Bitereinder
President Paul Kruger het in Oktober 1899 gesê:
“Dit is in ons belang om die vrede te bewaar, maar as ons onafhanklikheid moet gaan, sal dit met geweld van ons afgeneem moet word”.
‘n Redelike afleiding uit voormelde is dat president Kruger waarskynlik geweet het dat dit menslik gesproke nie moontlik was om Brittanje te kon verslaan in ‘n oorlog nie. Die vraag is derhalwe: Indien hy dit geweet het, waarom het hy sy land en sy volk aan soveel ellende onderwerp?
Daar kan net een verklaring wees daarvoor en dit is dat Paul Kruger as gelowige geweet en geglo het dat die Afrikaner ‘n geroepe volk is. Geroepe om as ‘n vrye, onafhanklike, Protestant-Christelike volk in hierdie deel van Afrika voort te bestaan. Hy het as gelowige dus net een keuse gehad. Daarby het hy geweet dat stryd (in sy geval –oorlog) die enigste wyse was waarop die volk van destyds sy selfrespek sou kon betoon en behou. Paul Kruger het geweet dat oorlog die hoogste uitdrukking van ‘n volk se weerstand teen verowering is en van hartstog vir lewe en vryheid.
FW de Klerk het bykans ‘n 100 jaar later, in Januarie 1997 gesê:
“Die besluit om die reg op nasionale soewereiniteit prys te gee was een van die pynlikste besluite wat ek moes neem”.
De Klerk het gesê dat meeste volke bereid is om eerder oorlog te maak, maar dat hy die noodsaak moes ervaar om die ideaal wat ons van kindsbeen af getroetel het, te laat vaar. Dit terwyl niemand teen ons oorlog verklaar het nie. Dit terwyl prof Herman Giliomee gesê het dat die ANC geen deurbraak kon maak in sy stryd teen die Blanke regering nie; handelsanksies omseil is; die ekonomie gegroei het; en die ANC self erken het dat hy nie in die vermoë was om die regering omver te werp nie. Ook Chester Crocker het gesê dat die versetstryders (die ANC) nie kon hoop om die regering tot oorgawe te dwing nie.
Daar is gevolglik net een afleiding hieruit te maak en dit is dat die dieper geestelike dimensie wat by Paul Kruger teenwoordig was, by De Klerk ontbreek het. Die geloof in ‘n volk se saak het by De Klerk nie bestaan nie. De Klerk het nie meer aan die Afrikanervolk se roeping geglo nie. De Klerk kon nie sien dat ‘n volk se bestaan verby die lewe van enkelinge van nou en vandag strek nie.
In 1902 was die volk verslaan, dog gevul met roem en selfrespek. Danksy manne soos Kruger en Steyn. In 1994 is eerloos en roemloos namens ons volk oorgegee en is ons volk grootliks sonder selfrespek. De Klerk is daarvoor te blameer. In 1902 is oorlog gevoer teen die sterkste moondheid op aarde. In 1994 is oorgegee aan ‘n lafhartige en agterbakse derderangse terroristebende wat nie in staat was om enige veldslag teen ons volk op eerbare wyse te voer of te wen nie, laat staan nog ‘n oorlog.
Ons situasie is derhalwe vandag slegter as in 1902 want die hart en die siel van ons volk is tot ‘n groot mate uitgeruk. Ons was voor 1994 die sterkste moondheid in Afrika met ‘n sterk geldeenheid, in ‘n groot mate selfversorgend, het sanksies doeltreffend omseil en was die Swartes (hulle wat vandag so tekere gaan oor apartheid) se algemene lewenstandaard veel beter as wat dit vandag is. Belangrikste van alles: Wet en orde is gehandhaaf!
Na 1994 het die rand dramaties verswak, word ons land beskou as die misdaadhoofstad van die wêreld, word mense daagliks gemoor, verkrag en beroof, word plase onteien, is standaarde daarmee heen, neem werkloosheid daagliks toe en lewe baie Swartes in slegter toestande as voor 1994.
