NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Soms wonder jy as kind van die HERE hoe jy aan ander mense rondom jou moet wys dat jy 'n bekeerde en gelowige is. Jy is dalk iemand wat sukkel om daaroor te praat. Die HERE leer ons ook om barmhartigheid aan mekaar te bewys. Wees dan goed vir jou medemens en wys hom só dat God jou eerste liefgehad het.

OPENBARING EN 'N VIRUS...

Openbaring se versekering in hierdie (en alle) tye

Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here en hy oordink sy wet dag en nag.

Psalm1:1-2

Wat ‘n pragtige woord is welgeluksalig nie. So ‘n driedubbele woord wat drie keer beklemtoon hoe mens volkome gelukkig kan wees. Ook in Openbaring1:3 word die woord aangetref. Latere vertalings het die rykheid van die woord en die betekenis van die vers verlore laat gaan deur dit net te vervang met die veel armer woord “gelukkig”.

Met die Korona-sage beleef mens dat dit juis “geluk”, ja vrede is wat nou by mense ontbreek. Rykdom, verstedeliking, besittings, nuwerwetse tegnologie en vermaak kon die mensdom toe nie gelukkig maak nie. Hierdie goed wys in hierdie tye juis hoe leeg dit is. Begrip vir dinge waaroor dit werklik moet gaan, het juis ontbreek. Toegegooi met inligting en kennis, maar sonder wysheid - dit is nou die naakte waarheid wat ontbloot word.

Dit is in sulke tye dat die boek Openbaring weer opnuut van belang word. Openbaring is profesie en nie die visioene van byvoorbeeld Nostradamus nie. Openbaring is Jesus aan die woord, nie ‘n mens wat raai nie. Die toekoms word in Openbaring beskryf en is nie verborge voorspellings nie. Daarom kan mens as Christen, troos en berusting vind in Openbaring; veral in tye soos hierdie.

Die Korona-misleiding waar die propaganda en histerie oor ‘n virus veel erger is as die virus self het ‘n domino-effek – dit vernietig state se ekonomieë en dompel mense in armoede. Net tyd sal leer waar dit gaan eindig. Wat wel waar is, is dat dit maande, indien nie jare nie, gaan neem om weer te herstel. Niemand van ons kan regtig voorspel hoe dit more en volgende jaar in ons land en in ons lewens gaan lyk nie. Toe dit met ons “maklik” gegaan het, het ons nie besef ons word deur sluipmoordenaars bekruip nie, bosemagte wat nie ‘n duit vir ons omgee nie. Ons het hulle deur ons argeloosheid in ons midde toegelaat. Die wagters op die mure het geslaap. Ons het eenvoudig vir die dag van more geleef. Ons was subtiel vervolg om te verwêrelds, ryk en gemaksugtig te word, meer en meer op te gaar en eiesinnig te word. Daardie vervolging het ons nie ingesien nie en in die proses al verder van God weggedryf. Nou staar die mensdom waarskynlik sy grootste krisis sedert die Tweede Wêreldoorlog en die Groot Depressie in die gesig. En daarby, dood, swaarkry en ellende. Daarom dat ons moet terugkeer na die Alfa en die Omega, die begin en die einde van ons bestaan; Hy wat die sleutels van die lewe en die doderyk besit. As Christus ons Eerste en ons Laaste is, sal die dood se angel vir ons nie ‘n gevaar inhou nie, of dit nou in die vorm van ‘n virus of ‘n hongersnood gaan kom. Ons ken nie die geheimenisse van ons bestaan op aarde nie, daardie wysheid is vir ons verborge. Maar Goddank ons ken Christus, en Hy het die sleutels, Hy bly in beheer, al verkeer die wêreld in die mag van die duiwel (1 Joh 5:19).

Ernstige selfondersoek is nou nodig vir elke Christen. Was jy nie dalk ‘n Christen sonder Christus nie? Het die wêreld se sinkretisme waar alles vermeng is, en ons gerief, nie ‘n hindernis tussen ons en Christus gestel nie? Het ons nie ‘n valse vrede met die vyande van God gekies, stil gebly ter wille van bevordering, geld, aansien en só koppelary en verbondsbreuk gepleeg nie? Volgens die Guttmacher Instituut is daar in die VSA net in 2017, 862 320 babas (mense!) deur aborsie vermoor. Dit is 2 363 per dag. Dit hang soos ‘n swaard, nee ‘n vloek oor Amerika en die mensdom. Het Jesus dan nie self gesê vir sover julle dit aan hulle (die kinders doen), doen julle dit aan Hom (Matt 25:40). Dis maar een voorbeeld. Enige verloëning van Christus, hoe aanloklik die uiteinde daarvan, loop uit op ‘n fiasko, ‘n ewige tragedie. Nou word ons geleentheid gegee om van die dieptes van Satan weg te kom terwyl daar nog tyd is!

In hierdie tye sien die rykes ook hoe hulle “rykdom” soos mis voor die son verdwyn. Aandele wat die een dag nog duisende rande werd is word eenvoudig oornag waardeloos. Ja, enigiets waar Christus nie ingesluit is nie, is van nul en gener waarde. Dit is ‘n vals rykdom. Daarteenoor het Christene in hierdie aardse bedeling nêrens, niks en nooit iets te verloor, as ons waarlik Christus-belydende Christene is nie. Nou is die tyd om opnuut te besef dat daar geen lewensverwagting buite Christus is nie.

Ons het die vertroosting uit Openbaring dat God sy volk (die Christene) nie sal verlaat nie al het ons in ons nood en vrees en bewing dalk begin twyfel. Hy sal sy tent van bewaring oor ons oopspan (Op 7:15). Nou word ons die geleentheid gegun om uit ons doodslaap wakker te skrik en nie verder sorgeloos, roekeloos en onverskillig te lewe nie. En veral om ons Christenskap teenoor almal (en veral die godlose owerhede) te betuig. Ons moet nou tot aksie oorgaan!

Nie ‘n krisis-, of kitsgeloof of -bekering sal ons red van die krisisse van hierdie wêreld nie, maar alleen die stille oordenking van God se Woord wat ons rig tot egte ommekeer en geluk in ons lewens.

Dink dan aan die woorde van Gesang 252:3 in hierdie dae: Nou roep nog die Heiland; nou is daar nog raad; staan op tot die lewe – dis weldra te laat!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 621 gaste aanlyn