot. Haar kappie hang agter haar nek aan sy bandjie en Flippie kan vir die soveelste keer in sy lewe nie glo dat hierdie pragtige vrou met hom getrou het nie. Hy is nie ryk nie, kom nie uit ‘n vooraanstaande familie nie en het hierdie groot, krom neus wat sy pa en oupa ook gehad het.
“Ek het vir jou gewag. Ek het geweet jy sal terugkom.”
“Hoe kan ek anders as om na jou toe terug te kom? Daar is nie genoeg Zulu’s om my te keer nie.”
“Ek het ander nuus vir jou.”
“Vertel?”
“Tant Bossie sê ons gaan ‘n dogtertjie hê.”
“Hoe bedoel jy? Jy bedoel ons…hoe weet sy?”
“Sy weet sulke dinge. Is jy kwaad?”
“Kwaad? Nee, nooit! Wanneer?”
“Sy sê ses en ‘n halwe maande, min of meer. So, ons moet ons gedra.”
“Mmm. Ons sal sien.”
*
Oktober 1878.
Jan Verwey is nog nie middeljarig nie. Hy voel jonk, sterk en is vol optismisme. Na Pa se dood het hy na Ma en Lettie gekyk en na Ma se dood na Lettie, totdat sy getroud is. Hy het vir Lettie teen Hans Koster gewaarsku. Die man se bek is net te glad, hy is te slymerig en hy is vol stories oor waar hy vandaan kom, wat hy doen vir ‘n inkomste en al sy planne. Groot en fris gebou, aantreklik en behalwe vir ‘n dun snorretjie, gladgeskeer, anders as die manne van die tyd.
Pa het nie vreeslik baie gehad wat hy aan Ma agtergelaat het nie, en na Ma se dood het hy die bietjie wat daar was gedeel met Lettie. Hy het twee keer gesien dat sy in die kerkie sit, sonder om haar kappie ooit af te haal en haar hare skuins oor haar gesig geborsel.
“Slaan hy aan jou, Sus?”
“Nooit, Jan, Nooit. Hy is nie daardie tipe nie.”
Die derde keer het Jan niks gesê nie, sy perd opgesaal, sy sambok gevat en vir Hans Koster die drag slae van sy lewe gegee. Hans het daardie nag sy perd opgesaal, die silwerware wat Ouma nog uit Holland saamgebring het, die goue sakhorlosie van Oupa asook ma se trouring gevat en verdwyn. Hy is laas gesien naby die Ooste van Transvaal, by ‘n klein dorpie waar die manne goud delwe. Lettie was ontroosbaar.
“Jy is beter af sonder hom, Sus. Hy is ‘n pierewaaier en ‘n dronklap. Hy het jou geslaan en jou in die nag besteel.”
“Hoe sal jy van liefde weet, Jan Philippus Verwey? Jy het nog nooit iemand in jou lewe liefgehad nie.”
Lettie kyk hom half wantrouig aan.
“Jy het nie iets hiermee te doene gehad nie, het jy?”
“Hoekom vra jy dit?”
“Want ek ken jou.”
Jan het een van die gewere agter uit die waens gehaal. Dis deel van ‘n besending wat die Jood in Transvaal bestel het, nog verpak in die ghries en seile, soos dit van Engeland af gekom het. Jan kry, onder andere, een van die gewere, met kruit, koeëls en ‘n hele paar pakke klaar-gelaaide patrone, vir sy loon as transportryer.
Hy het aanvanklik hierdie nuwe gewere met agterdog bejeen, soos soldate en jagters deur die eeue gemaak het as ‘n nuwe wapen opduik. Die geweer wat hy die afgelope jare gebruik, is ook ‘n Engelse geweer, ‘n Enfield Musket, in .577 kaliber. Dis ‘n effense verbetering op die goed wat sy pa-hulle by Bloedrivier gebruik het, al is die kaliber baie kleiner as die massiewe ou vier-boor voorlaaiers waarmee hulle die Zulu-impies verslaan het. Dit is ‘n ook voorlaaier, net soos die vier-bore, maar vat ‘n nuwerwetse langwerplige koeël, ‘n sogenaamde “Minié-ball”. Dit het ‘n holte agter in die basis van die koeël, en is ontwerp om uit te sit as die gasse van die ontbrandende kruit dit aanjaag. Dan seël dit blykbaar beter as die ou goed. Daar is drie groot voordele aan die koeël: dis baie swaarder as die ronde balletjie van die ou tyd, dit kan vinniger gelaai word, omdat dit nie so styf inpas nie, en is baie akkurater, en met ‘n hoër spoed, wat maak dat dit verder kan skiet.
Die nuwe geweer, sien hy, is maar oorspronklik dieselfde ding as sy Enfield, maar het ‘n vreemde gedoente aan die agterkant, bokant die sneller. Daar is so ‘n skuins stukkie staal wat op ‘n veertjie werk, en as jy dit indruk, die hele eerste duim of so van die bokant en agterkant van die loop oopslaan, en dan kan jy die klaargelaaide patroon, wat uit ‘n koperdop, ‘n slagdoppie, kruit en koeël in een bestaan, daarin druk, die ding weer toemaak en dan kan jy die haan oortrek en skiet. Baie vinniger as die voorlaaier, en jy kan ook platlê as jy laai, en jy loop nie die gevaar om iets te laat val soos die slagdoppie nie en te veel of te min kruit gooi as jy haastig is nie. Hulle noem die geweer ‘n “Snider”, na aanleiding van die ontwerper se naam.
Teen laatmiddag, as die waens uitgespan is en die osse versorg, saam met die perde en die kamp gemaak is, kan hy sy nuuskierigheid nie meer hou nie, sit ‘n stomp hout op ‘n boomstam wat platlê, so sestig treë weg. Hy is ‘n bietjie benoud, want die ding lyk asof dit maklik sal ontplof, maar kry sy vrees onder beheer, sit een van die vet patrone in die geweer, maak dubbeld seker dat dit mooi toegemaak is, haal die swaar haan oor en hoor die dubbele “klik-klik” wat wys dat dit heeltemal gehaak is aan die sneller. Hy vat behoorlik korrel na die stomp en trek die sneller.
‘n Wolk kruitrook hang vir ‘n oomblik in die lug, voordat die windjie dit wegwaai. Hy is immers gewoond daaraan, siende dat alle swartkruit maar so maak, maar as hy soek vir die stomp, sien hy dat dit heeltemal versplinter het. Hy maak die geweer weer oop, haal die gebruikte dop uit, sit dit in sy baadjiesak en laai ‘n nuwe patroon.
So maklik.