NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ek moes eers alles van my nietigheid leer ken voor ek die grootheid van my Skepper kon begryp.

ARIESE SEKSUELE ETIEK

Geskryf deur Leon Hart

Geredigeer deur Mike du Toit

Die Ariese Missiestelling

Daar is maar net een leerstelling: Volk en Vaderland. Waarvoor ons moet veg, is die voortbestaan en vermeerdering van ons ras en ons volk, die reinhouding van ons bloed en die vryheid en onafhanklikheid van ons vaderland, sodanig so dat die roeping deur die Skepper van die Heelal aan ons volk opgedra, tot vervulling kan bring.

Elke gedagte en elke idee, elke leerstelling en alle kennis moet hierdie doel dien. Vanuit hierdie gesigspunt moet alles ondersoek word en aan die hand van sy doelmatigheid aangewend of verwerp word. Geen teorie mag tot ‘n dodelike leer verstar nie, aangesien alles maar net die Lewe moet dien.

Kort vorm van die Ariese Missiestelling

Ons moet die voortbestaan van ons ras en ‘n toekoms vir Wit kinders verseker.

A Die Ariese Vrou

1 Die geboorte van die dogter

Die Lewe Self begin klein.

By die totstandkoming van 'n nuwe vrou, begin haar bestaan by die samevoeging van die lewenskragte van twee soortgelyke mense uit die selfde ras, gebind deur 'n wedersydse liefde vir mekaar. Die suiwer produk van die vereniging van harmonieuse geeste en sinne is die engelagtige babadogter. Die vreugde van die nuwe lewe vervul die ouerpaar met 'n gewaarwording van prestasie.

Kyk volgende keer na die oë van 'n klein dogtertjie. Daar is nog geen valsheid of verderf te bespeur nie. In die oë van die jong lewe word 'n stukkie hemel weerspieël.

2 Die jong meisie

In die vroeë, delikate stadiums van haar lewe, is die dogter kinderlik sorgeloos. Sy leer speel-speel kennis maak met die wye verskeidenheid fasette van die lewe. Haar klokkielag, vrolik en teer, is rein en kosbaar. Dis hier waar sy die raamwerk van haar waardestelsel bepaal, hier waar die ouers die meeste waarde kan hê of die meeste skade kan aanrig.

Hier begin die meisie die ses gawes van die begeerlike vrou ontwikkel: skoonheid, 'n mooi stem, soete spraak, handvaardigheid, wysheid en welwillendheid.

Hoe kan enige regsinnige so 'n brose wese wil seermaak of vernietig?

3 Die ontluikende dame

Stadigaan berei die Natuur die jong vrou voor vir haar uiteindelike lewenstaak – die skepping van lewe.

Die ontluikende vrou het 'n uiters belangrike rol in die volksgemeenskap en moet hulself voorberei op die dag wanneer hulle die vrouens van die mans word en die moeders van die nuwe geslag. Want die mans wat die toekoms moet vorm, het 'n behoefte aan vrouens wat in diepgesetelde geloof en met 'n dapper gees bereid sal wees om elke terugslag en elke offer met hul mans te deel. Die vrou is die medevegter en raadgewer van die man, nie bloot sy ornament, of minnares, of kok of huishoudster nie.

In die jaar 98 GE skryf Tacitus oor die Germaanse vrou:

"Die bruidskat word deur die man aan die vrou geskenk, nie deur die vrou aan die man nie. Ouers en familielede woon die huwelik by en verleen goedkeuring aan die geskenke - nie geskenke om die jong bruid mee te vermaak nie of om haar spoggerig mee op te tooi nie, maar osse, 'n perd en toom, of 'n skild, spies en swaard. In oorweging van sulke geskenke bekom 'n man sy vrou, en op haar beurt skenk sy aan die man ook 'n wapen. Hierdie uitruiling beeld die mees heilige eenheidsband uit, geheilig deur die mistieke rituele en geseën deur die gode van die seisoen. Die vrou moet nie dink dat sy die manlike deugde nie hoef na te jaag nie, of dat sy vrygestel word van krygsgevare nie. Juis die seremonie waarmee haar huwelik uit die staanspoor geseën word, herinner haar daaraan dat sy die woning van haar man betree met die bedoeling dat sy deelgenoot van sy arbeid en gevare word, dat sy in vrede en oorlog die man se terugslae en avonture moet deel. Dit is die betekenis van die pan osse, die getoomde perd gereed vir die ruiter, en die wedersydse uitruiling van wapentuig. Ingevolge hierdie voorwaardes moet sy haar lewe leef en haar kinders baar. Sy ontvang iets wat sy ongeskonde en ongeminag aan haar kinders moet oorhandig".

