EERS PAAI, DAN VERRAAI

Johan Hack

Die menseheugenis is vol van verraad en word selfs in ons tydsbestek ervaar. So ontstaan ‘n gevoel van wantroue. Hierdie wantroue is egter nie altyd blywend van aard nie aangesien daar mense is wat presies weet wat om te sê om hierdie wantroue om te skakel in vertroue, meestal om hierdie mense net weer verder in ‘n donker diepe moedeloosheid te laat sink. Hierdie is die paaiers en verraaiers.

Tydens die 1992 referendum is die Afrikanervolk vertel hoe daar geen ander keuse is as om met die ANC samesprekings te hou nie, sodat ons kan voortbestaan in hierdie land. (Die land wat God aan ons geggee het.) So was die Afrikaner deur leiers van die Nasionale Party gepaai om ewe skielik te sien hoe ons land en vryheid as Afrikaner oorhandig word op ‘n skinkbord. En nou ly ons godsdiens, taal, geskiedenis en kultuur daaronder met ‘n slegte smaak van verraad in die mond terwyl ons deur die media herhaaldelik herinner word om te kou aan hierdie sogenaamde Demokrasie asof dit soetkoek is.

Piet Retief het dieselfde stel afgetrap met Dingaan nadat hy en sy gevolg vrywillig ontwapen en gerusgestel is met ‘n fees om net daarna wreedaardig vermoor te word. Eers gepaai en toe verraai.

Retief het in sy Manifes in 1837 onder andere die volgende geskryf. “Nou reeds egter verklaar ons dat verraaiers in ons midde summier en selfs met die dood gestraf sal word.” - ‘n duidelike blik op hoe daar selfs toe, neergesien was op verraaiers.

Die mees bekendste geval van verraad het plaasgevind teenoor Jesus Christus ons Here, toe Judas Iskariot saam by die laaste avondsmaal aan tafel was en opgeëindig het om die Here te verraai, “En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai.” Matt26:21. Ons almal weet wat toe met Judas gebeur het. “En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.” Matt27:5. Vir ewig gebrandmerk as Judas die verraaier.

Die Here in sy alwetendheid en voorsienigheid was egter nie gebluf nie.

Robey Leibbrandt het ook geskryf dat elke verraaier ‘n lafaard is en elke lafaard ‘n potensiële verraaier.

Dit bring ons weer terug na die hede. Ons land was oorhandig aan die ANC wat aan ons bekend was met hulle terroristiese aktiwiteite wat na die oorhandiging met mooi praatjies gekom het oor grondonteiening met vergoeding. Nou is dit sonder vergoeding en steeds sal sommige leiers sê moenie bekommerd wees nie dit is net sekere grond ens ens. Paai en verraai.

Gister se terroris is vandag se aktivis in die oë van die liberalis , maar gister se verraaier is vandag se veragte, gebrandmerk deur die herrinnering van sy dade in die oë van die Afrikaner-nasionalis.

Word wakker Afrikanervolk en besef dat jy ontwapen is, dat die fees verby is, dat jou Bloukrans hier is terwyl jy steeds rustig in jou wa lê langs die rivier sonder om laer te trek en dink dat die verraad iets van die verlede is.