Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As ek kniel voor die Heer,
En vir Hom sê: "Ek het so seer!
O Heer U weet, ek kan net nie meer."
Dan hoor ek hoe sê die liewe Heer:
"Kom sit hier by My, bring jou seer,
Kom sit jou las en pyn by my voete neer."
SIENER GEE PERSPEKTIEF
Met hierdie artikel word gepoog om meer perspektief te gee op die chronologiese volgorde van die gebeure wat deur Siener van Rensburg in sy visioene gesien is ten opsigte van Suid-Afrika se huidige politieke probleme. Dit word op grond van sy visioene asook gebeure sedert die tagtigerjare geskoei.
TYD VAN VERSKRIKKING – STRYD TEEN SWART OORMAG
Die Parlement sit as ons moeilikheid hier begin, en daar is droogte in ons land, 'n verskriklike droogte. Ek sien 'n droogte en mielie-misoeste kom soos wat die land nog nie geken het nie.
Die geelperskereën (Februarie-Maart) val en daar is 'n groot dam wat vol water is. Dit reën en al die uitlope is oop en die dam loop leeg. Op die wal is 'n geelperskeboom en die perskes lê onder die boom op die grond.
Ons gaan weer moeilikheid met die k...... hê want ek het jare gelede, kort ná die Driejarige Oorlog (1899-1902) 'n klein, maer k...... halflyf sien verrys uit die aarde, en gister het ek weer 'n visioen gehad. Ek sien dat die k...... gegroei het tot 'n magtige kryger wat heeltemal uit die aarde te voorskyn kom, en die assegaai en skildvel wat hy bokant sy kop uitstoot se skaduwee val dwarsoor ons land. Dis ver vorentoe, en dan sien ek dat hy agter 'n newel verdwyn. Maar voor hy verdwyn het ek 'n donkerte oor die land sien neerdaal. Ek sien in Johannesburg 'n baie groter staking as wat daar in 1922 was en al die treine staan doodstil. Net die trein tussen Prieska en Duitswes loop nog. Ook die myne staan. Party mense sal nog vuurmaakhout hê om mee kos gaar te maak terwyl ander koue pap eet. Daar val 'n emmer bloed om, ek sien baie brande en daar kom groot geweld in die land. So sal ons dan sien die Heer se weë is nie ons s'n nie. My raad is: veg, al veg julle ook met jul rug teen die muur! Julle sal anders veg as wat ek geveg het, en daar sal baie meer van julle wees. Maar ons sal uiteindelik aan bewind kom want ek sien 'n Boere-veldskoen en 'n grasdakhuis. Maar voor daardie dag aanbreek wag daar 'n donker tyd op Suid-Afrika. Dit sal in hierdie tyd wees dat ons leiers ook halsoorkop gaan poog om 'n nuwe regering tot stand te bring maar dit sal nog nie die Boere-regering wees nie want daarvoor was die twis en tweedrag nog te groot. Dit sal in daardie tyd wees dat die getroue Afrikaners met sy rug teen die muur veg en dit sal lyk of daar geen hoop meer vir hom is nie.
Voordat Siener verder aangehaal word: Die Tweede Rebellie wat Siener in 1922 voorspel het, sou volgens hom 'n burgeroorlog wees en nie teen 'n swart regering nie – die rebellie vind dus eers plaas nadat die swart regering nie meer in die prentjie is nie.
Hy het die Rebellie ook genoem die Finale fase van die Afrikaner se vryheidstryd, wat sou plaasvind ná afloop van die geweld, brande en Nag van Verskrikking waartydens die emmer bloed omval. Die geveg teen die swartes kom dus tot 'n einde voor die finale vryheidstryd aanbreek.
Hoe eindig die geveg teen die swartes?
