VOLKSSTUDIES (1)
Lees reeks by Volksstudies
Ds.André van den Berg
"Die Boerevolk is geen skurkevolk wat hom skaam omdat hy sy eie volksgenote voorop stel nie. Ander volke doen presies dieselfde."
1.1 ‘n Gawe van God
In Gen.25 lees ons hoe Esau sy eersgeboortereg verag en sy nageslag in onbeduidenheid laat verval het. God het lank voor ons geboorte bepaal dat ons aan ‘n spesifieke volk sou behoort. Derhalwe is volkskap kosbaar en mag ons nie ons erfenis versmaai nie - dis 'n gawe van God. Esau se nageslag het die gevolge van sy onverskilligheid gedra en 'n veragte volk geword wat gereeld goed op hul baadjie gekry het.
Verraderlike politici, ontspoorde kerke en ander volksvyandige instellings dring al jare lank daarop aan dat ons ons erfenis vir die verfoeilike lensiessop van internasionale erkenning verruil. Nee, ons sal eerder dit wat ons uit die hand van God ontvang het, bewaar omdat ons eendag ook daarvan rekenskap sal moet gee. Laat ons eerder soos koning Dawid van ouds in Ps.16:6 uitroep: "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi".
1.2 ‘n Eie volk
Daar word al vir baie jare oor ons volksnaam geredeneer. Hoe staan die blanke volk aan die suidpunt van Afrika bekend? Is ons Afrikaners, Boere-Afrikaners, Afrikaanses of wat? Die meeste mense reken dat ons Afrikaners is en hulle is deels reg. Anderskleuriges maak ook op dieselfde naam aanspraak.
Wie is ons dan? ONS IS BOERE. Nie in die sin van landbouers nie, maar 'n duidelik onderskeie volk vir wie selfbeskikking in eie kring onontbeerlik en derhalwe ononderhandelbaar is. Ons is slegs Afrikaners vir sover dit na die herkoms van ons vasteland verwys. Soos wat Belge, Duitsers en Franse almal Europeërs is omdat hulle die Europese vasteland bewoon, is almal wat die Afrikabodem bewoon, Afrikaners. Afrikaner is die Afrikaans vir die Engelse term African.
Is die anderskleurige van Afrika hetsy kleurling, Zoeloe of Hutu dan ‘n Afrikaner? Beslis! Hy
Die naam Boer is eie aan ons volksgeskiedenis. Die Britse grondrowers het na ons voorsate as the Boers verwys. Die
1.3 Die term Afrikaner
Die term Afrikaner is egter ook geskiedkundig. Die eerste keer dat dié benaming aangeteken is, was in die laat agtiende eeu toe 'n boer op 'n vraag van 'n landdros na sy herkoms geantwoord het dat hy 'n Afrikaner is. Hy het homself nie meer as 'n Nederlandse kolonis maar as 'n mens van Afrika gesien.
Die term Boere-Afrikaner wat dikwels gebruik word, is lomp. 'n Duitser verwys tog nie na homself as 'n Duitse Europeër nie. Hy is 'n Duitser en behoort tot die Duitse volk. Ons is Boere en behoort tot die Boerevolk! Die term Boere-Afrikaner erken dat daar ander Afrikaners is wat nie aan die Boerevolk behoort nie.
1.4 Besondere eienskappe
Ons Boerevolk word aan sekere eienskappe geken. Ons behoort bv. tot die blanke ras, ons praat Afrikaans en streef na ware nasionalisme. Daarbenewens hang ons hoofsaaklik die Calvinisties-Protestantse geloofslewe aan en is trots op ons volkskap en Christelike lewenswaardes.
Ongelukkig word ons volksywer dikwels as 'n minagting van ander volke gebrandmerk. Dis die gevolg van die liberaliste se verwronge siening dat alles wat tussen mense skeiding maak, uit die bose is. Nee, die Boerevolk is geen skurkevolk wat hom skaam omdat hy sy eie volksgenote voorop stel nie. Ander volke doen presies dieselfde. Ons strewe na selfbeskikking maak dat ons juis ander volke se nasionale strewes eerbiedig. En waar ons soms sukkel om ander volke te respekteer, is dit omdat hulle self weinig eerbied vir hul eie mense het.
Dis geen oortreding om deur jou eie volksgenote regeer te word nie, maar eerder selfbeskikking in eie kring. God het volkereverskeidenheid daargestel. Ons is eiesoortig en sien geen heil daarin om met anderssoortiges te vermeng nie. Ondervinding het ons geleer dat ons hoogstens naas maar nooit saam met ander volke
Die verraderlikes wat die Boerevolk by die noodlottige rassegelykheidsproefneming ingesleep het, het veroorsaak dat ons in 'n see van swart onredelikheid en skaamtelose vergelding beland het. Ons sal egter nooit ons selfbeskikking op die altaar van nasiebou opoffer nie. Nasiebou het nog nêrens ter wêreld geslaag nie, maar lande soos Joegoeslawië eerder in vlamme laat opgaan!
1.5 Ordelikheid
Die andersheid van die Boerevolk blyk verder uit die ordelike wyse waarop hy deurgans teenoor medevolksgenote optree. My volk
Volksvyandiges probeer die Boerevolk se optrede altyd verkleineer en verdag maak. Die ANC span hier die kroon. Solank as wat hierdie wetteloses die septer aan die suidpunt van Afrika gaan swaai, sal hulle onbeskaamde haatveldtog teen ons volk voortduur. Dis alles ‘n poging om die publiek se aandag van hul onvermoë om te
Die Boerevolk distansieer hom baie duidelik van die stakende gepeupel wat ons land en ekonomie telkens ontwrig. Gelukkig is my volk verstandelik ryklik bedeel en
1.6 Rasbewus
Alhoewel my volk nie rassehatig is nie, is ons baie rasbewus. Die Boerevolk gun elke volk die nodige lewensruimte waarbinne hulle hul eie kultuur
Die Boerevolk praat Afrikaans en is trots daarop.
1.7 Welvaart
Die Boerevolk is eerstewêreldmense met hoë lewensstandaarde. Al is ons min in getal, beywer ons ons vir ekonomiese welvaart. Ons is nie soos die derdewêreldlande oor hoë bevolkingsaanwasse begaan nie, maar probeer eerder om die genetiese gehalte van ons volksgenote te verhoog. Dit laat ons bo al die derdewêreldvolke wat getalle bo gehalte verkies, uitstyg. Hierdie volke moet gedurig by die internasionale gemeenskap om verligting van hul ellendebestaan aanklop.
My volk het vroeg besef dat hy nie beide gehalte en getalle kon hê nie en 'n keuse moes maak. Ons het die regte keuse gemaak. Ons verantwoordelikheidsin teenoor menselewens het ons nie toegelaat om ‘n getallebestaan bo ‘n gehaltebestaan te kies nie. ‘n Gehaltebestaan het nog nêrens ellende gebring nie.
SLOTOPMERKING
Die Boerevolk is nie 'n ontgogelde of vertwyfelde minderheidsgroep nie. Ons is 'n vrye, soewereine volk wat 'n belangrike rol in Afrika en die wêreld te speel het. Vir die internasionale gemeenskap wil ons sê: Moet nooit ons koppe soos elders in Afrika tel nie; weeg eerder ons breinkrag!