GEREGVERDIGDE WEERSTAND

VOLKSSTUDIES (1/5)

Lees reeks by Volksstudies

Ds. André van den Berg

5.1  ‘n Hegte volksband

Wanneer ‘n mens Israel besoek, kom jy onder die indruk van die Israelies se hegte volksband.  Ten spyte van hulle partypolitieke verskille staan hulle as volk saam.  Israel het alles feil vir sy mense en staan altyd gereed om sy volksgenote en grondgebied teen vyandelike aanvalle te verdedig.

Israel word dikwels genoodsaak om sy vyande fisies aan te durf.  Dit het aan hom 'n wêreldreputasie van ongenaakbaarheid teenoor vyande besorg.  Wanneer Israelies in terroriste-aanvalle omkom, word hul dood effektief gewreek deur baie meer van die vyand in die opvolgoperasie te laat omkom. Gevolglik dink die vyand tweemaal alvorens hulle Israel aandurf.

Israel laat hom nie deur kritiek op sy vergeldingsaanvalle van stryk bring nie.  Die stof wat buitelanders daaroor opskop, gaan lê baie gou.   Baie van die stofopskoppers is in werklikheid nie ernstig nie.  Hulle tree maar op soos wat van hulle regerings verwag word.   Feit bly staan dat buitelanders deeglik van Israel se onverskrokkenheid en doeltreffende slaankrag kennis neem.  Israel se wil om dit wat vir hom kosbaar is te beskerm en te behou, dwing by vriend en vyand eerbied af.

5.2  Wat doen ons?

Wat doen ons om dit wat vir ons kosbaar is te beskerm en te behou?   Booswigte wat van die ordelike reëls van ‘n beskaafde gemeenskap ontslae geraak het, vermoor of vermink ons volksgenote daagliks. Wat doen ons daaraan? Byna niks nie!  'n Paar jaar gelede het swart rowers 'n onskuldige burger van Joodse afkoms koelbloedig in Johannesburg doodgeskiet.  ‘n Familielid het gesorg dat dit groot opslae in die buitelandse pers gemaak het!

Ons volk sal hom baie vinnig uit sy selfopgelegde gevangeneskap moet bevry.  Geen prys sal te hoog durf wees nie.  Daarna sal ons 'n effektiewe taakmag op die been moet bring sodat ons, soos Israel, die sinnelose moorde op ons burgers kan wreek.  Daar is vir ons geen ander alternatief nie – slaan baie seerder terug!

5.3  Leer uit ons volksgeskiedenis

Ons volksgeskiedenis maak telkens melding van strafekspedisies wat booswigte gaan uitwis het.  Sulke optredes het rowers tweemaal laat dink alvorens hulle rooftogte uitgevoer het. Let egter daarop dat hierdie strafekspedisies altyd verdedigend van aard was.  Swartes het nooit met ‘n plaaslike blanke mag kennis gemaak wat hulle vrede bedreig het nie.  Die Boere se ferm optredes was altyd verdedigend of beveiligend van aard.

Daar is nie een aangetekende geval waar Boere aanvalle geloods het ten einde ander mense se vee of besittings te roof nie.  Na die slag van Bloedrivier het die Voortrekkers bv. nie op die Zoeloes se eiendom beslag gelê nie.  Sarel Cilliers en sy manskappe het eerder gesê: "Ons wil nie julle goed hê nie.  Laat net ons goed op ons plek met rus!”   Dingaan is na behore gestraf en geen wrok is verder teen die Zoeloe-volk gekoester nie.

In skerp teenstelling hiermee was Brittanje se dryfveer in Suid-Afrika imperialisme, kolonisering en 'n onbeskaamde roof van Boere-eiendom.  Selfs die Zoeloes het onder die Britse landrowery deurgeloop! Nadat die Britte die Zoeloes tydens die slag van Rorkes Drift verslaan het, is hulle van hulle grond beroof.

5.4  Tree nou op!

Dis tyd dat die Boerevolk sterk weerstand moet begin bied en onverbiddelik vanuit wettige verdedigingstrukture teen die magte wat hom wil vernietig begin optree.  Geen mooipraat, soebat of smeek sal swartes van gedagte laat verander nie. Hulle sal bly plunder.  Swart leiers kan maar allerhande mooibroodjies in die media bak; hulle sal nooit van hulle ingeslane weg afwyk nie.

Die Boerevolk sal deeglik moet besin en wegbeweeg van die valse toegeeflikheid teenoor alles en almal wat hom benadeel.  Ons durf nie langer opsy staan en toelaat dat bose magte onder ons amok maak nie.  Ons was lank genoeg té geduldig, té lydsaam en té verdraagsaam jeens plunderaars.

Die misdaadsituasie sal ingrypend verander indien ons begin terugslaan ter beskerming van ons eie.  Ons is dit immers aan ons volksgenote verskuldig.  Daar moet 'n einde aan die onverstoorde plundering van ons volk se kultuursimbole en kultuurerfenis gemaak word.  Ons sal nooit uit wraaklus optree nie, maar soos Israel dit wat vir ons kosbaar is, met woord en daad beskerm.