ONTEIENING DEUR WETGEWING

Sedert die ANC op hul kongres van Desember 2017 amptelik besluit het dat die Suid-Afrikaanse Grondwet verander moet word om "onteiening sonder vergoeding" in die land moontlik te maak, is dié onderwerp op almal se lippe. Dit word druk bespreek en baie mense leef in vrees hiervoor. JACO ELS van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging (ANB) bespreek die beginsel van eiendomsreg, die huidige wetgewing en die moontlike scenario met die verandering daarvan. Hy wys egter ook daarop dat die Afrikaner se eiendom op verskeie ander maniere inderdaad lank reeds beset, oorgeneem en wettig gesteel word sedert die koms van die nuwe bedeling in 1994.

Derduisende woorde is reeds geskryf, toesprake is gehou en paneelbesprekings is gedoen sedert die ANC "onteiening sonder vergoeding" as amptelike beleid aangeneem het. Bittermin werklike beginselbegronde argumente is daaroor gemaak, maar die belangrikste argument het veral gegaan oor die fatale effek wat dit sal hê op die ekonomie, aangesien die vrye wêreld ons land as beleggingsbestemming sal vermy as hierdie tipe Sosialisme 'n realiteit word. Dit is natuurlik baie waar. Ons het dit in ons eie tyd gesien gebeur in Zimbabwe en Venezuela, waar dié twee lande se ekonomieë in duie gestort het en die burgers van daardie lande nou in armoede en ellende spartel om te oorleef.

 

Maar het ons werklik al mooi gedink oor alles wat die afgelope 25 jaar onder die bewind van die ANC/SAKP-regime in ons vaderland gebeur het? Hoeveel wetgewing is gemaak in ons land, waar Blankes eenvoudig gedwing is om hul eiendom – dit wat hulle in die vorige bedeling opgebou en onderhou het – met die nieblanke massas te "deel" òf om eenvoudig groot dele van hul opgeboude bates – hul private eiendom – verniet weg te gee aan nieblankes, net omdat wetgewing hulle daartoe gedwing het. Kom ons begin deur te kyk na artikel 25 van ons huidige 1996 Grondwet, waaragter almal nou wil skuil as waarborg om hulle te beskerm. Dan kan ons weer gaan kyk wat het met die Blanke SuidAfrikaner gebeur terwyl daardie klousule veronderstel was om hom die afgelope 24 jaar te beskerm.

Artikel 25 van die Grondwet, wat resorteer onder hoofstuk 2, wat die Handves van Menseregte bespreek lees soos volg:

(1) Niemand mag eiendom ontneem word nie behalwe ingevolge ‘n algemeen geldende regsvoorskrif, en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie.

(2) Eiendom mag slegs ingevolge ‘n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word - (a) vir ‘n openbare doel of in die openbare belang; en (b) onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word aanvaar is óf deur ‘n hof bepaal of goedgekeur is.

(3) Die bedrag van die vergoeding en die tyd en wyse van betaling moet regverdig en billik wees, en moet ‘n billike ewewig toon tussen die openbare belang en die belange van diegene wat geraak word, met inagneming van alle tersaaklike omstandighede, met inbegrip van - (a) die huidige gebruik van die eiendom; (b) die geskiedenis van die verkryging en gebruik van die eiendom; (c) die markwaarde van die eiendom; (d) die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom; en (e) die doel van die onteiening.

(4) By die toepassing van hierdie artikel - (a) beteken die openbare belang ook die nasie se verbintenis tot grondhervorming, en tot hervormings om billike toegang tot al SuidAfrika se natuurlike hulpbronne te bewerkstellig; en (b) is eiendom nie tot grond beperk nie.

(5) Die staat moet redelike wetgewende en ander maatreëls tref om, binne sy beskikbare middele, toestande te skep wat burgers in staat stel om op ‘n billike grondslag toegang tot grond te verkry.

(6) ‘n Persoon of gemeenskap wie se besitreg van grond regsonseker is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is 11 Hoofstuk 2: Handves van Regte geregtig, in die mate wat deur ‘n Parlementswet bepaal word, op óf besitreg wat regseker is óf gelykwaardige vergoeding.

(7) ‘n Persoon of gemeenskap wat na 19 Junie 1913 die besit van eiendom ontneem is as gevolg van wette of praktyke van die verlede wat op grond van ras gediskrimineer het, is geregtig, in die mate wat deur ‘n Parlementswet bepaal word, op óf teruggawe van daardie eiendom óf billike vergoeding.

(8) Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.

(9) Parlement moet die wetgewing bedoel in subartikel (6) verorden.

Onder punt 4 (b) word daar baie pertinent vermeld dat "By die toepassing van hierdie artikel is eiendom nie tot grond beperk nie." Dit beteken dat, indien die staat magtiging het om privaat eiendom sonder vergoeding te onteien, dit baie meer as landbougrond sal insluit. Dit sal ander eiendom soos dorps- en stadshuise, vakansiehuise, nywerhede, besighede of letterlik enigiets wat gedefinieer kan word as "privaat eiendom" ook insluit. Kom ons gaan vergelyk hierdie moontlike drakoniese wetgewing nou met die realiteit van die afgelope 25 jaar en die veranderings wat daar deur wetgewing gemaak is aan ons samelewing en aan die status quo van die individu se situasie soos dit was voor 1994.

