Die Afrikanervolk het reeds drie keer in sy geskiedenis sy vryheid verloor.
- Toe dit die eerste keer gebeur het met die anneksasie van Transvaal deur Shepstone, het hulle hul vry geveg en ná die slag van Amajuba in 1881 weer hul vryheid herwin.
- Die tweede keer is hul onafhanklikheid van hul ontneem by die Vrede van Vereeniging, na beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog. Maar 60 jaar daarna was hulle weer volkome vry in die onafhanklike Republiek van Suid-Afrika.
- Die derde keer het in 1994 plaasgevind toe ‘n swak terroristiese bende, die ANC, met behulp van verraderlike volksleiers sy vryheid ‘n derde keer van hom ontneem het.
Die wordingsgeskiedenis van die Afrikanervolk strek oor drie eeue wat deurgaans deur ’n oorlewingstryd gekenmerk is.
- Gedurende die 18e eeu was dit teen die onregverdige verwaarlosing en verdrukking van die Nederlandse handelsmaatskappy.
- In die 19e eeu was dit teen die onreg van die Britse veroweraar, wat hulle geen bestaansreg wou gun nie en hulle wou uitwis.
- In die 20e eeu was dit die laakbare verraad van ‘n blanke volksleiers wat omgekoop is om gemene saak met die vyand te maak. Die Afrikanervolk verkeer tans onder die hiel van ‘n swart terroristiese bende en sy internasionale vyande heers oor hom.
In 1949 het dr DF Malan by die inwyding van die Voortrekkermonument die volk gewaarsku teen die moontlikheid dat so ’n ramp hom kan tref as hy die Voortrekkergees verloën en saam met ‘n sogenaamde beskaafde heidendom in semi-barbarisme versink, wat deur bloedvermenging tot die disintegrasie van die blanke ras sal lei. Hy het gesê indien dit ooit sou gebeur, staan dan stil en draai terug na die volk se hoogste ideale, na die volk se Christelike wandel en geloof en na sy kerk en sy God.
Dit het nou gebeur waarteen hy gewaarsku het. Suid-Afrika het die verfoeilike liberalisme en selfs die staniese Kommunisme omarm en ly bitterlik daaronder maar dit is nie die einde nie – die groot skeidingsdag kom vinnig nader waar ons nie net sal sien hoe die verraaiers en liberale idiote rooi van skaamte in vernedering sal staan nie, maar ook sal sien hoe God ons ná ‘n bittere smeltkroes eers van die barbaarse regime oor ons en ook eindelik van die sataniese internasionale geldmagmag sal verlos.
Maar dit kan alleen gebeur as ons in opregtheid voor God verootmoedig, want Hy het beloof dat as sy volk berou toon oor hul ongeregtigheid, Hy uit die hemel sal hoor, hulle sonde vergewe en hul land genees. Die vraag bly egter: gaan ons betyds die moed van oortuiging aan die dag lê om elkeen ons eie huis in orde te kry? Want dit is waar dit begin. Ons is tans nie in staat om militêr teen die oormag van ons vyande op te tree nie maar ons kán elkeen doen wat God van ons vra en dan sál Hy sy woord gestand doen soos in in Kor 7:14 beloof en ons uit die kloue van ‘n gewisse volksdood red. Wie nie aan hieraan gehoorsaam wil wees nie sal saam met die verraaiers aan die anderkant van die skeidslyn in skaamte staan!
QUO VADIS, volksgenote? Wat sal dit wees?