NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sê dat ons magteloos is teen die onreg, pyn en kwaad in die wêreld. Gebed is 'n magtige wapen wat God sy kinders gegee het om in so 'n wêreld te oorleef.

VEG VIR IETS EERDER AS OM VIR NIKS TE LEWE

GEEN VEILIGHEID SONDER HEILIGHEID

Satan is soos ʼn brullende leeu aan die suidpunt van Afrika besig. Ons strate is rooi van die bloed van volksgenote wat die hoogste prys vir die mislukte reënboognasie-proefneming betaal. Dis geen demokrasie nie, maar ʼn gekamoefleerde skrikbewind! Satan los niks wat vir God kosbaar is uit nie. Hy verwek altyd vyande en teenstanders, selfs te midde van ʼn volk. Gelukkig verloor hy altyd soos wat koning Dawid telkens ervaar het: “ In U wil ek bly wees en juig; ek wil psalmsing tot eer van u Naam, o Allerhoogste, omdat my vyande agteruitwyk, struikel en omkom van voor u aangesig. Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige Regter! U het die heidene gedreig, die goddelose laat omkom, hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd” (Ps.9:3-6).

Die geskiedenis van die Boerevolk is ʼn geskiedenis van oorloë. God is op ʼn besondere wyse met ons volk. Die parallel met oud-Israel is net te opvallend om in die wind te slaan. God was en is tot vandag toe nog op ʼn besondere manier met ons volk besig.   Hy het ʼn doel met ons volk en gaan ons nog kragtig gaan gebruik voordat Jesus op die wolke kom.

Oorlogvoering is nie verkeerd so lank as wat daar tussen offensiewe en defensiewe oorlogvoering onderskei word nie. Offensiewe oorlogvoering is gewapende grypsug en defensiewe oorlogvoering die beskerming van eiendom. Ons eie volksgeskiedenis getuig van beide oorlogvoerings. Tydens die Boereoorlog het die Engelse die Boere aangeval (offensief) om grond en minerale te roof. Dit het die Boere genoodsaak om tot die gewapende stryd toe te tree ten einde dit wat vir hulle kosbaar was te beskerm (defensief).

Wat jy uit die hand van God ontvang, is nie te versmaai nie. Wat het met Esau gebeur toe hy sy eersgeboortereg versmaai het? Sy nageslag het ʼn nikswerd volk geword wat uit God se heilshandeling geval en in skermutselings chronies op hul baadjie gekry het. Nee, gelowiges moet hul godgegewe erfenis bewaar al moet hulle die wapen daarvoor opneem!

Christus is die Vors van vrede. Die Satan is dié van onvrede. En dit veroorsaak ʼn gedurige stryd tussen lig en duisternis. Gelowiges word soms genoodsaak om oorlog te voer. En dis nie altyd verkeerd nie. Solank dit gevoer word om dit wat jou eie is te beskerm.

Koning Dawid was ʼn sterk gelowige. Hy het geweet tot Wie hy hom moes wend selfs toe daar burgeroorlog in Israel uitgebreek het. Hy skryf in Ps.18: “By die liefderyke betoon U Uself liefderyk, by die opregte man opreg, by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd. Want U verlos die verdrukte volk; maar U verneder die oë wat hoog is. Want U laat my lamp skyn; die HERE my God laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek ’n bende storm, en met my God spring ek oor ’n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil. Want wie is God buiten die HERE, en wie is ’n rots behalwe onse God?"(26-32).

Geen kind van God pleit tevergeefs by sy hemelse Vader nie. Dawid ook nie. God het sy gebed verhoor en aan hom die oorwinning gegee. Dawid was egter nie die enigste koning wat so ʼn wonderlike ervaring gehad het nie. Jare later het Asa, die koning van Juda, net so ʼn verlossingservaring gehad. Die beryming van Ps.146 lui: “Salig hy wat in die lewe, sonder hulp en sonder raad, as hom alles wil begewe, vlug tot God, sy toeverlaat; en ook in die swartste nag op die Heer alleen bly wag” (strofe 3). Asa het ervaar dat God help waar geen ander mens kan help nie.

Asa was ʼn godvresende koning. Selfs sy vader, Abia, was inherent ʼn goeie mens. Hy het egter ʼn swakpunt gehad; hy wou almal tevrede stel . Daarom het hy ʼn blinde oog na die afgodsdiens wat in sy land beoefen is, gedraai.  Hy het selfs ʼn tempel vir Baal op die Tempelberg laat oprig en die afgodspriesters uit die staatskas vergoed. Alles in die naam van godsdiensvryheid!

Toe Asa aan bewind kom, het hy die regte ding gedoen om afgodery uit te roei en ʼn godsdienshervorming van stapel te stuur. ʼn Land herstel as die regte dinge gedoen en booshede uitgeroei word. Soos die verlore seun is daar net een pad na herstel – die pad terug na die hemelse Vader. Dis hervorming!

Ná Asa se hervorming het God Juda met rus en vrede geseën. Onrus in ʼn land is dikwels aan ongehoorsaamheid aan die Here toe te skryf. Suid-Afrika is ʼn sprekende voorbeeld hiervan - geen veiligheid sonder heiligheid nie!

Juda het vir 10 jaar rus en vrede beleef waarna dit voor ʼn groot bedreiging te staan gekom het - ʼn vyandige leër van 1,000,000 het op Juda afmarsjeer.  Asa het nog nooit soveel mense by mekaar gesien nie; mense wat van ver gekom het; van Kus in Afrika; ʼn groot deel van die huidige Etiopië en die Soedan.