Maar waarom praat ons oor die verlede as ons wil weet wat die toekoms inhou? Omdat die nasionalis nie oor more praat sonder om gister te onthou nie. Omdat die feite van die verlede die gids is vir more. Dit is juis ons verlede wat ons hoop gee dat daar weer só ‘n toekoms kan wees. Ons kan daarby baat en verby vandag se ellende kyk na more se oorwinning. En dit – die verlede - is boonop al wat ons het as rigtingwyser!
Ons sal in ons stryd om vryheid nog baie nederlae (in veldslae) ervaar. So was dit ook in die geskiedenis. Maar elke daad van verset – hoe gering ookal – hou ‘n vlammetjie brandend. Waarvan ons wel moet kennis neem is dat die Afrikaner nog nooit ‘n aggressiewe volk was nie. Vandag is offensiewe optrede boonop fataal. Die Afrikaner het altyd gewag vir onreg om feitlik te seëvier voordat opgetree is. Daarom weet ons die tyd is nie ryp vir aktiewe verset nie.
Die tyd is wel ryp vir lydelike verset. Want as ons lydelike verset nie ‘n algemene gevoel van verset in hierdie land teweeg gaan bring nie, sal ons nooit ‘n volgende fase van verset betree nie. En ons moet ook nie toelaat dat ons defensiewe karakter ‘n gerieflike verskoning word om niks te doen nie. Ons sal helaas nie ons verraad teen ons volk se kinders kan rasionaliseer nie.
In die geskiedenis van ons volk het dit meermale gebeur dat deur goddelike beskikking ‘n persoon of groep in die brandpunt geplaas word waar namens die hele volk opgetree word. So was dit met Andries Pretorius, die Voortrekkers, Paul Kruger en die Boere. Die hedendaagse Bittereinders is geroep om in die brandpunt te staan en te veg op die suiwer basis van Afrikaner-nasionalisme. En soos Andries Pretorius en Paul Kruger onbewus was van die ingrypende betekenis van hulle dade en die geskiedenis dit eers later openbaar het, so sal ons ook nie die volle omvang en betekenis besef van die stryd wat ons moet stry nie. Elke daad van verset sal wel ‘n voorbeeld stel en sal die volk help om sy selfrespek te herwin.
Wat is dan die vryheidsplan? Daar is geen waterdigte klaar-uitgewerkte plan nie. Ons volk het ‘n roeping; nie ‘n plan nie. ‘n Roeping wat sê: Wees trou vroue van ons volk. Hou moed manne van ons volk. Staan vas makkers in hierdie stryd. Doen net jou plig ou vriend. En glo volksgenoot dat God ons sal uitred uit hierdie ellendige toestand. Geloof verg van ons om soos helde met die loutere onmoontlike om te gaan en God om die hals te val. Wat het ons anders as die loutere onmoontlike vandag? Watter grootste geleentheid en uitdaging vir ons geloof! Soos al opgemerk is: Laat ons die onmoontlike nou doen – die wonderwerke kan wag vir later!
Daar is wel ‘n paar basiese riglyne wat ons moet volg om ons vryheid te herwin. Die eerste is om nie deel te neem aan hierdie bestel nie omdat ons nie legitimiteit daaraan wil gee nie. Daarby erken ons nie die ANC as die wettige regering van hierdie land nie, omdat hulle geen aanspraak het op hierdie land nie. Hierdie land is óns land! Daarom sal geen Bittereinder met die regime onderhandel om ‘n volkstaat nie. Dit is ‘n blatante verloëning van alles waarvoor ons deur ons ganse geskiedenis voor geveg en gelewe het.
Klink dit vir u belaglik om nog te glo dat hierdie land ons land is? Hoe belaglik was Paul Kruger dan nie toe hy die magtige Brittanje die stryd aangesê het nie? Hoe belaglik was generaal Christiaan de Wet nie om die Boere in die veld aan te moedig om voort te veg te midde van sterwende vrouens en kinders in konsentrasiekampe nie? Nee, as dit belaglik klink, weet dan dat u reeds in u hart besluit het om u te onderwerp aan hierdie regime en hierdie toestand. Dan lyk ‘n volkstaat tog so aantreklik!
