STAAN VIR TAAL, VOLK EN LAND

ʼn Regte Afrikaner bly getrou aan Paul Kruger se tradisies

As daar vandag aanspraak gemaak moet word op wie ʼn Regte Afrikaner is, dan is die eerste man wat vir Regte Afrikanerskap kwalifiseer, dié man wat getrou gebly het aan die tradisies wat deur Paul Kruger geskep is.

Paul Kruger is nie net ʼn man van die verlede nie; hy is ook ʼn man van die toekoms. Hoe verder van Kruger af wegbeweeg word, word hy nie kleiner nie, maar steeds groter. Daarom is dít ook die rigsnoer wat in die toekoms die Regte Afrikaner sal lei.

Soos die Regte Afrikaner van destyds kan die Regte Afrikaner van vandag ook nie anders nie as om te sê: Ek staan vir taal, volk en land. Maar dan moet die begrip ‘volk’ helder en duidelik omlyn wees. In die verlede was daar ook pogings om die Afrikanervolk-begrip af te water. Daar was selfs pogings om die Afrikaner in sy wese aan te tas.

Daar word nou weer pogings aangewend om die Kleurling by die Afrikanerdom in te bring. Die Kleurling was nooit deel van die Afrikaner nie.

Hy het wel Afrikaans gepraat en ʼn sekere persentasie praat vandag nog Afrikaans, maar dit is ʼn vorm van Afrikaans wat die meerderheid Regte Afrikaners nie self sal praat nie.

Geen mens kan tot ʼn volk toegevoeg word tensy hy die geskiedenis van daardie volk deel nie en hom volkome met die geskiedkundige beskouings van daardie volk vereenselwig nie.

J A Marais