Serag, die swart Afrikaleier, was ʼn tipiese plunderaar wat nie eens die volk van God in sy roofsug ontsien het nie. Hy wou as’t ware met die God van Juda kragte meet.  Asa was in groot nood want die vyand was te talryk Juda het die dood in die gesig gestaar. Asa moes iets baie vinnig doen. Hy doen die regte ding deur op sy knieë voor God te gaan want ʼn mens op sy knieë struikel nie!

“En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie”

En die uitslag? “En die Here het die Kussiete voor Asa en Juda verslaan...” (:12). Let wel – die Here!

Ná die oorwinning het Asa die hervormingsmaatreëls verskerp en die afgodery met wortel en tak uitgeroei.   Eenmaal hervorm altyd hervorm! Asa het 41 jaar lank voorspoedig oor Juda regeer. Sy volk het lank na sy dood oor hom gerou.   Soos elke eerbare landsleier het Asa alles vir sy God en volk feil gehad.

Asa leer gelowiges iets baie belangrik - om jou nie deur getalle te laat ontsenu nie. Kyk na Jesus Christus – aan Hom behoort alles mag in die hemel en op die aarde. Strofe 4 van die beryming van Ps.146 lui: “Dis die Heer wat aard en hemel, die getuies van sy mag, met die see en al wat daar wemel, voorgebring het deur sy krag; wat, onwrikbaar in sy trou, altyd sy beloftes hou”.

Gelowiges moet hulle nie deur heidengetalle laat afskrik nie.   Ons kyk met ander oë na die toekoms en meet met ander maatstawwe as heidene. Ons is besorg oor ons volksgenote. Bitter min van hulle het hoop vir die toekoms. Waarom? Omdat hulle in die verkeerde rigting kyk.   Dit laat mense tou opgooi in ʼn tyd waarin hulle baie eerder geestelik weerbaar moes wees!   Hulle sê dat die oormag te groot en die speelveld te ongelyk vir ʼn oorwinning is. Genadiglik het niemand destyds vir Sarel Cilliers van die kanonwa afgestamp en gevrat om oor te gee omdat die Zoeloes net te veel was nie! 400 Voortrekkergelowiges kom noodgedwonge teen ʼn oormag van bykans 20,000 barbare te staan. Uit ʼn militêre oogpunt was hulle kanse 0%. Met God se hulp 100%! Die verlossing uit die nood het met ʼn gelofte begin. Die Heilige Gees het dit in hierdie klompie Voortrekkers se harte gelê om ʼn gelofte te verwoord en dit vir ʼn week lank elke aand te herhaal. Op Sondagoggend 16 Desember 1838 het hulle soos in die dae van Asa weer teen ʼn swart Afrika-leier met ʼn ontsaglike getalleoorwig te staan gekom. Die Voortrekkers het nie grond gesteel soos die nuwe geskiedenisboeke oningeligtes wysmaak nie. Die grond is wettig van die Zoeloes gekoop. Die koopkontrak wat later by die oorskot van Piet Retief gevind is, bevestig dit. Dit was dus nie offensiewe oorlogvoering nie.  Alles was Bybels korrek gewees. Cilliers en sy manskappe was nie skurke soos wat die moderne, skeefgetrekte geskiedenis hulle uitbeeld nie. Hulle was gelowiges wat met die geweer in die een hand en die Bybel in die ander een die donker wêreld van die barbaar betree, trotseer en ook geëvangeliseer het. As God nie met hulle was nie, het ons vandag volstrek niks van hulle geweet nie. God was met die gelowiges by Bloedrivier soos destyds met Asa op die vlaktes van Juda.

En omdat Hy met gelowiges is, is die uitslag dieselfde: “En die Here het die Kussiete voor Asa en Juda verslaan...” (:12). Van Bloedrivier kan gesê word: “En die Here het die Zoeloes voor Cilliers en sy mansklappe verslaan en die Zoeloes het gevlug”; ʼn vlug wat ʼn rivier rooi van die bloed gemaak het!

Moenie na volksgenote kyk wat moontlik iets aan die huidige skrikbewind kan doen nie. Kyk eerder na God – Hy kan iets daaraan doen!   Dink aan Gideon en sy 300 manskappe wat 135,000 Mideaniete oorwin. Was hulle swaarde sterker as dié van die vyand? Nee, hulle God was sterker.   Nie een van Gideon se manskappe het nodig gehad om ʼn swaard te trek nie. God het alles gedoen!

Gedagtig aan God se wonderbare verlossing van ons voorsate, raak ons stil voor die Here en juig opnuut oor die blye versekering dat God sy kinders deur die eeue bewaar. Ons juig oor Ps.34 wat sê:

Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered ... Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos ... Die Engel van die HERE trek ’n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit ... Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! ... Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep... Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei ... Die HERE is naby dié wat gebroke is van hart, en Hy verlos diéwat verslae is van gees... Menigvuldig is die teëspoed van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom... Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil...”

Ons is nie veronderstel om kunsmatige rasseverhoudings te versterk nie.. Die Woord van God roep gelowiges nie op om met heidene te versoen nie, maar om hulle teen te staan. En dit verg stryd. Sien jy daarvoor kans?   In stryd is daar geen plaasvervanger vir oorwinning nie. Wie heidene teenstaan, veg ʼn eerbare stryd met God aan hul kant. Kom ons veg eerder vir iets as om vir niks te lewe nie. Laat die plooie op jou gesig die graveerwerk van stryd en nie van verraad wees nie want om niks te doen is verraad!

“En Asa het die Here sy God aangeroep en gesê: Here, niemand kan help soos U tussen die magtige en kragtelose nie; help ons, Here onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; Here, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie”

                                     2 Kron.14:11                                    

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1531 gaste aanlyn