Volgens 'n dokument wat in 2002 gesirkuleer is, het die Afrikaner Broederbond (vanaf 1994 slegs Afrikanerbond) in 1994 reeds oor 'n volledige geheime plan beskik om weer beheer van die land te neem. FW de Klerk het in 1994 self in die media gesê dat hy oor 'n paar jaar weer die land sal regeer. Maar hulle moes eers slaag in hul ondermynende stappe om die swart regering op 'n pad van vernietiging te plaas dmv verskillende fases van slagysters wat die ANC in groot verleentheid plaas. Sover slaag hulle goed daarin al neem dit langer as wat hulle beplan het. Ooreenkomstig hierdie geheime plan van die Afrikanerbond, is die volgende gebeure veronderstel om die anargie van die swart geweld op te volg:
Sodra genoeg strukture in die land vernietig en die swart chaos op sy ergste is, sal 'n sterk VN-taakmag in samewerking met Amerikaanse magte, die orde kom herstel en dan die beheer van die land in die hande van die Afrikanerbond plaas. Maar die antwoord van 'n lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) op 'n vraag van 'n Suid-Afrikaanse joernalis wat tydens 'n NAVO-Veiligheidskomiteevergadering gevra het of die VN betrokke sal wees as onbeheerbare anargie in Suid-Afrika uitbreek, was: " Nee, want die VN is self so onstabiel dat hulle nie in staat is om 'n krisissituasie te stabiliseer nie. Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..." Dit maak seker nie saak of dit die VN of NAVO is nie, want De Klerk met sy FW de Klerk-stigting, Roelf Meyer, Barend du Plessis en 'n klomp ander, is volgens gerugte lankal gereed vir die inhuldiging. Siener kon hierdie verloop onmoontlik in fyn besonderhede sien maar het 'n visioen gehad wat verwyshet na die tyd net voordat die finale vryheidstryd aanbreek:
Die parlement breek op, dan breek hy weer op, dan begin dinge vinnig gebeur. Boere loop in en uit hul huise. Hulle hoede hang in hul oë en hul koppe hang laag. Ek sien kolle op hulle oë wat soos pêrels lyk. Dan sien ek Hosea 4:16 voor my verskyn: 'Want Israel is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal die Here hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld.'
Net hierna kom die volk in opstand en wil rebelleer. Siener sê: dis omdat hulle oë oopgegaan het, die smeltkroes verby is, maar die finale suiwering nog moet plaasvind. Daarvoor sal die volk dinge in eie hande moet neem, sy vlag in bloed doop.
Dit verg geen verbeelding om te glo dat die Afrikaner nie die blanke Afrikanerbond as regering sal verwelkom nie en daarom 'n volskaalse rebellie organiseer. Uit die aard van die saak sal die Afrikanerbondregering by die Eenwêreldregering ingeskakel wees wat die volk sy Christelike geloof sal kos. Daarby is dit dieselfde persone wat in die eerste plek die land gratis aan die swartes gegee het.
Siener het ook verduidelik dat hy met 'moframme' die Afrikaner liberale politici bedoel, nie swartes nie. Ons gaan dus van die veronderstelling uit dat die Tweede Rebellie of te wel die Finale Vryheidstryd teen die Afrikanerbondregering en sy meelopers gevoer sal word.
DIE TWEEDE REBELLIE (die 1e was in 1914) – FINALE FASE VAN DIE AFRIKANER SE VRYHEIDSTRYD
NÁ DIE GROOT DROOGTE: Dit het gereën en die gras word groen, en dan word dit wit en droog, en net sodra die gras weer vir die tweede maal groen word, as die Duitsers in Duitswes land met vyf oorlogskepe, dan kom daar drie blou briewe in die parlement in. In hierdie tyd kom 'n sterk leier in Duitsland na vore en onder sy bevel sal 'n Duitse vlootmag in Lüderitzbaai land om Duitswes terug te vat.
Ek sien die moframme sit met hulle koppe bymekaar, want daar is uiters dringende sake om te bespreek. Met die tweede blou brief begin die moframme rondspring en met die derde brief spat hulle uitmekaar en vlug uit die Kaap. Ek sien die volksraadslede kom haastig huistoe want ek sien hulle as wilde makoue. Daar is nie meer 'n regering nie. As die ministers hier kom, sit ons klaar op ons perde en gaan na Lichtenburg se kant. Daar by die koppie kom ons almal bymekaar en daar kom 'n man met 'n bruin pak klere (getroue Afrikaner) en spreek ons toe. Ons is in 'n smeltkroes met die oorlogsmoeilikheid want dis hoe die Heer ons weer bymekaar gaan bring. Daar by die koppie noord van Lichtenburg draai ons terug en trek weer hier af net soos in 1914. Daar onder langs die Grootrivier kom Westelike Transvaal, Suidelike O.V.S. en Oos-Kaapland bymekaar en daar kry ons die Duitsers en al ons gewere en kanonne wat ons nodig het. Die Mausers is nog in die ghries. Kaste vol van hulle is van die trein afgelaai.
Toe kom ek by 'n plek en daar is 'n hoek van 'n huis en daar lê twee mense met 'n laken oor hulle en toe kom grond ook oor hulle (Siener sou dit net gesien het as dit twee belangrike persone was en as hulle 'n natuurlike dood gesterf het sou hy hulle binne die huis gesien het - twee leiers sterf gewelddadig en kry 'n eerlose begrafnis).