Onteiening van minerale regte

Reeds in 2004 het die regime met die bekragtiging van hul nuwe wet op minerale regte (Mineral and Petroleum Resources Development Act No. 28 van 2002) alle minerale regte in die besit van privaat grondeienaars onteien en na die staat oorgeplaas. Dié wet het dit moontlik gemaak vir 'n derde party om 'n aansoek by die Departement van Mineraalhulpbronne in te dien om 'n prospekteerreg of mineraalreg te bekom op enige grondeienaar se grond.

Die wet het dus beteken dat honderdduisende Afrikaners en ander Blankes, waarvan baie die nasate van die oorspronklike pioniers was wat plase aangelê en ontwikkel het, terwyl ander die erfgename was van grondeienaars wat later met harde werk geld verdien het en daarmee grond gekoop het, oornag van dié eiendomsreg vervreem is. As familie X volgens dié wet nie belangstel om op hul eiendom te myn nie, maar verkies om daarop te boer of selfs net daarop te woon, kan enige derde party eenvoudig aansoek doen by die staat om die reg te kry om op hul grond te prospekteer en te myn. Wat is hierdie drakoniese wetgewing anders as onteiening van private eiendom sonder vergoeding?

Sekerheid van verblyfreg

Een van die eerste wette waarmee die nuwe regime ná 1994 begin het om boere en grondeienaars te teister, was die Wet op Sekerheid van Verblyfreg, wat later in verskeie vorme uitgebrei en verskerp is. Deur hierdie wetgewing het die regime, onder andere, gesorg dat plaaswerkers die reg kan kry om onder sekere omstandighede (soos dat hy 'n bepaalde tydperk in diens van 'n boer moet wees) letterlik Kaart en Transport van 'n deel van die boer se plaas kan kry. Daar mag hy en sy familie dan woon, die grond bewerk en vee aanhou soos hy lus kry, terwyl die eiendomsreg van daardie stukkie grond wat volgens wet aan die werker oorgedra moet word dan weer in sy boedel aan sy nageslag oorgedra mag word.

Boere word boonop gedwing om volgens dié wetgewing aan die werker huisvesting te verskaf of dit aan hom beskikbaar te stel. Die langtermyn gevolge van hierdie wet is verrykend, maar in beginsel beteken dit eerstens dat die grondeienaar sy grond vrywillig moet weggee aan die betrokke werker. Weereens, onteiening sonder vergoeding in 'n ander gedaante.

Wetgewing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging

Terwyl daar agter die grootliks gefabriseerde en wanvoorgestelde scenario's van die "onreg" van die verlede geskuil word, het die regime oor die afgelope 25 jaar ook uitgebreide en drakoniese wetgewing oor Swart Ekonomiese Bemagtiging ingestel. Eerstens beteken hierdie wetgewing dat geleenthede van beter gekwalifiseerde Blankes ontneem (gesteel) word en op gedwonge wyse aan Swartes gegee word.

Duisende Blankes – veral jong goed gekwalifiseerdes – verlaat die land om hul heil elders te soek weens die feit dat hulle nie behoorlike beroepsgeleenthede kry in hul vaderland nie. Dié wetgewing het ook ‘n ander kant. Dis die deel waar sake-ondernemings, nywerhede en selfs kleinsake instellings of eenmansake (in die geval waar daar om openbare tenders meegeding word) eenvoudig gedwing word om Swart vennote te betrek. Daarsonder is dit vir die ondernemings eenvoudig nie moontlik om suksesvol besigheid te doen nie, veral as die kliënt noodwendig 'n openbare instelling is.

Wat is hierdie drakoniese wetgewing oor Swart bemagtiging – wat blatant op verskeie maniere van Afrikaners/Blankes steel – anders as onteiening sonder vergoeding?

Eie woongebiede, eie skole

Een van die mees blatante stukke bedrog deur die NP regering van FWde Klerk in die laaste Blanke algemene verkiesing van 1989 was hul verkiesingsplakkaat, waarmee hulle ondubbelsinnig "Eie woongebiede" en "Eie skole" aan die Blanke gemeenskap gewaarborg het. Vandag leef ons in die realiteit wat gevolg het op hul veragtelike leuens en bedrog.

Daar is feitlik geen stadskern in Suid-Afrika wat vandag nie geheel deur Swart massas en selfs vreemdelinge uit die buiteland oorgeneem is nie. Dit gaan egter verder. Nadat dorpe en stede se beheerrade grootliks deur die Swart kommuniste oorgeneem is, het alle regulasies en wette begin verslap, wat gevolglik weer grootskaalse instroming van Swart hordes veroorsaak het.

Hierdie tendens het 'n soort suurdeeg-effek, wat uiteindelik die hele samelewing van 'n dorp of stad deurspek. Neem as voorbeeld 'n stad soos Pretoria. Eers is die middestad geteiken en dit het in só 'n mate verswart, dat geen Blanke meer daar kan of wil woon nie. Gevolglik het besighede ook uitgewyk na die voorstede en die hordes het selfs besigheidsgeboue begin beset.

