‘N OORLOG WAT LEWE GAAN BRING

BITTEREINDER

Die dag kom nader dat ons ons weer voor die wêreld sal moet betuig. Daarom moet ons onsself in die gemoed voorberei om die wil en die moed aan die dag te lê om op daardie dag onsself met selfrespek te betuig. Slegs ware Bittereinders sal hierin slaag.

Wat diegene betref wat nog nie weet hoe die gemoed van ‘n ware Bittereinder werk nie, is dit tyd dat hulle moet besef dat vrede wat hulle nou binne die bestel soek sonder selfbetuiging en selfrespek, geen vrede is nie. Só ‘n vrede sal ons nie red nie. Soos deur ‘n opregte Bittereinder gesê, is daar ‘n vrede wat die dood is en ‘n oorlog wat die lewe is. Daarby het ‘n volk wat geen ideale koester nie,  niks om voor te leef nie. So ‘n volk is sonder geloof, waardes, wilskrag en moed.

As ons as volk selfstandig in ‘n eie land voort wil bestaan kort ons die wil daarvoor. Waar die wil ontbreek, is die stryd vergeefs. Daarnaas die moed om dit wat gewil is te laat realiseer. Sonder moed kan die beste wil in die wêreld niks vermag nie. Dit is moed wat die wil versterk. Vandag moet ons besef dat ons wil en ons moed deur die regte gemoedsinstelling in die regte rigting gestuur sal moet word. “Kulturele selfbeskikking” mag vir die inwoners van Orania genoeg wees, maar vir die Afrikaner met die Boerehart beteken dit niks. Al die paaiers en braaiers sal moet plek maak vir dié van ons wat net een doel voor oë het: Vryheid in ons eie vaderland sonder enige kompromis aan die vyand – geen gebedel vir ‘n stukkie van ons land nie; geen bygevoegde wetgewing binne die ontwettige, Godlose grondwet van die swart regime twv 'n klein bietjie meer vrede en vryheid nie; geen onderdanigheid aan ‘n korrupte, selfvoldane en onvermoënde regime nie.

Daar gaan nog baie dinge met ons volk gebeur. Niemand van ons kan voorspel watter van hierdie gebeure die vonk in die kruitvat gaan wees nie. Maar as ons gemoed reg is, sal ons ook die moed hê om ons vryheid terug te neem!

En onthou maar– die ideaal van more is sterker as vandag se werklikheid!