NASIONALISME ONS CHRISTELIKE PLIG

Bittereinder

Ons hoor nog elke dag hoe boos apartheid was en hoe wreed die gevolge daarvan Is. Dit bly een van die grootste leuens wat ooit deur ons volksvyande uitgedink is. Selfs blankes in Suid-Afrika het begin glo dat daar waarheid in steek maar al wat hieruit wys gemaak kan word is die onkunde en naïewiteit van sommige van ons volksgenote. Kom skerp u kennis op oor wat die sogenaamde verskriklike woord ‘apartheid’ werklik beteken.

Die beleid van apartheid was niks anders nie as die praktiese uitvoering van nasionalisme. Dit gaan immers by nasionalisme om die handhawing van die eiesoortigheid; die afsonderlikheid van elke volk – presies wat die beleid van apartheid ten doel gestel het. Indien enige party of organisasie weghardloop van die beleid van apartheid, soos wat meeste gedoen het, word terselfdertyd weggehardloop van nasionalisme.

As dit dan vasstaan dat God volkere gewil het (vgl Handelinge 17), en dat volke nie deur toeval ontstaan het nie, dan spreek dit vanself dat daaruit sekere pligte en opdragte vir ‘n volk voortspruit. Een daarvan is dat ‘n volk verplig is om daardie roeping (as afsonderlike volk) te handhaaf. Dit is daarom elkeen se Christelike plig om nasionalis te wees. Owergesetsynde is die versuim op hierdie gebied sonde.

Nasionalisme gaan in kort om die werklikheid van volkereverskeidenheid. En as daar een land is waar daardie verskeidenheid gesien kan word, is dit Suid-Afrika. Nasionalisme is dus nie ‘n ideologie, soos die ander –ismes, waaronder die Kommunisme en liberalisme nie, maar ‘n werklikheid. Hierdie werklikheid van ‘n verskeidenheid van volkere is deur God self daar gestel. Dit is gevolglik nie ‘n blote gevoelsaak of ‘n kwessie van smaak, tydsgewrig, gril, gier of mode nie. Nasionalisme is ‘n morele keuse wat uitgeoefen word van die diepste betekenis. Dit gaan oor die lewe en dood van ‘n volk.

Word nasionalisme versaak deur ‘n volk, pleeg daardie volk selfmoord. Daardie selfmoord is in die eerste plek ‘n geestelike dood wat die volk sterf, wat tweedens noodwendig lei tot die fisiese dood van daardie volk. Daarom is nasionalisme ‘n kontrak tussen die verlede en die hede; tussen die geslagte wat was, wat is, en wat sal kom.

Nasionalisme het as oorsprong die saamwees en saamwoon van ‘n groep mense wat hulleself in ‘n bepaalde grondgebied vestig en sodoende deur verloop van tyd ‘n gemeenskaplike verlede en –kultuur ontwikkel. Daardie gemeenskaplikheid gee aan daardie gemeenskap ‘n eie identiteit wat as basis het die gesin en die familie. Die hegtheid wat oor jare ontwikkel word uitgedruk in daardie groep se strewe na selfbehoud, selfbetuiging en selfrespek. In dié proses onderskei daardie groep mense hulleself van ander en is die strewe om vry van vreemde oorheersing te wees, ‘n natuurlike voortvloeisel hieruit.

Die hegtheid tussen volk en grondgebied word onafskeidbaar. En wanneer ‘n volk onderskeid tussen hom en ander volke tref en grense trek, moet hy noodwendig diskrimineer. Diskriminasie is maar net die teenhang van voorkeur. Die voorkeur vir die eie is niks anders nie as diskriminasie teen die vreemde. Diskriminasie beteken dus nie om wreed en afbrekend teenoor ander te wees nie maar om jou eie te beskerm.

‘n Volk kan alleen vry wees indien hy die nasionalisme uitleef op elke terrein.Wanneer daar dus van vryheid vir die Afrikaner in ‘n eie vaderland gepraat word, moet besef word dat dit slegs bereik kan word indien nasionalisme voorop gestel, en uitgeleef word. Wanneer hierdie nasionalisme uitgeleef word, het dit noodwendig tot gevolg dat ‘n volk in verset kom teen elkeen wat hierdie volk wil onderdruk of sy grondgebied van hom wil ontneem. Verset hou wag oor elke beginsel van die nasionalisme. ‘n Volk wat nasionalisme uitleef is deurlopend in konflik en botsing met daardie magte wat sy binding as volk wil breek. En wanneer ‘n volk onderdruk word soos wat tans die geval met die Afrikanervolk is, sal verset noodwendig alle prioriteit moet geniet.

Mag die dag spoedig aanbreek waarin ons volk sonder skroom sal opstaan om te doen wat hy moet!