KEER JELLIEVIS-AFRIKANERS DIE RUG!

Fil Aldrich

Na aanleiding van 'n artikel op hierdie webwerf oor die hedendaagse hensoppers wil ek ook graag 'n stuiwer in die beurs gooi. Dit is ‘n feit dat wanneer ‘n persoon verneder word, hy wraakgevoelens koester en op ‘n stadium wraak sal neem. Kinders wat geboelie word op skool sal meesal die een of ander tyd wraak neem op die persoon wat hom geboelie het. Met volke is dit eweneens so. Indien ‘n volk verneder word, sal daardie volk wraak koester en indien ver genoeg gevoer, op die een of ander wyse later wraak neem. Dit gebeur ook wanneer daar deur middel van propaganda aan ‘n volk opgedis is dat ‘n ander volk hom verneder en as minderwaardig beskou het. So ‘n volk sal op een of ander stadium wraak neem, sonder om homself van die feite te vergewis.

In Suid-Afrika is ‘n persepsie geskep onder die Swartes dat die Blankes hulle as minderwaardig beskou en dat die Blankes hulle onderdruk het. So is die woord apartheid gebruik om aan te dui dat dit die grootste onreg is wat ooit deur een volk teen ‘n ander gepleeg is. Om boonop ‘n persepsie oor ‘n saak soos hierdie onder mense te skep met ‘n lae intelligensie, is uiters gevaarlik.

Swartes is vertel dat hulle verneder is, regte ontsê is en geleenthede misgun is. Apartheid is gelykgestel aan rassehaat en is daar net een volk wat die draer van hierdie onreg is: die Afrikanerdom. Alles wat gevolglik vandag gebeur om apartheid “reg te stel” is geregverdig, ongeag of dit op regstellende aksie neerkom, of selfs as Blankes fisies aangerand of vermoor word. Die een onreg, naamlik apartheid, was so erg, dat die ander onregte kwalik daarmee vergelyk kan word.

Wat nog erger is as voormelde, is wanneer ‘n volk hierdie propaganda begin glo. So het die Afrikaner deur middel van eers die Broederbond, toe die NG Kerk en later die Nasionale Party bely dat apartheid verkeerd en “sondig” is. Later is gesien dat ook die Hervormde Kerk dieselfde gedoen het. Afrikaners is oor jare gebreinspoel en gekondisioneer dat apartheid sleg en boos was sodat hulle letterlik begin tou staan het om te bieg oor apartheid. Nooit is egter ingesien wat die gevolge daarvan sal wees nie. Nie alleen is die misdaad wat nou plaasvind teenoor Blankes deel van hierdie wraak wat deur Swartes geneem word op Blankes as gevolg van die persepsie wat by hulle geskep is oor die “onreg” van apartheid nie, maar besef Blankes nie dat hierdie stigma vir ewig aan hulle sal kleef nie. Vir Blankes om derhalwe skuld te bely oor apartheid is ‘n stap om hulleself te vernietig, want skuldgevoelens is niks anders as selfhaat nie. Hierdie skuldgevoelens vernietig die Blankes se selfrespek, identiteit en eie staanplek in hierdie land. Wat dus op die oomblik gebeur, is dat Blankes deelneem aan hulle eie ondergang. Hierdie situasie word natuurlik deur Swartes uitgebuit en sal die proses nie ophou voor die Blanke totaal en al vernietig is nie.

Wanneer ons insien dat ons eie volksgenote ons volk vernietig deur skuldgevoelens by hulle te kweek, moet ons as Afrikanernasionaliste daardie jellievis-Afrikaners die rug keer en ons mede-volksgenote die waarheid oor apartheid vertel. Dit is ‘n Afrikaner met ruggraat se Christelike plig om in apartheid te glo. Dit is sonde om integrasie – die teenkant van apartheid – voor te staan. Want integrasie sal ons volk vernietig en apartheid sal ons voortbestaan verseker. Dit is die waarheid oor apartheid. Daaroor kan geen Afrikaner met selfrespek skuldig voel nie!