ALLE MENSE MOET STERF...

Alle mense moet sterf, ja. Maar wie wil nie eerder op die regte tyd op 'n natuurlike wyse sy laaste asem uitblaas nie?

Natuurlike oorsake klink ook meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Onnatuurlike oorsake kan ook baie pynvol en wreed wees.

Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde - bekering! 

Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang, veral as mens kyk na die losbandigheid en loswees van God, mense wat op dwaalweë beland het en nie wil of kan terugkeer na God nie. 

Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!