KULTUUR IS RASGEBONDE

JA Marais - 1994

Kultuur is onbetwisbaar rasgebonde. Die Swart rasse, die Swart volke se kultuur het 'n soort eenvormigheid. Die Zoeloes en die Xhosas en die Vendas kan verskil oor kleiner dinge, maar aan die grond het hulle 'n gemeenskaplike kultuur. So werk dit ook in Europa onder die Blanke nasies. Hulle tale verskil en hulle eetgewoontes en ander kleiner dinge verskil, maar diep onderlangs is die kultuur gebind aan die ras en dit is wat vandag waarskynlik ons grootste bedreigings is, dat ons sku gemaak word vir die begrip van ras, en daardeur sku gemaak word vir ons Witmanskap. Jy mag nie jou Witmanskap voorop stel nie want dan word jy beskuldig van rassisme.

Laat ons tog darem ook net weer bietjie ter wille van nugterheid kyk na die oordeel van selfs Arnold Toynbee, een van die groot bekermhere van die Liberalisme. Hy skryf: "As differentiation is the mark of growth, and standardisation",- gelykmaking -"is the mark of disintegration". En dan sê hy: "The black race alone have not contributed positively to any civilisation yet".

Self die British Association for the Advancement of Science het nog in 1961 gesê "No contribution to the arts of civilisation has come from Africa, which has produced nothing but destruction and ruthless exploitation of natural resources." Dis nou die mense wat ons as gelykes moet aanvaar!

Selfs die merkwaardige man wat ons in Suid-Afrika gehad het, die wetenskaplike prof. Raymond Dart, wat 'n wêreldbekendheid verwerf het, het die merkwaardige stelling gemaak wat ek dink min mense besef. Hy sê:

"As far as we know, neither the Bushmen, nor the Hottentots, nor even the Bantu discovered of their own accord a single element of their divergent cultures. The Bushmens's bows and arrows, painting, perforates stones, fire-making and bead decoration; like the Hottentots' flocks and herds, dogs and goats, sheep and cattle, pottery and weaving, mythology and magic; and like the Bantu's fishing crafts and dugout canoes, cattle and poultry, basketry and pottery, assegais and hoes, kraals and crops, huts and furniture; are one and all cultural gifts that they have received from other, more advanced peoples. The South African races never discovered spontaneously how to make a basket, to fashion a claypot, to build a hut, to shape a canoe, to forge an iron weapon, to domesticate an animial, to cultivate a single vegetable or fruit; much less to make terraced and irrigated cultivations and erect stone temples such as are found in Rhodesia and Tanganyika. All these techniques were gifts that came to South Africa from afar off."

Ons word vertel ons moet ons nie op die geskiedenis beroep nie, maar hierdie is die geskiedenis wat werklik van betekenis is, en as ons hier in Suid-Afrika 'n ordelike staat wil handhaaf en tegelyk ons hoë waardes van Witmanskap en Christenskap wil handhaaf, dan sal ons weer moet weet wat is die werklikheid waarmee ons te doen het.

Daar het in die VSA 'n boek verskyn van meer as 800 bladsye, met 108 daarvan net voetnotas, waar die ongelykheid van Swart en Wit weer wetenskaplik nagevors is. En wat gebeur in Amerika? Daar waar hulle al meer as 150 jaar probeer om mense gelyk te maak het hulle nog nie naastenby daarby gekom nie. Selfs binne die Kongres van die VSA is daar 'n Black Caucus waaraan Swartes van die Republikeinse Party en Swartes van die Demokratiese Party behoort wat bo-oor die partygrense, net op grond van hulle rasse-afkoms, hulle teen die Blankes verenig. 'n Black Caucus.

Ons moenie vir ons laat vertel dat ras en kleur weggewens kan word nie. Die merkwaardige ding is, daar word gepraat van nie-rassigheid maar selfs die gebruik van die woord nie-rassigheid, is 'n erkenning van ras. Hoe kan jy praat van rassigheid as jy nie die erkenning van ras gee nie. Maar dit is die soort gekheid waarmee 'n mens te doen het. Die Afrikaner veral het in Afrika sy staanplek gekry omdat hy sy Witmanskap gehandhaaf het, anders as in Suid-Amerika, waar ander gemeenskappe anders gedoen het; en dit is alleen omdat ons ons Witmanskap gehandhaaf het, dat Suid-Afrika uitgebou is tot die sterkste staat in Afrika en die Afrikaners tot die sterkste enkele gemeenskap in Afrika. Net op grond daarvan.