Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen lewe is sinloos indien jy diens lewer nie. God het ons nie hande gegee om net te ontvang nie, maar ook om te dien. Wie net wil ontvang, is uiters selfsugtig!
GELOFTEDAG 2020
Wonderlike herinnering of heilige verpligting?
Ds. A.E van den Berg
Inleiding
Die meeste kalenders sê dis vandag Versoeningsdag. Die geskiedenis sê dis Geloftedag. Waarom verskil die kalenders van die geskiedenis? Omdat die meeste volksgenote en kerke ontrou aan die Bloedriviergelofte geword het.
Die herdenking van die gebeure by Bloedrivier het deur die jare verskeie benamings gehad. Sarel Cilliers het dit aanvanklik“Wendag” en daarna “Die Slag van Dingaan” genoem. Dis ook vir baie lank “Dingaansdag” genoem met die bedoeling dat Dingaan op hierdie dag sy verdiende loon gekry het.
Hierdie roemryke dag is later tereg Geloftedag genoem omdat ʼn gelofte aan God gedoen is wat nagekom moes word. Dit gee aan Geloftedag ʼn geskiedkundige asook godsdienstige betekenis.
Waar kom Versoeningsdag vandaan? Van volksgenote wat die guns van volksvyande probeer verkry en soos tjankende honde onophoudelik die hand van hul kastyders lek. Die ergste is dat hulle nie daarin slaag nie! Heidene ag versoening as ʼn swakheid wat deur uitbuiting, geweld en ontwrigting uitgewis moet word. Dis die rede vir ons hoë misdaadsyfer en vandalisme.
1. Die aanloop
Die Gelofte het ʼn geskiedkundige aanloop toe ongeveer 15,000 blankes van 1835 tot 1845 die Britsbeheerde Kaapkolonie verlaat het om ʼn eie regering in die binneland te gaan vestig. Natal is gekies waarna die leier, Piet Retief, grondonderhandelinge met die Zoeloekoning Dingaan gaan aanknoop het. Hy en sy gesantskap is op 6 Februarie 1838 wreed om die lewe gebring.
Daarna het die Zoeloes talle Voortrekkers in opvolgaanvalle by Bloukrans en ander staanplekke vermoor. In November van daardie jaar is Andries Pretorius wat in Natal aangekom het as nuwe leier aangewys. Hy het die onheilsituasie met Sarel Cilliers en Karel Landman bespreek want iets moes gedoen word.
Tydens een van die gesprekke het Pretorius voorgestel dat ʼn gelofte aan God afgelê moes word. So ʼn gelofte is ʼn plegtige belofte waarby mense hul vrywillig aan God met sekere beloftes verbind om hul uit nood te bevry. Die OT het talle voorbeelde hiervan.
So ʼn gelofte handel oor ʼn spesifieke saak en word met groot omsigtigheid gedoen omdat beloftes teenoor God nagekom moet word en dankbaarheid altyd die botoon moet voer. “Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste (Ps.50:14). Daarom het die Trekkers die aand na die slag van Bloedrivier ʼn dankdiens gehou.
Op Sondag 2 Desember het Cilliers uit die boek Josua voorgelees. Josua het na die dood van Moses die volk na die beloofde land gelei. Na die diens het Pretorius die gedagte van ʼn gelofte in die laer se midde gelê. Cilliers was huiwerig om tot so ‘n stap oor te gaan, maar wel daartoe ingestem op voorwaarde dat elke kommandolid daarin geken moes word. Daarna is die Gelofte van 9-15 Desember elke aand herhaal en het die Trekkers onderneem om as God hulle verhoor, hulle en hul nageslag dié dag jaarliks as ʼn sabbat sal gedenk en ʼn kerk as teken van hul dankbaarheid te bou.
Dit het die aflegging van die Gelofte nie net stewig in die geskiedenis nie, maar ook in die godsdiens gewortel. Daarom is daar van oudsher af by die elke herdenking van Geloftedag eers ʼn erediens en daarna ʼn gelofterede met ʼn polities-geskiedkundige strekking gehou.