Ons weet nie wat more gaan gebeur nie. Ons kyk maar almal in ‘n spieël, vir almal is die toekoms maar ‘n raaisel. Maar deur vas te hou aan die ankers van ons volk, sal ons op die regte weë bly. Wat nodig is, is moed en selfrespek. Dit was immers leiers wat, soos professor Samuel Huntington gesê het, in selfvertwyfeling geleef het, as gevolg van die rewolusionêre geweld van terroriste, en derhalwe nie in staat was om leiding te neem nie, wat ons volk uitgelewer het. Ja, leiers sonder moed en selfrespek. As jy nie meer in jouself glo nie, kan jy nie verwag van ander om in jou te glo nie.
Daar is wel genoeg Afrikaners met die selfrespek om nog “nee” te sê. Daar is nog ‘n wil tot weerstand in ons volk te bespeur. Ons moet dit voed en uitbou. Daar is steeds ‘n magtige sluimerende faktor in die Afrikanerdom. Vir wie die eise van Afrikanerskap nie te swaar geword het nie. Paul Kruger, Andries Pretorius en Hendrik Verwoerd was nie vroompraters, paaiers, soebatters of verskoningmakers nie. Hulle was bereid tot stryd - daarom was hulle helde. Dit sal weer so wees.
Von Clausewitz het gesê oorlog is die voortsetting van beleid met ander middele. Vladimir Lenin het dit omgekeer en gestel dat beleid (politiek) die voortsetting is van oorlog met ander middele. ‘n Volk lewe gedurig op die rand van die politiek-militêre. Enige dag kan dit van die een na die ander oorgaan. U moet dit maar aanvaar: Ons sal die dag nie kan ontkom wat hierdie volk homself weer fisiek sal moet verdedig nie. Ter wille van sy voortbestaan. Ter wille van sy selfbehoud.
In hierdie tye wat mense voor die voet gearresteer word vir enigiets wat na oorlog lyk of ruik moet dit duidelik gestel word: Oorlog word nie bepleit of begeer nie. Maar soos John Stuart Mill gestel het is daar een ding wat leliker is as oorlog en dit is die verrotte en ontbinde staat van moraliteit en patriotisme wat dink niks is ‘n oorlog werd nie. As daar niks meer oor is vir ‘n volk om voor te veg nie, is daar niks meer oor om voor te lewe nie.
In 1900, na die beleg van Ladysmith, Kimberley en Mafeking, die oorgawe van Cronje by Paardeberg, Prinsloo by die Brandwaterkom en die besetting van Pretoria en Bloemfontein het generaals Botha en Smuts aan Paul Kruger getelegrafeer dat hy dadelik en ten alle koste moes vrede sluit. Een man, president MT Steyn, het egter ingegryp en in ‘n telegram aan die Transvaalse leiers hulle feitlik van lafhartigheid beskuldig en hulle opgeroep tot voortsetting van die stryd. Ja een daad van een persoon – MT Steyn - het gesorg dat ‘n Boereheldedom ontstaan het.
Vandag sal mense dalk sê daar is geen hoop meer nie; mense van dieselfde aansien van Smuts en Botha. Maar stuur vandag ‘n telegram, ‘n sms, ‘n faks, maak ‘n oproep, of skryf ‘n brief aan u volksgenote en vertel vir hulle van die Boere wat nie sal oorgee nie en u sal hulle begeester. Ja, u voorbeeld sal hulle inspireer. En u sal daarmee self moed kry vir die stryd!
Laat ons vandag nog begin om ‘n magtige verset in hierdie land te ontketen. As ons glo in die saak van die Afrikaner sal ons ook die vertroue hê om in die bresse te tree vir ons volk. ‘n Geloof wat, so vertrou ons, sal oorgaan in die aanskoue van ‘n vrye volk in sy eie vaderland.
GELOOF LEI TOT VRYHEID VIR ONS VOLK