Dr JJ Snyman
Mens hoor dikwels hoe mense en veral geleerdes, praat van “ons” grondwet. Ek wil in hierdie artikel bietjie stilstaan by die aanhef van hierdie veelbeprese grondwet waarna ons die vraag moet vra of dit daardie lofsange waardig is.
In die saak van J v Mhlungu het die Konstitusionele Hof gestel dat die aanhef van die grondwet nie net ‘n “throat clearing exercise” is nie, maar dat dit alles saambind, bekragtig en onderlê wat daarna in die teks volg. In die daaropvolgende teks is dan ook gestel dat dié grondwet verbind is tot sosiale transformasie.
Word gekyk na die bewoording van die aanhef is veral die volgende van belang:
- “We, the people...”
- “Recognise the injustices of the past.”
- “Honour those who have suffered for justice and freedom in our land.”
- “Respect those who worked to build and develop our country.”
- “Heal the divisions of our past.”
- “Build a united... South Africa.”
- “May God protect our people.”
Die verlede (1910-1994) word as een stuk ongeregheid gesien. Dit wat die Afrikaner gedoen en bedoel het – vreedsame naasbestaan – was dus ‘n ongeregtigheid. Daarmee saam die opbou van die land tot dié modelstaat van Afrika. Daarmee saam om swart volkere van mekaar se kele te weerhou. Ook die verhoging van hulle lewenstandaard, hulle onderwys en opvoeding, die verkondiging van die Woord van God – ja, hulle opheffing – alles is een groot ongeregtigheid!
En verbasend genoeg, die liberale koor wat nou tot ‘n massakoor aangegroei het swig en verkondig dit luid! Klakkeloos en selfs onnadenkend verkondig die media en gebreinspoelde geleerdes dit.
Teenoor hierdie sogenaamde Afrikaner-misdadigers van die verlede staan diegene wat daarteen geveg het – “gely” het. Hulle terroristestryd, brutale moorde en verminkings om hulle doel te bereik, dit moet geëer word. Dit word trouens veredel in die grondwet. Hulle stryd was geregverdig, sê hulle.
Ons almal (“we, the people”) moet hierdie “feite”, verewig in die hoogste reg van die land erken, en talle word, as hulle ampsposisies aanvaar, verplig om dit met ‘n eed te bevestig. Dit is nou heilig, onbetwisbaar, onvervangbaar, “verskans”!
Almal moet hierdie terroristiese “bouers” van die nasie respekteer. Respek dus vir hulle wat op barbaarse en lafhartige wyse hulle doelstellings probeer bereik het. Daardie “stryd” word as opboudend beskryf – hulle is die nuwe en enigste heldedom wat ons respek glo verdien.
So ja, kom ons herstel dit wat ons verdeel het, die ongeregtigheid van die Blanke verlede teenoor die geregtigheid van die terroristiese stryd en werk saam om die land te transformeer deur:
- sinkretisme te bevorder (ja, sodat ongeloof kan seëvier);
- die Blankte te ontmagtig, te vervreem en sy erfenis te vernietig;
- die staat wat die grondwet agter die grondwet, die Freedom Charter, daar te stel.
En o ja, mag God tog gee dat ons verskoon sal word in hierdie “heilige roeping” wat ons almal moet nastreef! Ja, die godlose sosialisme wat deur die Godsveragtende humanisme daargestel moet word, vra Godslasterlik God se seën.
O, wye en droewe land! Omsingelde Afrikanerdom! Wat besiel jou? Wat bedink jy in jou bedwelmende gees? Is ons dan nou geroep tot raserny?
Teenoor die aanklag en oorlogsverklaring van die nuwe Grondwet staan daardie volk wat eens gesê het:
“In nederige erkentlikheid teenoor die Almagtige God, die Beskikker van die lotgevalle van nasies...”
Ek skaar my by diegene wat steeds in hierdie hoedanigheid, afhanklikheid, onderdanigheid, erkenning wil gee aan die Godsplasing van verskeidenheid. Wat besef dat wat God daargestel het – die bestaan van aparte volkere met ‘n eie identiteit, kultuur en lewensbeskouing, nie deur die mens herskep kan en mag word nie, maar gerespekteer, bewaar en uitgebou moet word.
Waar staan u met betrekking tot die grondwet, maar veral wat betref die roeping van ons volk? Dis nie ‘n keelskoonmakende antwoord wat van u verwag word nie, maar lotsbepalend vir u eie toekoms!