STERF BINNE OF TREE BUITE EN VEG!

Wat kan ons doen?

As daar een ding is waarvoor die beeldradio gebruik kan word, dan is dit as ons die geskikte videomateriaal vir ons mense beskikbaar kan stel. Ons moet ook televisielose aande hê — een maal 'n week geen televisie nie. Die oomblik as mense eers tot daardie punt oorgaan dat hulle 'n aand sonder televisie kan klaarkom, dan word dit 'n hele nuwe manier om te leef in jou eie huis.

Ons sal ons kontak met ons stamlande weer moet herbevestig om los te kom uit die Engelstalige wêreld se greep op ons. Engels is 'n voertuig van die liberalisme en tussen liberalisme en nasionalisme is daar geen versoening nie. Hoe meer ons ons van die Engelse media vervreem, hoe meer verskans ons ons teen die liberalisme.

Ons grootste gevaar is die aanspraak wat die Amerikaanse magte op ons jeug het. Ons sal weer 'n goeie intellektuele blad in die lewe moet roep om ons jongmense intellektueel te bevredig. Ons sal leierskole moet stig. Ons sal daaraan moet dink om, soos in Vlaandere, kroeë te hê waar die jongmense bymekaarkom en sit en drink en sing en iemand hulle selfs daar toespreek.

Ons sal weer 'n skerp sin moet ontwikkel vir dit waarop ons blanke volk gewortel is. Daar is al dikwels gesê daar is nie vir 'n volk iets kosbaarders as sy land nie. Ons het al vergeet om van ons land te praat.

Die keuse is: bly binne en sterf stadig of tree buite en veg terug teen die aanslag wat op ons volk gemaak word. Dit is die minderhede wat altyd die geskiedenis maak.

J A Marais