God het die oorwinning gegee. Sewe dae later is Dingaan se stad afgebrand aangetref nadat hy dit die vorige dag aan die brand gesteek het. Die oorskot van Retief en sy manne is by ʼn nabygeleë koppie gevind met die ondertekende traktaat steeds in sy bladsak waarvolgens Dingaan ʼn stuk grond amptelik aan die Trekkers oorgedra het. Die Trekkers het hul onderneming om ʼn kerk te bou gestand gedoen en in 1841 die Geloftekerk op Pietermaritzburg ingewy.
Cilliers het sy volk egter goed genoeg geken om te weet dat die nageslag die Gelofte nie sou nakom nie en dat God hulle, op ʼn gegewe tyd, aan vyandiges sou oorlewer. Hy het dit immers met Israel en Juda eeue tevore gedoen. Dit het in 1994 gebeur toe ʼn skrikbewind onder dawerende internasionale toejuiging in die naam van demokrasie aan die suidpunt van Afrika gevestig is!
2. Paardekraal
Die Bloedriviergelofte is ook met die aanloop tot die Eerste Vryheidsoorlog ter sprake. Die eerste skote van dié oorlog het op 16 Des.1881 geval. Dis deur ʼn volksbyeenkoms vooraf gegaan waartydens Paul Kruger die Gelofte van 1838 herbevestig het.Wie nie met die stryd wou voortgaan nie, moes daardie dag opsy staan. Nie een het geroer nie!
“Laat elkeen wat bereid is om ‘n verbond te sluit dat jy sal veg tot ons vryheid weer herstel is,‘n klip neerlê”, het Kruger beveel waarna ʼn klipstapel as sigbare bewys van die verbond van Paardekraal verrys het.Twee maande later is die beslissende Slag van Amajuba gelewer en het dankbaarheid oor die Boeremagte gespoel omdat God hul gebede verhoor het.
So anders as met die Slag by Bloedrivier en die Eerste Vryheidsoorlog is daar voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog geen formele Geloftediens gehou nie. Mense het geglo dat genl. Piet Cronjé en sy manskappe die Engelse die see sou injaag. Siener het hul ernstig gewaarsku om nie op mense te vertrou nie. Vier maande later het Cronjé met 4 000 man by Paardeberg oorgegee.
‘n Oorkonde in die Oorlogsmuseum in Bloemfontein getuig ook van die verwaarlosing van die Gelofte. ‘n Herhaling van die Gelofte is op 16 Des. 1901 deur ds. T.D. Viljoen en sy medekrygsgevangenes in Indië afgelê.
In 1949 het dr. DF Malan die volgende oor 16 Desember gesê:
“Dingaansdag is in ons lewe ‘n jaarlikse skoonmaak, ‘n geleentheid vir die volk om as volk sy gemoed gereinig te kry. Dis nie bloot ‘n dag tot herdenking van ou geskiedenis nie, maar ‘n oproep om met die beste en edelste in ons volksgeskiedenis in voeling te kom.”
3. Die drie basiese elemente
Met die aflegging van die Gelofte in 1838 is drie basiese elemente neergelê waaraan nooit verander mag word nie. Eerstens dat dit ʼn dag van danksegging en verootmoediging voor God moet wees. Tweedens moet dit ʼn dag wees waarop die stryd van die verlede in herinnering geroep moet word en derdens ʼn dag waarop die volksbewussyn versterk moet word.
‘n Gelofte aan God sluit ook kinders van gelowiges in en derhalwe bindend op ʼn nageslag. Pres. M.T. Steyn het gesê dat as ons die Gelofte nie op ons kinders bindend maak nie, ons God nie in die donker dae van volksbestaan aan ons sy sal hê nie. Ons is dus verplig om ons nageslag van die nodige kennis in sake die Gelofte te voorsien. Maar nie net dit nie; ook van ʼn lewensruimte wat hulle in staat sal stel om Geloftedag ongehinderd te herdenk.
Hierdie drie basiese voorskrifte is nie deurgevoer nie. In plaas daarvan om die Gelofte in ere te hou, is brûe na heidene gebou. Die eerste een is in 2013 by die Bloedrivier-terrein voltooi en met die Zoeloes se monument aan die oorkant van die rivier verbind. Hierdie monument vereer Dingaan as ʼn held wat blanke grondrowers teengegaan het.
