Hierdie spulletjie in wie se mag ons tans verkeer is baie vinnig besig om ons land geheel en al in die afgrond te stort, want kommunistiese strategie bestaan nie uit opbou en vooruitgang nie maar uit afbreek en vernietiging van wat ‘n ordelike gemeenskap opgebou het.
‘n Voorspelling wat deur meer as een profeet gemaak is, is besig om in vervulling te gaan: As hier niks meer is om te vernietig en te steel nie, gaan die swart massas teen mekaar in opstand kom. Die eerste tekens daarvan is merkbaar. En dan sal hulle met geweld teen ons Blankes draai. Ons is male sonder tal gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref, paraat te wees en eendragtig teen die vyandelike oorname te beur, wat ons nie gedoen het nie. Ons het selfs gedwee ons vuurwapens vir hulle gegee sodat die hordes ons nog makliker daarmee kan afmaai. Verder veg ons met mekaar terwyl die vyand hom daarin verlustig want so hou hy ons weg van die werklike slagveld.
En dan het ons nog die verraad van Afrikaners wat deurentyd in ons volksverlede plaasgevind het en nou weer in die vorm van ‘n groot faksie “Afrikaanses” gebeur wat by die terroriste probeer inkruip en tans lustig meehelp met die aftakeling van ons vaderland. As ‘n mens die groot getal Afrikaners wat na die buiteland gevlug het in ag neem asook die duisende wat reeds vermoor is en ons tel daarby dié wat so lustig besig is om saam met die vyand te werk, dan wonder mens of daar nog ‘n Gideonsbende oor is.
Maar daar is ‘n onomstootlike groot waarheid in die hele aangeleentheid wat min van ons in aanmerking neem: Die res van hierdie geteisterde Afrikanervolk bly nog steeds te midde van al ons beproewings ‘n verbondsvolkie wat onder die sorg verkeer van die almagtige Verbondsgod, wat ons al baie kere van vernietiging en ondergang gered het. Al word ons traag om ons geloftes aan Hom te betaal, bly Hy getrou en sal in die beproewing van die finale bedreiging en aanslag teen ons, ons weer van ‘n Gideonsbende bestaande uit gelouterde en dapper Afrikaners voorsien, wat met die krag van God die oorwinning oor ons demoniese vyande sal behaal.
Die lewe van enige volk wat in die verlede deur die wil van God in aansyn geroep is, duur nie net 300 of 400 jaar lank nie. Die Afrikanervolk het sedert sy ontstaan nog skaars geleentheid gehad om die doel waarom God hom hier aan die suidpunt van Afrika geplant het, te verwesenlik. Daarom glo ons vas en seker dat die Here ná hierdie louteringsproses nog ‘n groot taak vir ons volk het om hier aan die suidpunt van Afrika as leier van die nasies te volbring.