4 Die vrou

Daar bestaan 'n wêreld van die man en daar bestaan 'n wêreld van die vrou. Die Natuur het verorden dat die man die bewaker van die gesin en die beskermer van die gemeenskap moet wees. Soos wat die Natuur deur polariteite werk, so werk dit ook op die menslike vlak – die manlike en die vroulike. Die huweliksmaats verskil nie in waarde nie, slegs in natuurlike take. Geeneen van die twee werk vir homself of haarself alleen nie – hulle deel die opdrag om die huwelik te laat slaag.

Die welsaamgestelde vrou het drie basiese behoeftes:

- 'n ware man;

- sekuriteit; en

- kinders.

Tesame vorm die man en vrou 'n geheel waarbinne die volk leef en voorspoed ervaar. Die vrou word nooit die eiendom van die man nie; 'n heilige deel van haarself behou sy vir haarself en sodoende behou sy die respek van haar man.

5 Die moeder

Die eg is die heilige vesting van die lewe self en het ten doel die skepping van die volgende, verbeterde geslag. Kinders verander 'n huwelik in 'n gesin.

Bowenal word die moeder vereer – dit is beter om 'n moeder van gesonde Ariese babas te wees as 'n slim beroepsvrou. Die kring word voltooi – die babadogter van een geslag vroeër skenk die lewe aan die volgende geslag. Elke enkele gesonde geboorte van 'n Ariese baba is 'n gewonne veldslag deur die Ariese vrou vir die Wit Ras.

Omdat rasidentiteit nie net 'n funksie van organiese suiwerheid is nie, maar ook van die bewussyn aangaande organiese suiwerheid, gekoppel aan 'n regeneratiewe waardestelsel, word dit by uitstek die moeder se rasplig om persoonlikheid in die nuweling te skep. Die vrou se gees is uitmuntend daarvoor toegerus om persoonlikheid te skep – waar die man die instrument in diens van die artikulasie van 'n kultuur is en na buite skep, so skep die vrou die geestelike, die innerlike krag wat die Kultuuridee voortdra. Daarom dan word die vrou vereer as die bestendiger van die Syn. Om hierdie rasplig te negeer is hoogverraad teen die Ras en kultuursiel.

Die Ariese Vrou bewaar die suiwerheid van haar bloed, die bloed wat die setel van haar rasse-instink en haar innerlike kragte is, die waarborg van Ariese kultuur.

6 Die grootmoeder

Die grootmoeder is die uiteindelike bewaarplaas van lewenswysheid. Sy het die Lewe ervaar en beskik oor die tyd om die wyshede en intimiteite van vrouwees aan die kinders en kleinkinders oor te dra.

Haar taak as moniteerder is om die kulturele oordrag van waardes en ideale met die gesag van ervaring na haar familie deur te gee. Slegs so sal sy haar eie organiese dood met volle berusting kan binnegaan, en trots wees tot op die laaste.

Met haar eindig die Lewe Self groots.

B Die Ariese Man

1 Die man as kultuurskepper

Soos wat die menslike rasse ingevolge die kosmiese wet van rangorde na waarde geskat en hiërargies gerangskik kan word, kan dieselfde beginsel van inherente waarde verleng word tot die individu. Ook individue kan na waarde geskat en hiërargies binne die gemeenskap gerangskik word deur die waarde van persoonlikheid te erken.

Die mees sinvolle gemeenskapsbestaan is een wat rasgewys homogeen is – die bewussyn van die enkeling omtrent sy ras en rasgenote ontketen 'n aanvoeling vir rasplig.

Die strewe na die eksterne skepping van kulture en beskawings word gemanifesteer in die man. Soos wat die vrou na binne skep, die geestelike, innerlike krag wat die Kultuuridee in  haarself en in die volgende geslag voortdra, so skep die man na buite – die instrument in diens van die artikulasie van 'n kultuur. Geen man kan met die vrou op haar gebied van lewe-skepping meeding nie – hy is beter daartoe af om sy energie en talente in die skepping van kultuur en beskawing aan te wend.

Die primêre vereiste van 'n kultuurskepper is karakter, 'n persoonlikheid met integriteit en 'n intense bewussyn van die belang van rassesuiwerheid. 'n Waardevolle individu is een met 'n seker tred, 'n organies-geïntegreerde persoonlikheid wie se waardestelsel bo alle twyfel eerbaar is. " 'n Man uit een stuk" – so 'n persoon vra nie meer om raad nie – hy word om wysheid geraadpleeg. Derhalwe dan 'n "organies geïntegreerde persoonlikheid" as ideale kultuurmens.

2 Die Groot Trek na kulturele en organiese volwassenheid vereis harde arbeid.

Die magtigste strome van ontdekkings, ekspedisies, navorsing, uitvindings, skepping en regering het gevloei uit die manne van Persië, Griekeland, Rome, Duitsland, Noord-Italië, Wiking-Ierland, Skotland, Engeland, die Nederlande en Skandinawië – almal Ariese hartlande.

Byna alle beduidende kulture het ontspring vanuit die arbeidsaamheid van hierdie manne en hul skeppingsvermoë. Die Westerse kultuur is beslis hul skepping. Dit is derhalwe gepas om enkele eienskappe van hierdie energieke manne van ons eie ras in oënskou te neem.

