AS MANS NIE MEER MOED HET NIE

Dr Willem Jordaan

By die lees van MCE van Schoor se boek oor generaal Christiaan de Wet word mens weer intens bewus van die moed en durf wat die manne van daardie tyd gehad het. Tonne meer as die mans van vandag.

Weliswaar was hulle in 'n oorlog betrokke en gedwing om hulle staal te wys. Maar is ons nie ook in minstens 'n geestelike oorlog betrokke nie? Indien mens wegkruip vir die realiteite sal mens dit uiteraard nie besef nie. Maar dan staaf dit juis die punt.

In die VSA sien ons hoe die mans in die politiek almal 'n lot papbroeke is. Die hele lot. Hulle is met geld omgekoop. En die kussings is dan so sag...

Nou het 'n vrou in die Amerikaanse kongres opgestaan teen Israel. Nie eenmaal nie, maar reeds drie maal.

Eers het sy gesê "Israel hypnotized the world". Toe stel sy dat die hele kongres pro-Israel is want die Jode het hulle omgekoop. En haar laaste aanklag is dat die lede trou sweer aan Israel en nie aan hulle eie land nie.

Ilhan Omar is afkomstig van Somalië en lid van die Demokratiese Party. Sy lê voorwaar moed aan die dag om in die Joods-beheerde politiek van Amerika sulke waarhede te verkondig. Die mans se reaksie? Hulle het soos een papbroek opgestaan en haar uitlatings verwerp. 

Ja die swart vrou het die hele spul in die skadu gestel. In die VSA het manlike politici baie duidelik 'n gebrek aan testosteroon.

Hierdie papbroeke besef nie eers dat hulle optrede aan hoogverraad grens nie. Sweer trou aan Israel ten koste van jou eie land.

Wat my terugbring by De Wet en sy manne. Die sprekende bewys van moed en durf wat kennis enige dag oortref. Met moed tree jy in die bresse vir jou land. Is geen gevaar te groot nie. Is jou volk die roepstem wat jou dryf.

In ons land het ons gesien hoe papbroeke soos De Klerk en Meyer en Botha se gebrek aan ruggraat en moed sodanig was dat hulle nie één toegewing van die ANC voor 1994 kon eis nie. Die liberale prof Herman Giliomee skryf in The Rise and Demise of the Afrikaner dat die NP leiers "failed pitifully", in so 'n mate dat die ANC dit nie kon glo nie!

Dit kan slegs aan 'n gebrek aan visie, patriotisme, integriteit, karakter en moed toegeskryf word.

Blanke mans met politieke testosteroon - ja moed, is inderdaad vandag 'n rare verskynsel!