By Kimberley sien ek rol ons die eerste blou ysterklippe in. Dis die begin van die groot moeilikheid. Die Boere ruk daarheen op en as hulle daar kom, val daar 'n hele paar groot ysterklippe (bomme). Die moeilikheid by Kimberley het nog skaars begin of ek sien die Unie se Engelse, Jode en Jingo's vlug in die rigting van Vereeniging. Daar kom hulle almal bymekaar. Hulle vlug ook uit Duitswes, Port-Elizabeth en Oos-Londen na Vereeniging. Uit Rhodesië sien ek die Engelse tot by Mafeking en dan draai hul ook na Vereeniging. Die burgers van Noord-Transvaal en Vrystaat keer die Engelse dan daar vas. By 'n brug oor Grootrivier (Upington) trap die vlugtelinge mekaar dood.En wanneer ons die bomme inrol, tel die slang vir die eerste keer sy kop op en kyk oor die Unie. Dan vlug die vyand reg oos, al na Durban. In daardie stad sal die groot en finale slag dan plaasvind. Maar uiteindelik gaan die vyande die aftog blaas en die land verlaat. As hulle op die skepe is, skiet hulle nog terug na ons. Toe lees die Siener vir Mussmann aan wie hy hierdie visoene vertel het, uit sy ou Statebybel uit Eksodus 14:13. Die Afrikaanse vertaling lui: "Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk. Want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie. Die Here sal vir julle stry, julle moet stil wees".
Wat betref die Duitsers se betrokkenheid: tydens 'n CNN-uitsending is verskeie onderhoude gevoer met regse groepe in Duitsland, Holland en Swede. Daar was heelwat simpatie by hulle vir die Afrikaner se saak, maar meer opvallend was die bitterheid by die Duitsers oor die SA.Regering se oorgawe van Namibië asook Swakopmund aan 'n swart regering. Een Duitser het dit so verwoord: "Die S.A.Regering het nie die reg gehad om Suidwes-Afrika aan 'n swart regering af te gee nie want daar is met die destydse oorgawe ooreengekom dat indien Suid-Afrika nie meer in Namibië belangstel nie, hy aan Duitsland die opsie sou gee om weer beheer daaroor te kry maar ons is nooit in die saak geken nie!" Daar is ook die dokument waarin 600 Afrikaners onder leiding van genl. J.C. Kemp na onderhandeling met die Duitsers in Suidwes onderneem het om nie Duitswes tydens die 1914 Rebellie aan te val nie, nie toe nie en nooit nie. Daarvoor was die Duitsers die getroue Afrikaners dankbaar en onthou hulle dit vandag nog. Dus het die Duitsers genoeg rede om betrokke te raak wanneer die Afrikaner sy laaste vryheidsoorlog veg. Hier volg die bewoording op die dokument wat op 17 Oktober 1914 deur Gerrit Maritz en die keiserlike Goewerneur van Duitswes-Afrika onderteken is om die verbond te sluit.
17 Oktober 1914
Overeenkomst
gemaakt en aangegaan door en tussen do Keizerlijk Goeverneur van Duits Zuid West Afrika, als vertegen woordiger van zyn Ge-eerbiedigde Majesteit, de Keizer van Duitsland, en Generaal S.G. Maritz die namens en ten behoewe van een aantal Officieren en manschappen
handelt die bereid zyn de onafhanklikheid van Zuid Afrika te verklaren, te weter :
1. Genoemde Generaal S.G. Maritz hetf de onafhanklikheid van Zuid-Afrika verklaart en de stryd tegen Engeland aangevangen.
2. De Regierung van D. Z. W. Afrika erkent alle Afrikaanse Strydmachten die tegen Engeland optreden als Oorlogsvoerende Machten aan en zal ze, na verder bespreking in de stryd tegen Engeland ondersteunen.
3. Wordt dat tot nn Brits Zuid-Afrika gedeeltelik of al een geheel onafhanklik zal de Keizerlijke Goeverneur van D. Z. W. Afrika alle middelen aanwenden om di staat of Staten zo spoedig mogelik door het Duits Ryk als zodanig erkent te krygen en zo to laten vallen onder de algemene vrede-sluiting.
4. Inkonsideratie voor zodanige verleende hulp zullen de niewe gevormde staat of Staten geen bezwaar maken als het Duits Ryk Walvis-Baai en de Eilande de tegenover D.Z.W. Afrika liggen in bezit nemen.
5. Het Dalweg van de Oranje Rivier zal in de toekoms de grenzen vormen tussen D.Z.W. Afrika en de Kaap Kolonie.
6. De Duitse Ryk zal geen bezwaar maken als genoemde Staten Delagoa Baai in bezit nemen.
7. Als de opstand op een mislukking uitloopt zullen de opstandelingen die sieli op Duits Gebiet begeve als Duitse Bundgenoten aangezien en als zulks behandelt woorden.
Aldus gedaan en getekend to Kaimoes op de 17de Oktober 1914.
get. S.G. Maritz.
B. Von Zastrow, Keizerl. Bezirksamtmann als vertegenwoordiger van de Keizerlijke Goeverneur van Duits Zuid West Afrika.
En, het Siener gesê, nooit sal ons weer moeilikheid daarna hê nie. En ons sal trane van blydskap hê omdat God ons nie verneder het soos vir die Sappe (liberales) nie.