Op 16 Des.1998 het wyle genl.Constant Viljoen tydens ʼn onthulling van hierdie halfvoltooide monument oorgestap om met die Zoeloes te gaan blad skud; ʼn smadelike veragting van die Gelofte-eed. Niks vernietig volksgevoelens soos volksvreemde kunsmatige vennootskappe nie.
Om van die skoon water van volksliefde af weg te stap net om uit die vuil krippe van die volksvyand te gaan drink, verdien die hoogste veragting. Wat sulke verraad so hartseer maak, is dat dit nie uit vyandsoorde kom nie, maar uit eie volksgeledere soos op 16 Des.1998; ongelooflike eerloosheid en veragtelike ruggraatloosheid. Wie voor die vyand buig, wys uiteraard sy agterstewe vir sy eie volksgenote!
Nêrens in die bewoording van die Gelofte-teks word enige melding van ʼn versoening met die heidene gemaak nie. Dis ʼn eed wat voor God afgelê is en niks mag daarvan weggeneem of daaraan toegevoeg word nie.
4. Staatkundige donkerte
Met die bewindprysgawe in 1994 het die Boerevolk nie net die Gelofte as sulks vergeet nie, maar ook die Een aan Wie dit gemaak is. En dit bring ons vandag op die vooraand van ʼn tweede Bloedrivier soos wat Siener voorspel het. Die Boerevolk betaal ʼn bitter duur prys vir die vreesaanjaende eer om sy identiteit te versaak en in ʼn reënboognasie te verdwyn!
Die reënboognasie is die droewige verhaal van ondeurdagte, mislukte planne en teleurgestelde verwagtings. Toe die ANC se politiek ná die bewind-prysgawe na die gewone samelewingsterrein oorspoel, het verraaiers se lugkastele in ʼn oogwink in puinhope en hul dagdrome in nagmerries verander. Hulle het tot hul skok agtergekom dat geweld deel van die ANC se politieke mondering is!
5. Die Nuwe Wereldorde
Ons het wonderlike jare gehad toe ons volk ʼn hegte eenheid was, kerke eerbaar en die land een van die vooruitstrewendste ter wêreld was. Ons Christen Nasionale grondslag het van krag tot krag gegaan. Kinders is op skool en op universiteite op Bybelse grondslag onderrig en werkloosheid het bykans nie bestaan nie.
Dit was die era van dr.HFVerwoerd. Hy het op die grondslag van Kruger, JBM Hertzog, DF Malan en JGStrydom voortgebou - almal edelmoedige manne met ʼn roerende pligsbesef teenoor God en hul volk. Hulle het na aan hul volk geleef, probleme verstaan en God om oplossings gebid. Hulle was mense met innerlike lig en geen behoefte aan internasionale kalklig nie.
Tydens hierdie goue era was belastings billik, inflasie ‘n onbekende woord en die toekoms rooskleurig. Die weermag en polisie was van die beste ter wêreld omdat hulle dieselfde moed en durf as die Voortrekkerleiers aan die dag gelê het. Mense kon met oop vensters en deure slaap omdat daar wet en orde was.
Dr.HF Verwoerd staan hier uit. Hy het na Republiekwording gesê: “Eksal elke dag my krag by God soek en nie by myself nie!”. Dis die porseleinklei waarvan leiers gemaak word. Sy edelheid het ʼn taal gespreek wat blindes kon sien en dowes kon hoor!
Dit was die dae toe sanksiekrete, sport-druk en teen-apartheid aanslae op Suid-Afrika gereën het. Verwoerd het tot sy dood vasgestaan en geen toegewings gemaak nie. Daarna het politieke jakkalse die land op ʼn skinkbord aan heidene begin oorhandig. Dit het so subtiel plaasgevind, dat die oorgawe feitlik onopgemerk verbygegaan het.
Dis alles georkestreer omSuid-Afrika aan die Nuwe Wêreldorde te onderwerp. Niks gebeur in die politiek toevallig nie. Verwoerd het dit geweet en telkens teen hierdie bose sameswering en geheime mag gewaarsku wat ʼn godlose eenheidstaat en een wêreldregering op die Boervolk wou afdwing.
