“Die ANC is ‘n kriminele organisasie en is nie geskik om Suid-Afrika te regeer nie”.
-Hoofregter Zondo.
*
Die onafhanklike polisie-vakbond, IPUSA, beweer dat die polisie ‘n senior aanstelling gedoen het sonder om die offisier se verwysings na te gaan.
‘n Beampte wat na haarself verwys as “dr DJ prof Thotsejane” is glo as die hoof van die polisie se inligtingsdienste in die rang van luitenant-generaal aangestel, sonder dat haar kwalifikasies op die personeelstelsel van die polisie opgeneem is.
Boonop het luitenant-generaal Thotsejane glo verdwyn nadat daar amptelike navrae oor haar kwalifikasies en verwysings gerig is, en sy het die werkgewer se nuwe ampsmotor, selfoon en kantoorsleutels saamgeneem. Volgens die vakbond moet die polisie verduidelik hoe dit gebeur het dat sy ook ongeveer twee-miljoen-rand in vergoeding kon kry sonder dat die korrekte prosedure gevolg is.
IPUSA sê ook dit is absoluut onaanvaarbaar dat ‘n bedrieër aangestel kan word as die hoof van die polisie se inligtingstelsels en dan onbeperkte toegang kan hê tot die polisiediens se rekenaarstelsels en infrastruktuur.
*
“Sê my weer – waar heen gaan ons, of gaan ons vir altyd net ronddrentel?”
“As jy my gister gevra het, sou ek gesê het ons drentel net voort tot ons eendag oorleef het, maar nie vandag nie?”
“En vandag?”
Abel gaan staan stil en kyk ernstig na Nala.
“Het jy daardie wit terroris gesien met die rooi hoed en die wit rosies op die hoedeband?”
“Ek het. Hy was wreder en meer gemeen as die ander.”
“Dis my ma se kerkhoed. Hy was sekerlik een van dié wat hulle vermoor het en die huis afgebrand het.”
“En nou gaan jy agter hom aan? Net jy – man alleen?”
“Ek gaan. Jy is welkom as jy wil saamgaan, maar ek kan niks belowe nie. Nie eens dat ons heel daar sal uitkom nie.”
“Paar klein probleempies, Abel. Hulle het bakkies en ons loop. Ons weet nie waar hulle is of heengaan nie en derdens, daar is seker veertig of meer van hulle en ons, dis nou as ek saamgaan, is net twee.”
“Ons sal soek vir ‘n voertuig. Ons sal ook weldra uitvind waarheen hulle gaan en derdens, dis ‘n probleem, ja.”
“Maar ons gaan steeds?”
Abel kyk na haar vir ‘n lang oomblik. Sy is werklik baie mooi, met die donker hare, blou oë en natuurlike ‘n jeugdige, vleklose, ligte vel. Hy het self nie werklik ‘n idee waarvoor hy hulle sal inlaat nie, maar hy kan nie die afgelope tyd se gebeure uit sy kop kry nie, nog minder die arrogante, luidrugtige wreedaard wat sy ma se kerkhoed op het nie. Kerkhoed, van alle dinge!
“Ja, ons gaan. Dankie.”
“Wat is ons eerste aksie in hierdie plan van aksie?”
“Ons gaan ‘n ryding soek. Dit gaan nie maklik wees nie, want al kry ons ‘n voertuig, is die kanse skraal dat ons dit aan die gang kan kry sonder die regte sleutels.”
“Ek dog dan jy is ‘n gegradueerde ingenieur?”
“Dit is ek, en nie ‘n towenaar nie. Dis nie soos in flieks waar die ou gou-gou onder die paneelbord induik, ‘n paar drade aanmekaar las en as daar ‘n vonkie is, dan vat die kar nie. Alles is deesdae geprogrameer en as jy nie die regte impuls het nie, is dit onmoontlik om die ding aan die loop te kry.”
“So, ons moet ‘n kar of bakkie kry en die sleutel?”
“Ja, of ‘n ouer een wat nog nie met rekenaars gewerk het nie.”
Nala sug dramaties.
“Toemaar, ons sal wel iets kry, eenkant toe of ander kant.”
