Dit is so dat ons waarskynlik in een van die gevaarlikste tye van die stryd lewe omdat dit nie soseer die planne van ons vyande is waarvoor ons bevrees is nie, maar die gevaar dat ons eie kleinmoedigheid ons gaan dwing om die stryd gewonne te gee.
Die grootste enkele probleem waarmee die Blankes vandag in Suid Afrika te doen het, is waarskynlik die aanslag wat gemaak word om ons moedeloos te stem sodat ons ons aan die stryd ontrek.
Ons is al ’n klompie dekades in hierdie stryd. Die Blankes is swaar beproef in hierdie klomp jare. Hulle is beroof van hul lewenstandaard. Hulle is beroof van hulle sosiale sekuriteit en die polieke mag wat hulle in hierdie land het. Dit word stapsgewys van hulle weggeneem (LW: mnr Marais sê dit in 1992. Die polieke mag is toe in 1994 weggegee).
Deur die aanhoudende prysstygings is ons mense verarm sodat jongmense nie meer ’n huis kan bekosg en ’n gesin kan hê nie. Hoë rentekoerse het veroorsaak dat mense hul huise en plase verloor het.
Die oogmerk is klaarblyklik om ons so terneergedruk te maak dat ons nie meer bereid is om die polieke stryd te voer teen die magte wat verantwoordelik is vir hierdie toestand waarin ons vandag is nie.
Die nasionalisme roep ons op om met geeskrag en wilskrag en die besef van ons geroepenheid, met geloof aan die reg van ons saak, die stryd voort te sit.
Jaap Marais 22 September 1992