Dit het Verwoerd genoodsaak om Suid-Afrika in 1961 uit die statebond te laat tree net om aan die druk van die Nuwe Wêreldorde-drywers binne die statebond te ontkom. Daarom was die totstandkoming van ʼn republiek aan die suidpunt van Afrika vir die vyande ʼn geweldige terugslag. Verwoerd moes dood!
Verwoerd is na sy dood baie fel gekritiseer. Slegte honde blaf mos baie graag vir ʼn dooie leeu en as ʼn olifant in ʼn put val, kan enige padda ʼn skop inkry! Die sterk Christen-Nasionale grondslag wat Verwoerd gelê het, is nie saam met hom dood nie. Sy lewe kon daarna slegs bewonder, maar nooit nageboots word nie!
6. Rassevermenging
Die openbare mening is destyds mislei om te glo dat rasbewustheid ʼn gruwel is. Verwoerd se vooruitskatting van hoe Suid-Afrika in ʼn rasgemengde land sou lyk, getuig van die insig en wysheid waarmee God hom geseën het. Hy het in 1954 ‘n geskrewe scenario daarvan aan die parlement voorgelê. Dit wat ons vandag beleef, is feitlik ʼn woordelikse voorspelling daarvan; ʼn tablo van misdaad, korrupsie en die onvermoë om enigsins sinvol te kan regeer.
Die volksvyand het subtiel-metodies te werk gegaan om Suid-Afrika met liberalisme te besmet. Politieke jakkalse het hul eer spotgoedkoop op die internasionale mark verkoop net om twyfelagtige eer te bekom. Hulle is met beloftes van rykdom, mag en internasionale aansien omgekoop. Dit het hulle in die dryfsand van selfvoldaanheid laat versink en hul volk skaamteloos verraai.
Niks is so roemloos soos eer wat wederregtelik bekom is nie. Verraderlike volksgenote het met hul vuil voete oor die Boerevolk se skoon gewetens geloop en in die politiekery waarin hulle hulself toegespin het, verstrengel geraak net om daarna van die toneel verdwyn. Om die vyand gedienstig te wees, is soos om ʼn krokodil te voer met die hoop dat hy jou die heel laaste sal vreet!
Ek ag hierdie mense nie deel van my volk nie, maar ʼn bose meningsklimaat wat buite die dampkring van my volk te lande gekom het. Dit sluit ʼn hele paar kerkleiers in. Wie op die kronkelpad van verraad loop, versink op een of ander tyd in die dryfsand van sy eie onverskilligheid!
Toe die winde van verandering begin waai, is onderwysers en teoloë in die nuwe evangelie van menseregte opgelei. Die volksvyand het beheer oor die media verkry en blankes aangemoedig om oor hul verlede skaam te voel en ʼn skuldige gewete te kweek. Ontspoorde kerke het laasgenoemdes bygestaan.
Die gevolg was dat volksverraaiers vanuit hul posisies in die akademiese en kerkkringe rassegelykheid as ʼn tipe van evangelie begin verkondig het al werk dit nêrens ter wêreld nie. Alle pogings misluk. Dis ʼn rookskerm waaragter booswigte gereeld skuil.
Om die Westerse beskawing op die Afrika-mens af te druk, het rampsalige gevolge. Dit veroorsaak onophoudelike, onverkwiklike sosiale en politieke probleme. In sy insiggewende boek Suicide of theWest noem James Burnham liberalisme tereg die “ideologie vir die selfmoord van die Westerse beskawing”.
Nie een van die swart ontwikkelingshulpprogramme of rassevermengingmaatreëls het iets met swart menseregte of die opheffing van agtergeblewenes te doen nie. Dis alles ontwerp om blanke gesag af te takel. En so word die een flater na die ander herhaal, maar telkens ’n ander uitslag verwag!
Hierdie fiasko het nie slegs blankes nie, maar ook swartes benadeel. In die proses om dit wat ongelyk is gelyk te probeer skaaf, het swartes hul rasse-vereenselwiging verloor. Hulle probeer die Westerse kultuur na-aap en val in die proses tussen twee stoele deur. En omdat hulle nêrens tuiskom nie, haat hulle blankes meer as ooit en is die gevoel wedersyds!
Wie rasseverskeidenheid minag, minag God se handewerk. Mense wat glo dat alle mense gelyk is, word gou ontnugter. Rasseverskille gaan nie oor velkleur nie, maar oor ʼn volstrek anderse genetika en lewensingesteldheid.Yster en klei meng nooit!
