DIE VREDE VAN DIE DOOD

Die geskiedenis van ʼn volk is eintlik die verhaal van so ʼn volk se stryd om selfbehoud en selfverwesenliking.

Sy geskiedenis is niks as dit nie die verhaal van stryd, swaarkry, nederlaag, oorwinning, opstaan en weer stry in elke geslag omvang nie.

In hierdie stryd om ʼn volk se selfbehoud en selfvertroue en selfverwesenliking is die grens tussen die politieke en die militêre stryd baie smal. Dikwels is dit so fyn getrek dat ʼn mens nie eens die grens kan onderskei nie.

Die feit dat daar ʼn noue verband tussen die politieke stryd en die wapenstryd is, moet ʼn mens laat besef dat in elke geslag van ʼn volk se lewe die moontlikheid bestaan dat die politieke stryd in ʼn militêre stryd omgesit kan word.

In die Afrikanervolk se bestaan was dit, uit sy aard en omstandighede, ʼn wesenlike bestanddeel van sy hele geskiedenis. Die hele gang van die Afrikanervolk se geskiedenis bevestig dat die volk gedurig op die rand verkeer het van ʼn omsetting van die politieke stryd in ʼn militêre stryd.

Ons moet besef dat oorlog iets is waarmee ʼn volk elke dag moet lewe, en as ʼn volk hom laat bangpraat vir oorlog, dan word ʼn land bloedloos verower en dan is dit ʼn groter vernedering as wat ʼn nederlaag in ʼn oorlog kan wees.

As ons volk, as hierdie blanke beskawing, nie werd is om voor te leef, om voor te veg en om voor te sterf nie, dan sal geen bondgenootskap en geen vrede ons kan red nie.

Want daar is ʼn vrede wat die dood is en daar is ʼn oorlog wat die lewe is.

Die volk wat nie waardes het nie, wat geen geloof het nie, so ʼn volk gee oor, want hy het niks om voor te veg nie en niks om te verdedig nie.

So ʼn volk word in oneer van die aarde afgevee.

J A Marais