VERSTOMMENDE VOLKSLOGIKA...

...OF BEPLANDE VOLKSVERRAAD?

Kriewelkop

Vanoggend tydens ontbytsake bespreek die omroeper by Radio Pretoria (die "volk se stasie"...) en die stasie se politieke ontleder die huidige stand van swart politiek vanuit 'n realistiese en wakker oogpunt. Diegene wat hierna geluister het sou heelhartig met die stasiepersoneel se sieninge oor die gekleurde probleme in die land saamstem.

Net hierná tree die omroeper telefonies in gesprek met 'n woordvoerder van ABBA-Aannemings, 'n organisasie wat hom beywer vir die aanneem van weeskinders in Suid-Afrika. In hierdie gesprek word opsigtelik geen melding van kleur gemaak nie en daar word met groot deernis gepraat oor die tragiek van die eskalerende aantal weeskinders (glo goed oppad na die vyf miljoen indien daar nie nou iets drasties gebeur nie).

Die tragiek is glo die feit dat ouers deesdae nie meer so geredelik kinders aanneem nie, lui die gesprek.  Maar dit is hier waar die kriewelrigheid begin.

 Ek meen nou maar, weet die gesprekvoerders nie dat swart ouers nie kinders aanneem nie, hulle net voortbring en dikwels weggooi?  En dat dit tradisioneel blanke ouers was wie kinders aangeneem het?

En dat blanke ouers in hierdie land met sy miljoene swart weeskinders nie eers hul eie kinders ekonomies kan bekostig nie? Nog minder ander volke se kinders kan aanneem ook om 'n hele aantal ander logiese redes?...  waaroor daar liewer nie in hierdie skrywe gekriewel moet word nie want dan dwaal ons heeltemal van die punt af.

En dat die CIA nogal, se jongste getalle-beraming van blankes in Suid-Afrika nie twee miljoen oorskry nie?

Nou wonder mens kopskuddend, as daar net twee miljoen blankes in die land oor is, en veronderstel sowat een miljoen blanke huishoudings (dis ruim geskat), waarvan nagenoeg die helfte reeds uit die arbeidsmark gesmyt is as gevolg van sogenaamde swart regstellende aksie, hoeveel van die huidig beskikbare 2,7 miljoen weeskinders moet elke huishouding aanneem om die krisis die hoof te bied!

Intussen gesels die omroeper en die woordvoerder van ABBA met empatie oor die "oplossing": hoe om die huidige eenduisend sewehonderd aannemings per jaar drasties te probeer verhoog. Want dan is al die probleme blykbaar opgelos!

Dit beteken in praktyk dat elke blanke huishouding ongeag of hy ekonomies kop bo water hou onmiddellik 2,7 kinders moet aanneem met die veronderstelling geen blanke word verder uitgemoor nie en geeneen vlug weer landuit nie.

En die snelstygende wese-syfer wat glo so vinnig oppad na vyf miljoen is? Wat word oormôre van die 2,3 miljoen nuwe weeskinders?

Intussen kan ons volk nie eers bekostig om sy eie kinders in die wêreld te bring nie en kan alreeds net om ekonomiese redes nie kinders aanneem nie. En wie moet ons hiervoor bedank... Daarby gaan hulle dan geen blanke  nageslagte hê wat nog verdere hulp kan bied in die stygende aannemingskrisis nie.

'n Laaste vraag: wat het van volkslogika geword? Of het hierdie gesprek vanoggend heeltemal niks met logika te make nie...