ONS STRYD IS BYBELS- REGVERDIGBAAR

“... Julle moenie bang wees vir hulle nie.; dink aan die grote en gedugte Here en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise” (Neh.4:14).

Ons mense is so verarm dat jongmense nie meer ’n huis kan bekos­tig of ’n gesin kan hê nie. Hoë rentekoerse en in groot mate die sinnelose inperking as gevolg van Covid-19 het veroorsaak dat mense hul huise, besighede en eiendom verloor het. Die toenemende teenwoordigheid van bedelende blankes op straathoeke is ‘n bykomende bevestiging van die verskriklike armoede vandag.

Ons leef vandag in volgehoue stryd om te oorleef. Met die ANC-regime wat elke blanke uit hierdie land wil sien, en hulle planne om daarin te slaag, wag daar vir ons ‘n nog feller stryd in afsienbare tyd.

In die stryd om ons volk se selfbehoud, selfvertroue en selfverwesenliking, is die grens tussen die politieke en die militêre stryd baie smal. Dikwels is dit so fyn getrek dat ʼn mens nie eens die grens kan onderskei nie. Genadiglik is daar in die Afrikanervolk nog ‘n groep wat met geesdrif sy waardes en besittings wil beskerm, wat met oortuiging die wapen sal opneem om te veg vir wat hy het. 

Diegene wat trou is aan hulself sal nie deur vrees vir wapens of deur die wapen self vernietig word nie. Die geskiedenis van die Transvaalse Republiek het ons geleer dat daardie geleentheid wat die vyand jou bied om met die wapen te betuig dat jy bereid is om te sterf vir wat jy het en wat jy is, ‘n inspirerende en verheffende uitwerking op ‘n volk het. Net soos wat toegee en onderwerping aan jou vyand ‘n neerdrukkende uitwerking op ‘n volk het en ‘n volk afdruk na ‘n laer morele peil, net so verhef die uitdaging tot stryd en die aanvaarding van die stryd ‘n volk tot ‘n hoër morele vlak.

As gelowige volk verkies ons egter vrede en sal baie van ons moeilik die wapen opneem maar geen mens kan op dieselfde grondgebied met ongelowiges leef wat hom onderdruk en wil doodmaak nie. Vrede word slegs deur wedersydse begrip en eerbied vir mekaar se andersheid verkry en ʼn eie grondgebied daarby is ononderhandelbaar. Enige ander soort vrede is ʼn misleidingsfase tussen twee eras van stryd, presies waar ons vandag in ons eie land staan. Die blindes en liberales kan maar glo die nuwe reënboognasie leef nou in vrede maar vrede kan nie afgedwing word nie. Dis ʼn proses wat deur regte besluite tot stand kom en deur onderlinge begrip onderhou word. Ons beleef tans valse vrede wat die stryd slegs verbloem totdat dit onvermydelik sal oorgaan in ‘n militêre stryd, ‘n stryd wat nie meer ver in die toekoms nie, op ons wag.

Is ons in staat vir daardie fase van stryd? Daar is min volke in die wêreld wat die bestanddele van die Afrikanervolk het. Die mense uit wie die Afrikanervolk tot stand gekom het, het ‘n volk geskep wat van die hoogste intellektuele en morele krag is.Ons inherente nasionalisme roep ons dus op om met geesteskrag, wilskrag, die besef van ons geroepenheid en met geloof aan die reg van ons saak, die stryd voort te sit, ook militêr. Want ons stryd is Bybelsregverdigbaar:  as verdrukte en veronregte volk is dit ons Christelike plig om ons Godgegewe erflating weer terug te neem sodat dit bewaar kan bly vir ons nageslag. Hierdie land is bloedloos van ons afgeneem maar dit sal nie bloedloos teruggeneem word nie. As die voortbestaan van hierdie blanke beskawing egter nie werd is om voor te veg en te sterf nie, dan sal geen vrede ons kan red nie want daar is ʼn vrede wat die dood is en daar is ʼn oorlog wat die lewe is.

ʼn Volk wat in vrede wil leef, moet altyd vir oorlog gereed wees. Laat ons dan gereed staan vir wanneer die tyd daarvoor aanbreek sodat ons dapper en sonder vrees in die Naam van ons Here Jesus Christus sal doen wat ons moet doen. “... Julle moenie bang wees vir hulle nie.; dink aan die grote en gedugte Here en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise” (Neh.4:14).  En ook vir ons nageslag!