Daarna het plakkerskampe oral begin opskiet en hulle is toegelaat om te groei, aangesien die regime in beheer eenvoudig niks aan die groeiende probleem gedoen het nie. Hierdie plakkerskampe is vandag in al die groter stedelike gebiede reuse tydbomme wat 'n magtige instrument in die hand van die kommunisties/sosialistiese leiers geword het. As hulle 'n revolusie nodig het, word hierdie massas eenvoudig gemobiliseer om die vuilwerk te doen.

Die plakkersgemeenskappe, deurspek met hordes ongeskoolde massas, is in die meeste gevalle in staat om stede binne enkele ure te verlam as hulle gemobiliseer word of as daar anargie benodig word op die agenda van die politieke manipuleerders. Intussen het 'n groeiende Swart middelklas al hoe nader aan die stadskern begin migreer, wat tot gevolg gehad het dat sekere voorstede se demografie stelselmatig maar ook dramaties verander het.

Vandag is die realiteit dat groot dele van die Weste en Noord-weste van Pretoria eintlik maar een groot Swart lokasie geword het. Saam met hierdie veranderings in die demografie van voorstede het die inkomende hordes eenvoudig ook stelselmatig die skole begin oorneem. Met die hulp van die nasionale en provinsiale regerings is Blanke (en veral Afrikaanse) skole eenvoudig gedwing om eers een of twee klasse Swart kinders te akkommodeer. Só 'n skool is dan binne enkele jare eenvoudig oorstroom en oorgeneem.

Hierdie woongebiede met hul parke, biblioteke, sportgeriewe en ander openbare fasiliteite en dienssentrums is oor baie dekades deur die arbeid, geld en intellektuele stukrag van Blankes/Afrikaners opgerig, uitgebou en in stand gehou. Met die hulp van politieke mag is dit oor die afgelope 25 eenvoudig ingesypel, beset en uiteindelik oorgeneem deur die Swart hordes.

Inderdaad, nóg 'n ander vorm van onteiening sonder vergoeding, maar hierdie keer van toepassing op die Afrikaner as volk, sy eiendom en sy erfenis...

Is daar hoop vir 'n toekoms?

Terwyl die aandag tans gevestig word op landbougrond wanneer daar gepraat word van onteiening sonder vergoeding, kan 'n mens nie anders as om 'n bietjie ironie in die huidige ontsteltenis te sien nie.

Skielik word daar argumente gebou rondom dinge soos "voedselsekerheid" en die invloed van die landbou op Suid-Afrika se ekonomie, asook die invloed wat onteiening sonder vergoeding met al sy gevolge op die ekonomie in geheel kan hê. Die beplande wetgewing om onteiening sonder vergoeding vir die regime moontlik te maak staan dus nie alleen as dit in konteks met ander wette wat sedert 1994 ingestel is beskou word nie. Dis in pas daarmee en net die logiese volgende stap om die Afrikaner van sy vaderland, sy eiendom en sy erfenis te vervreem.

Hoe gaan ons hierdie situasie omkeer? Hoe gaan ons weer ons regmatige eiendom en erfenis terugkry? Dis 'n bespreking op sy eie vir 'n ander dag, maar dit sal beslis 'n situasie behels waar Afrikaners op die regte beginsel sal moet saamstaan. Ons sal eerstens los moet kom van die greep wat die regime op ons het deur maniere te vind waarop hul drakoniese en verslawende wetgewing omseil kan word.

Dit sal byvoorbeeld beteken dat ons veilige gebiede moet skep waar Afrikaners 'n hele voorstad of landelike gebied beset. Dit sal ook beteken dat ons los moet kom van ons afhanklikheid van Swart arbeid en dit sal laastens beslis beteken dat ons onafhanklike en eksklusiewe skole, universiteite en ander opleidingsentrums moet oprig.

Afrikaners sal eenvoudig hul kleiner verskille opsy moet skuif en mekaar moet begin ondersteun in die beroeps- en sakewêreld, terwyl ons drukgroepe moet vorm wat na ons prioriteite omsien by finansiële instellings en ander soortgelyke entiteite. Daar sal waarskynlik teen hierdie agtergrond diegene wees wat redeneer dat hierdie saamwerk-planne reeds in die strukture van organisasies soos Solidariteit en AfriForum bestaan. Die antwoord hierop is dat hierdie organisasies deel is van die stelsel en eerder fokus op individuele regte en "menseregte" as op die lot van die volk as geheel.

Die oplossings vir die Afrikaner wat sy vaderland en erfenis terug wil wen, lê by die beginsels van Afrikanernasionalisme en dít is iets wat bogenoemde organisasies uit hul verwysingsraamwerk verban het.

Een ding is seker – ons gaan die oplossing nie vind deur aan die regime se strukture deel te neem en kruisies te trek binne 'n stelsel wat ontwerp is om ons te verslaaf en as volk te vernietig nie.