7. Geen versoeningmoontlik nie
Kunsmatige rasseversoening maak van werklike versoening ʼn klug. Dis altyd eenrigtingverkeer- van blank na nie-blank en nooit anders om nie. Rasse wat op verskillende golflengtes verkeer, kan nooit polities versoen nie. Mense is ongelyk. En al haat sommige mekaar daarvoor, bly dit die reine waarheid.
Geen wet kan ongelyke mense gelyk dwing nie. Die natuur wen altyd. Daarom behoort elke ras verstandig genoeg te wees om te weet dat hy nie beter as ʼn ander ras is nie, maar ook slim genoeg om te weet dat almal nie eenders is nie.
Gelykheid is ʼn slagspreuk wat uit pure afguns spruit. Minderes probeer dit altyd op meerderes afdwing en nooit andersom nie - van bo na onder. Rasse wat bo is, moet soos die wat onder is, word. Daarom word voorspoedige rasse gedurig gemelk asof hulle die oorsaak van ander rasse se agterstand is.
Rasbewustheid is nie sonde nie. Dit getuig eerder van ʼn hartstog vir die lewe. Niks gee ʼn volk soveel krag as die suiwerheid van sy bloed nie. Daarom behoort die reg tot afskeiding tot die wese van ʼn kultuur. Daarsonder verdwyn dit. Gevolglik is die erkenning van en eerbied vir veelvolkigheid die enigste oplossing op ʼn vasteland waar rasse-waardes ingrypend van mekaar verskil.
8. Leer uit die verlede
Ons kan baie lesse uit die geskiedenis van Afrika leer. Derdewêreld mense kan mekaar nie tot eerste wêreldstandaarde ophef nie. Elke paradys wat in Afrika van eienaar verwissel het, het ʼn eietydse hel geword en die nuutgevonde vryheid niks anders as chaos met nuwe beligting nie.
Apartheid is verwerp omdat dit nie aan die eise van ʼn skrikbewind voldoen het nie. Apartheid was ʼn eerlike soeke na reg en geregtigheid vir almal; parallelle ontwikkeling soos Verwoerd dit genoem het. Toe die boek van apartheid gesluit is, het dié van korrupsie oopgegaan en bewe die dwarslêers van die soustrein onder die gewig van politieke kaders se plundery van die staatskas!
Die huidige politici het al die eienskappe wat eerbare mense afstoot en niks om te bewonder nie. Nogtans sit hulle met verantwoordelikhede waarvoor hulle nie opgewasse is nie. Daarom is portefeuljeverskuiwings aan die orde van die dag.
Van al die hoë verwagtinge van die reënboognasie het niks verwerklik nie. In plaas van die verwagte vooruitgang het ʼn reënboog van booshede verrys. Eerbied en wet het nie meer aan dieselfde kant van die skeidslyn gestaan nie.
Elke staatsinstelling waaraan die ANC die hand geslaan het, is in die grond ingeploeg. Klein diewe is opgehang en grotes in hoë poste aangestel. Geen kuns is gouer aangeleer as om die staatskas te plunder nie. Dit het die pyplyn van voorspoed verstop en die land se ekonomie in rommelstatus omgekeer!
Wat ons volksverval so hartseer maak, is dat ons nie militêr verslaan en daarna onderwerp is nie. Ons is deur die enorme masjien van politieke en kerklike verraad verpletter. Dit gebeur as ʼn volk moeg word om vir eerbare dinge te stry.
Met hul buitensporige maatskaplike voordele vir luiaards en hoë belastings vir kundiges, het die ANC die broodmandjie van ons land eiehandig tot ’n bankrotplaas omgeskoffel. Desondanks word hierdie booswigte telkens as helde vereer. Hulle is aan vergrype skuldig waarvoor hul na reg eerder aan ʼn galg moes swaai. Desondanks word internasionaal geglo dat geregtigheid oor onreg geseëvier het.
9. Die waarde van geskiedenis
Moenie lesse uit die geskiedenis en duidelike Bybelse riglyne minag nie. God het toegelaat dat Retief en sy manne in onderhandelinge met heidene omkom. Daarna het Hy ons volk in die samehorige vergeldingstog van Pretorius en Celliers wonderbaarlik bymekaar gemaak. Dit moet weer gebeur.
