Jeanette Koekemoer
“Die Afrikanerbond weet dat ons land op die vooraand van ‘n langverwagte ineenstorting staan en maak hulle nou gereed om die regeermag na afloop van die chaos oor te neem.”
“Met bogemelde in gedagte kan mens nie anders as om te glo dat hierdie man met die hand deur die internasionale geldmag uitgesoek is nie.”
WIE IS DR THEUNS ELOFF?
Dr. Theuns Eloff (gebore te Potchefstroom op 17 Mei 1955) is ’n Suid-Afrikaanse akademikus en uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting waar FW de Klerk steeds ‘n aktiewe deelname as Emeritus voorsitter beklee.
Eloff het ’n B.Jur. aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO en daarna sy graad in die teologie in 1980 verwerf.
Sy eerste en enigste gemeente was die Gereformeerde kerk Pretoria-Brooklyn van 1983 tot 1989. In dié tyd het hy sy Th.D. verwerf met ’n proefskrif oor “Regering, regverdigheid en rasseklassifikasie”. Ná die probleme wat hy in 1987 op die hals gehaal het weens sy insluiting in die groep Afrikaners wat in Julie daardie jaar met die ANC in Dakar beraadslaag het, het hy die bediening twee jaar later verlaat en aangesluit by die Consultative Business Movement, waarvan hy in 1990 uitvoerende direkteur geword het.
Hy was betrokke by die beplanning van die Nasionale Vredeskonferensie, wat in September 1991 gelei het tot die ondertekening van die Nasionale Vredesooreenkoms. By Kodesa het hy aan die hoof gestaan van die proses- en sekretariële dienste en daarna van die administrasie van die veelparty-onderhandelings. Tot Mei 1994 was hy adjunk- uitvoerende direkteur van die Uitvoerende Oorgangsraad.
Eloff het talle eerbewyse ontvang ter erkenning van sy rol in die onderhandelingsproses om Suid-Afrika eindelik aan die ANC oor te gee: die Junior Chamber of South Africa se prys as een van die vier uitsonderlike jong Suid-Afrikaners van 1994, die Harvard Business Club se staatsman van die jaar-prys in 1994, die Junior Chamber International se 10 uitsonderlike jong mense ter wêreld in 1995 en insluiting in die Wêreld-Ekonomiese Forum se 100 wêreldleiers vir môre in 1996.
Met bogemelde in gedagte kan mens nie anders as om te glo dat hierdie man met die hand deur die internasionale geldmag uitgesoek is nie. Sy hoë intellek en akademiese prestasies was egter nie die enigste nodige kwalifikasies nie – sy bereidheid om saam met FW de Klerk sy vaderland aan die ANC oor te gegee het, is genoegsame bewys van sy verbintenis met die Illuminati.
Eloff maak hom die afgelope tyd weer meer sigbaar in die publieke oog. Hy voer radio- en TV-onderhoude waarin hy as super Afrikaner voorgehou word en vertel dan onder andere van die private maatskappy wat “hulle” (veronderstelling is die De Klerk-stigting maar in waarheid is dit die liberale Afrikanerbond) nou stig waar "nie-rassigheid, Afrikaans en die privaatheid van die Afrikaner sal seëvier".
Gegewe sy agtergrond word die bedoeling van sy huidige optredes duidelik: dit het ten doel om die Afrikaners wat keelvol vir die onderdrukking van die swart regime is, se aandag en goedkeuring te bekom. Die rede daarvoor? Die Afrikanerbond weet dat ons land op die vooraand van ‘n langverwagte ineenstorting staan en maak hulle nou gereed om die regeermag na afloop van die chaos oor te neem.
