NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jare laat wel plooie op ons gesig, maar die mens wat sy geesdrif vir die lewe verloor, kry plooie op sy gees!

WAT MAAK JOU KIND IN 'N STAATSKOOL?

Kriewelkop

Afrikanerouers plaas steeds hulle kinders heel gewilliglik in die kommunistiese staatskole wat vir die Christen totaal onaanvaarbaar moes wees. Besef ouers nie dat die staatskool ideologie bevorder en transformasie wat nooit 'n einde sal kry nie, nastreef?  Besef hulle ook nie waarop dit eindelik afstuur nie, naamlik die totale uitwissing van die Afrikanervolk, die Christendom en die Blankedom hier aan die suidpunt van Afrika? Waarom doen Afrikanerouers dit steeds so vrywillig terwyl daar ander keuses is?

In Suid-Afrika is die rede hiervoor eenvoudig naamlik dat staatskool, kerklike lewe en gemeenskapslewe vir baie dekades in die 20ste eeu ‘n eenheid gevorm het. Maar hierdie eenheid is lank reeds verskeur. Dit maak onderwys ondergeskik aan die kommuniste se humanistiese gelykheidsbeskouings. Die matriekeksamen -   in die vorm van die “Nasionale Senior Sertifikaat” (NSS)  - is deur hierdie gelykmakingsdoelwitte tot ‘n nuttelose oefening wat sertifikate uitdeel maar nie waarde het nie, afgebreek; en dis nie net die matriekeksamen self nie, maar ook die hele proses en inhoud wat daartoe opbou.

Die lae standaarde van onderrig in die huidige kommunistiese staatskole, die gelykmaking of sinkretisme van godsdiens, en die afbreek van ons geskiedenis deur verdraaiing daarvan, is reeds genoeg om jou kind uit so 'n skool te hou.

Daarby vind die universiteite dit nodig om ten spyte van onderskeidings in matriekuitslae, sogenaamde “akademiese geletterdheidstoetse” in te stel. Die Universiteit van Stellenbosch stel dit so:

“En as jy onderskeidings in matriek vir jou tale gekry het? Daar is nie noodwendig ’n verband tussen die uitslag van die toets van akademiese geletterdheid en jou matriekuitslae vir jou taalvakke (ook nie jou ander vakke nie) nie. Die toets van akademiese geletterdheid bepaal of jy taalmatig in die akademiese omgewing oor die weg sal kom. Die taalvakke op skool het iets anders ten doel.”

Die vraag oor die nut al dan nie van opleiding binne die Suid-Afrikaanse nasionale kurrikulum en al sy doelwitte en vereistes, moet ernstig gevra word. Baie ernstig, as 'n gesiene Suid-Afrikaanse universiteit dit prontuit stel dat jou skoolonderskeidings nie noodwendig akademiese geletterdheid meebring nie; en ander (Afrikaanse) universiteite maak soortgelyke opmerkings.

Selfs vir ‘n ouer wat nie meer so sterk op die christelike vraagstukke in die onderwys ingestel is nie, moet die rasionele waarskuwing hieruit na vore kom dat sy kind – dalk jou kind – met ‘n soort skoolopleiding besig is wat nie die nodige akademiese skoling vir die lewe as resultaat het nie. Waarvoor gaan die kind dan skool en watter soort liefde is dit om die kind maar te laat akademies veragter en nie na beter opleiding te soek nie? Hoeveel te meer behoort die christelike gelowige ouer wat waarlik sy kind hoog ag, dan nie op hierdie waarskuwings ag slaan nie?

Die toename in die aantal leerlinge in privaatskole in Suid-Afrika, is dus nie verbasend nie. Dit gaan egter ook nie alles voor die wind nie, en dis veral die Christen-Afrikaner wat tegelyk geloofsomgewing, kultuureie omgewing en gesonde onderwysstandaarde wil handhaaf, wat sukkel om ‘n lewenskragtige en volhoubare onderwysmodel in te stel. Dit is noodsaaklik dat daar meer kapitaal vir hierdie privaatonderwys wat onder eie kulturele en akademiese beheer staan, bymekaargevoeg word om van versplinterde goeie bedoelings na ‘n aantreklike, volhoubare skoolstelsel te vorder wat van pioniersfase na bedryfsfase kan oorskakel.

Dit is ‘n voorvereiste dat Afrikaner-onderwys homself moet befonds en buite die staat se onregmatige wette ‘n moderne korporasie bedryf waartoe leerlinge aangetrek sal word as skool van eerste keuse. Die produk moet losbreek van die onderwysramp wat die huidige regering oor Suid-Afrika gebring het en die losbreek kan nie gebeur solank enige vorm van die NSS aangebied word nie. Dit maak aansluiting by eerste wêreldse standaarde en benutting van internasionale eksamens noodsaaklik totdat daar ‘n behoorlike, vrye Afrikaanse eksamen wat sy akademiese staanplek in die mark sal moet verwerf, gevestig is.

Die strewe na onderwys vry van die kommunistiese gelykmaking is moontlik: bring kapitaal bymekaar daarvoor en bedryf onderwys buite die nasionale kurrikulum en die NSS.

 

 

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1676 gaste aanlyn