BETUIG JOUSELF

Om te leef en te oorleef, om voort te bestaan, is dit noodsaaklik dat die basis van die bestaan van ‘n volk telkens weer bevestig word ― sy waardes, sy beginsels, sy lewensbelange, sy tradisies ― moet telkens oor en oor bevestig word in ‘n volk se wil om voort te bestaan.

Dit moet tot uiting kom in daardie volk se hartstog vir die lewe wat aan hom gegee is, deur die stryd wat hy telkens bereid is om weer aan te knoop om sy horisonne oop te hou, om sy toekoms te skep en nie vir hom te laat skep deur ander magte nie.

As ons vandag na die situasie om ons kyk, dan besef jy met jou hele instink dat die een belangrike eis wat die geskiedenis aan jou en jou volk stel, is dat jy bereid moet wees om jouself te betuig.

Die Afrikaner sal weer bereid moet wees om homself te betuig as baas van hierdie land; hy sal hom moet betuig as die verteenwoordiger van die nuwe nasie wat hier deur die groot magte van die geskiedenis tot stand gekom het.

Die Afrikaner sal hom weer moet betuig as die draer van die Afrikaanse taal, die mooiste taal wat daar in die wêreld is. In Suid-Afrika sal hy, terwyl hy van Afrika is, met trots die blanke Westerse beskawing verteenwoordig.

Laat die Afrikaner vandag weer wys dat hy die moed het om die stryd aan te knoop, laat hy weer toon dat hy die wil het om te oorwin, en hierdie volk sal in die jare wat kom... ‘n bindende baken oor die hele wêreld word.

J A Marais