Volgens 'n dokument wat in 2002 gesirkuleer is, het die Afrikaner Broederbond (vanaf 1994 genoem Afrikanerbond) in 1994 reeds oor 'n volledige geheime plan beskik om weer beheer van die land te neem. FW de Klerk self het in 1994 in die media gesê dat hy oor 'n paar jaar weer die land sal regeer. Maar hulle moes eers slaag in hul ondermynende stappe om die swart regering op 'n pad van vernietiging te plaas dmv verskillende fases van slagysters wat die ANC in groot verleentheid plaas. Tot dusver slaag hulle goed daarin al het dit langer geneem as wat hulle beplan het. Ooreenkomstig hierdie geheime plan van die Afrikanerbond, is die volgende gebeure veronderstel om die anargie van die swart geweld op te volg:
Sodra genoeg strukture in die land vernietig en die swart chaos op sy ergste is, sal 'n sterk VN-taakmag in samewerking met Amerikaanse magte, die orde kom herstel en dan die beheer van die land in die hande van die Afrikanerbond plaas. Dit was die plan, maar die antwoord van 'n lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) op 'n vraag van 'n Suid-Afrikaanse joernalis wat tydens 'n NAVO-Veiligheidskomiteevergadering gevra het of die VN betrokke sal wees as onbeheerbare anargie in Suid-Afrika uitbreek, was:
"Nee, want die VN is self so onstabiel dat hulle nie in staat is om 'n krisissituasie te stabiliseer nie. Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."
Dit maak seker nie groot verskil of dit die VN of NAVO is nie, want De Klerk met sy FW de Klerk-stigting en Broeders soos bokgal Roelf Meyer, Barend du Plessis en nou Theuns Eloff as uitvoerende direkteur van die De Klerk-stigting sedert 1 Julie 2016, is volgens gerugte lankal gereed vir die inhuldiging.
Dit is tog interessant hoe Siener van Rensburg dinge wat nou besig is om te gebeur, gesien het. Siener kon hierdie verloop onmoontlik in fyn besonderhede sien maar het 'n visioen gehad wat verwys na die tyd net voordat die finale vryheidstryd aanbreek:
DIE TWEEDE REBELLIE (die 1e was in 1914) – FINALE FASE VAN DIE AFRIKANER SE VRYHEIDSTRYD
Die parlement breek op, dan breek hy weer op, dan begin dinge vinnig gebeur. Boere loop in en uit hul huise. Hulle hoede hang in hul oë en hul koppe hang laag. Ek sien kolle op hulle oë wat soos pêrels lyk. Dan sien ek Hosea 4:16 voor my verskyn: 'Want Israel is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal die Here hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld.'
Net hierna kom die volk in opstand en wil rebelleer. Siener sê: dis omdat hulle oë oopgegaan het, die smeltkroes verby is, maar die finale suiwering moet nog plaasvind. Daarvoor sal die volk dinge in eie hande moet neem, sy vlag in bloed doop.
Dit verg geen verbeelding om te glo dat die Afrikanervolk nie die liberale Afrikanerbond as regering sal verwelkom nie en daarom 'n volskaalse rebellie sal organiseer. Uit die aard van die saak sal die Afrikanerbondregering by die Eenwêreldregering ingeskakel wees wat die volk sy Christelike geloof sal kos. Daarby is dit dieselfde persone wat in die eerste plek die land aan die ANC oorgegee het.
Siener het ook verduidelik dat hy met 'moframme' die Afrikaner liberale politici bedoel, nie die swartes nie. Ons kan dus van die veronderstelling uitgaan dat die Tweede Rebellie of te wel die Finale Vryheidstryd teen die Afrikanerbondregering en sy meelopers gevoer sal word.
Siener voorspel ook: Maar ons sal uiteindelik aan bewind kom want ek sien 'n Boere-veldskoen en 'n grasdakhuis. Maar vóór daardie dag aanbreek wag daar 'n donker tyd op Suid-Afrika. Dit sal in hierdie tyd wees dat leiers ook halsoorkop gaan poog om 'n nuwe regering tot stand te bring maar dit sal nog nie die Boere-regering wees nie want daarvoor was die twis en tweedrag nog te groot. Dit sal in daardie tyd wees dat die getroue Afrikaners met sy rug teen die muur veg en dit sal lyk of daar geen hoop meer vir hom is nie.
Mag die God van ons volk ons die moed van oortuiging gee om die stryd voluit te stry, deur die donker tyd van barbaarse anargie tot aan die einde van ‘n laaste rebellie sodat ons nie net vry sal wees van swart terroriste-bendes nie maar ook vry van verraderlike Afrikanerleiers wat hulle siel aan Mammon verkoop en ons daardeur verkneg het. Soos Siener dit verwoord: “My raad is: veg, al veg julle ook met jul rug teen die muur! Julle sal anders veg as wat ek geveg het, en daar sal baie meer van julle wees. Maar ons sal uiteindelik aan bewind kom want ek sien 'n Boere-veldskoen en 'n grasdakhuis!”