Geloftedagviering is nie bloot ʼn goeie herinnering nie. Dit laat ons met twee heilige verpligtings. Eerstens om ons gebondenheid aan die Gelofte vandag te herbevestig en tweedens om ons nageslag deeglik daaroor in te lig.
Die geskiedenis is die gewete van ʼn volk. Dis soos om draad te span. As jy nie gereeld terugkyk na die pale wat reeds geplant is nie, kan die draad nie reguit gespan word nie. Ons kan nie vir die toekoms voorberei as ons nie na die verlede kyk nie. Die lewe moet terugwaarts verstaan word om vorentoe te kan beweeg. Daarom ry ʼn verantwoordelike mens altyd die toekoms binne deur gereeld in sy truspieël te kyk.
Die geskiedenis is die bewaarder van die groot dade van die verlede. Dis ook ʼn leermeester vir die hede en ʼn tydige waarskuwing vir die toekoms. Dit kan nie ongedaan gemaak word nie. Geskiedenis leer ons om foute nie te herhaal nie en nooit aan ʼn tou te begin trek as jy nie weet wat aan die einde daarvan is nie. En elke keer as die geskiedenis hom herhaal, gaan die prys op!
ʼn Geslag wat sy geskiedenis nie eer nie, het nie net geen verlede nie maar ook geen toekoms nie. Hou aan die beproefde dinge van die verlede vas. Dit was God se raad aan Juda in ʼn tyd van volksverval:“ Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel...” (Jer.6:16).
Geloftedag leer ons dat die menslike gees groter as fisiese krag en ʼn volk se geesteskrag waardevoller as sy rykdom is. Daar is niks met ons land verkeerd wat nie met dit wat daarin is, reggemaak kan word nie. Die vyand het niks van ons wegneem wat God nie vir ons kan teruggee nie. So lank as wat ons nie moed opgee nie, is niks verlore nie. Moed is die mag wat geskiedenis maak.
Die Trekkers het nie geweifel om ʼn onbekende toekoms aan ʼn bekende God toe te vertrou nie. Hierdie helde het met behulp van God die gang van die geskiedenis bepaal. As ons oor die oorsprong en betekenis van Geloftedag gaan swyg, mag daar dalk ʼn dag aanbreek dat ons vir ons nageslag om verskoning daarvoor sal moet vra!
Die stryd van ons voorsate by Bloedrivier is nie verby nie. Dit het slegs van voorkoms verander.Van die heldhaftigste dinge is deur mense vermag wat aangehou het toe daar skynbaar geen hoop was nie. Laat ons dus vir iets veg as om vir niks te leef nie.
Die geskiedenis getuig van mense wat weens hul geloof in God en volksliefde uitsonderlike instrumente in God se hand was. ʼn Volk wat vooruit wil gaan, moet aan die Bybel gehoorsaam wees. Dit het deur die eeue heen vir die vooruitgang van die beskawing gesorg. Waarom sal dit nie ook ʼn gids vir ons toekoms wees nie?
God sê vir Juda: “Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is” (Jes.51:1).
Slot
Laat ons hartstog vir die waarheid, reg en geregtigheid vir ons so belangrik wees, dat ons nooit die stryd om ons vryheid gewonne sal gee nie. Ons liefde vir ons volk is net te belangrik om dit aan die volksvyand se agenda oor te laat. Bid God dat Hy die lug in ons ontwrigte land so suiwer sal maak, dat booswigte nie verder daarin sal kan asem haal nie!
Totius het gesê dat as die Boerevolk in Afrika tot niet moet gaan, moet dit sy lot en nie sy skuld wees nie. Thomas Jefferson weer het gesê dat ʼn volk wat ongeërg teenoor sy toekoms is maar nogtans verwag om vry te bly, iets verwag wat nog nooit was nie en ook nooit sal wees nie.
Laat ons dus nie ongeërg wees en ons nageslag oningelig hou oor watter fees ons vandag vier nie. Laat die plooie op ons gesig hoogstens die graveerwerk van stryd maar nooit van onverskilligheid wees nie!