*
Thomas Mans is skraal, hard, taai en baie seker van homself. Hy is ‘n natuurlike leier, wat altyd lyk asof hy weet wat om te doen en waarheen om te gaan. Tot dusver was dit maklik – hy het bloot vooraan die groep geloop of gery en magtelose mense aangeval, gemartel, vermink en vermoor.
Die verkragting het hy vir ander gelos. Hy is a-seksueel en nie man of vrou, kind of dier kan hom prikkel nie. Nie wit, swart, bruin, Asiër, albino nie, niks. Dis natuurlik ‘n feit wat hy diep wegsteek, want die ander sal dit as ‘n swakheid beskou en dit sal die laaste sien van die blikkantien wees vir hom. Die feit dat hy blank is en al die ander swart, maak vir hom glad nie saak nie. Hy wonder waar die uitdrukking vandaan kom: “Laaste sien van die blikkantien”?
Een van sy onderdane, as hy dit so mag noem, of miskien eerder “luitenante”, het gedurende die geveg – dis nie werklik ‘n geveg nie, want die ander was nie werklik gewapen nie, maar dit maak nie vir hom saak nie – geval,’n skoot laat afgaan en die koeël het vir Thomas rakelings gemis. Natuurlik was dit ‘n ongeluk, maar hy wat Thomas Mans is, kan nie sulke geleenthede laat verbygaan sonder om dit te straf nie. Eintlik net om sy mag in die groep te bewys, iets wat hy gereeld moet doen.
“So, Mannie, trying to kill me heh?”
“No, Boss, it was a accident, I swear!”
Mannie begin sweet en ‘n gyserigheid begin onder sy vuil hempskraag oploop na sy bors toe en onmiddellik vanuit sy bofbalpet na sy gesig. Hy weet wat kom en hy kan nie homself daaruit praat nie, dit weet hy ook.
“Nah, Mannie, I’ve seen the way you’ve been looking at met the past few days. You wanna be boss, isn’t it?”
“No man, Tom, I would never…”
Mannie sou nooit die sin voltooi nie. ‘n Nege millimeter volmantel koeël tref hom op sy neusbrug en hy slaan reg agteroor.
“Anybody else?” vra Thomas in die algemene rigting van die manne.
Daar is ‘n algehele stilte. Niemand praat nie en niemand beweeg nie, net vir ingeval Thomas dalk sou dink dat hy vir ‘n wapen gaan. Tevrede dat sy magsposisie hervestig is, draai Thomas sy rug op hulle. Nie net uit minagting nie, maar ook sodat niemand die tevrede glimlag om sy mondhoeke sien nie. Hierdie geweldmakery is die naaste wat hy aan seksuele bevrediging kan kom.
*
Die soektog na ‘n geskikte voertuig is uiters frustrerend. Hoe kan dit so maklik wees vir diewe om ‘n kar of bakkie te steel, maar hy wat ‘n ingenieur is, weet glad nie hoe nie? Daar is natuurlik heelwat uitgebrande voertuie, wat niks beteken nie, ‘n handvol sportmotors, bakkies, sportnutse en selfs ‘n ou Chevrolet K20 4X4, maar as hulle vol verwagting die enjinkap oplig is daar net ‘n leegte waar die enjin moes wees.
“Ek dink alles wat kan ry, is mee gery, Abel.”
“Kom nou – ons het nog nie oral gekyk nie. Die een of ander tyd sal ons iets kry, ons moet net nog rondkyk.”
“En elke uur wat ons aan kyk spandeer, kom daardie manne weg.”
“Wat stel jy voor,” vra Abel skielik ongeduldig. “Dat ons agterna hardloop?”
“Moenie oprukkerig wees nie. Ek sê maar net!”
“Ek is jammer. Ja, ek weet ook, maar aan die ander kant dink ek nie hulle gaan baie ver weggaan nie. Hier is nog te veel mense om te roof en te moor. Hulle soort sal terugkom totdat niks oor is om seer te maak nie.”
“Hoe weet jy dit?”
Abel dink lank hieroor.
“Ek weet nie. Ek voel dit net aan.”
“Okay.”