NASIONALISME EN RAS

Deur volgehoue propaganda word verwarring geskep oor die begrippe soos nasionalisme en ras. Aan Blankes word voorgegee dat nasionalisme nie op ras gegrond mag wees nie, maar aan Swartes, wat bo-oor etniese en stamverskille verenig in ‘n rewolusionêre beweging teen die politieke gesag van die Blankes, word die naam swart nasionalisme of African nasonalism gegee. Dit is hier duidelik ‘n geval van swart rassisme, want ras is die verenigde faktor in ‘n ati-Blanke agitasie.

Dat tussen ras en nasionalisme ‘n diep verwantskap is, is onbetwyfelbaar.

Maar onder volke van dieselfde ras is daar onderlinge verskille wat die grondslag van die nasionalisme is.

Nasionalisme is uiteraard verplig tot twee gelyktydige en voortdurende aksies: insluiting en uitsluiting, voorkeur en diskriminasie. Die een kan nie gedoen word sonder om die teenhang ook in werking te bring nie.

Waar in die huidige tydsgewrig die klem op diskriminasie geplaas word as ‘n immorele, onwetenskaplike en onchristelike daad, word natuurlik die reg op voorkeur vir die eie verswyg, hoewel dit uiteraard die onafskeidbare keersy van diskriminasie is.

Die reg op voorkeur vir die eie is die hart van nasionalisme. Daarsonder is daar niks nie. As dit hom ontsê of ontneem word, moet eksklusiwiteit vernietig word, waardeur die nasionale integriteit sal disintegreer en verdwyn.

J A Marais