Dit is nie moontlik om in so 'n kort artikel die wye spektrum van manlike bedrywighede volledig te ondersoek nie. Vervolgens enkele van die belangrikste punte:

3 Die opperwaarde van die man

Die kardinale waarde van Ras en rasegtheid vir beide die man en die vrou kan nie oorbeklemtoon word nie, want die gehalte van ons totale gesamentlike Syn is streng afhanklik daarvan.

Die ras was, is en bly die bron van alle vermoë om te skep. Vernietig stede, industrieë en lande, en alles kan weer opnuut herbou word, beter as tevore. Maar vernietig die ras, en die vermoë om te skep en te herskep word onherroeplik vernietig. En dit sal dalk weer 'n miljoen of wat geslagte se pynlike evolusie verg om weer 'n ras voort te bring wat die donker aardbol sal kan tem.

Die man benodig beginsels waarvolgens hy kan skep, en waardes wat as riglyne vir sy skeppingsenergie kan dien.

4 Die opperwaarde van die man is sy eer

Eer is eenmalig. Die edelman weet dat dit nie moontlik is om verlore eer te herwin nie, want daar is geen "vergifnis van sonde" nie. Dit is in wese 'n vreemde, oosterse begrip dat 'n man sy eer deur berou kan herstel. Jy is wat jy is, en wat jy gedoen het, het jy gedoen – verskonings vir minderwaardige gedrag van watter aard ookal is vir die edelman bloot onaanvaarbaar.

"Met 'n vriend moet 'n man vriendelik wees

en met diegene wie sy vriend is;

Maar nooit moet 'n man 'n vriend maak

van 'n vyand van sy vriend nie".

(Havamal 33)

5 Selfstandigheid

Die eerste vereiste vir die volwassenheid van die man is die innige besef dat hy selfstandig moet wees. Hy moet afstand doen van sy afhanklikheid van ander mense, en leer dat andere nie te naby aan hom moet wees nie. Hy is op die ou einde alleen op aarde en moet so sy lewe lei.

Op treffende wyse beeld Siegfried dit uit in die Edda, toe hy gevra word wie se kind hy is en uit watter sterflike stam:

" 'Wonderdier' heet ek; ek is op reis,

ongelyk aan die orige mense.

Sonder moeder en sonder vader,

eensaam slegs ek met myself".

(Fafnismal 3)

Hy is op reis na sy eie volwassenheid in onverskrokke berusting en aanvaarding van sy lot en die noodlot.

6 Ander ondersteunende eienskappe

Onder ander ondersteunende eienskappe van die waaragtige man, die edelman, tel die volgende:

- 'n langtermyn mentaliteit met 'n lewensvisoen waarvoor hy alles feil het;

- strenge hoogdissipline en selfbeheersing;

- 'n dominante, koördinerende wil;

- onuitputlike aspirasie tot selfverbetering en onwrikbare vasberadenheid gerig op die behaling van 'n doelwit;

- 'n kapasiteit vir grenslose lojaliteit en toewyding;

- integriteit; en

- eksklusiwiteit met hoogs diskriminerende waardes en standaarde.

Hierdie eienskappe vorm die man sodat hy styl kan ontwikkel, een van die mees ontwykende eienskapppe van die mens. Goeie styl is haas onbeskryfbaar, maar die afwesigheid daarvan in 'n laer-orde man is duidelik vir enige waarnemer.

Die selfwaarderende man staan onder verpligting teenoor sy eweknieë en minderes om sy eer in stand te hou en as onwrikbare vertolker van daardie kultuurwaardes waarin hy glo, op te tree. Want is die man dan nie bewus van die hoër geestelike orde waarvan hy 'n verteenwoordiger in hierdie lewe is nie?

7 Die krygersetiek

Onder die eienskappe wat vandag in die man se opvoeding ontbreek, is wil, durf, selfdissipline en die trots van krygersetiek.

Die wil van die man is sy vreugde, en dit beteken vir hom die krag om te handel volgens sy oortuiging. Waar swakheid en lafhartigheid hom sou verhinder om sy plig te verrig, daar sal sy wil hom in staat stel om te handel.

Waar 'n wil is, is 'n weg. Die wil beveel – en die wil sal gehoorsaam word, of deur die enkeling as individu, of deur die groep wat die wil van die leier gehoorsaam.

Durf – daardie een eienskap wat van 'n man 'n man maak. Om alles waarin hy glo, alles waarvoor hy gewerk het, alles wat hy is, op die spel te plaas in 'n enkele handeling ter wille van sy eer. En met die wete dat hy alles kan verloor, ook die enigste Lewe self. Daarom is durf tydens die aanval manjefiek in sy oorweldiging. Dit is die faktor wat die uitkoms van die stryd beslis, en die Krygsgode seën die draer daarvan.

Wilde en half-wilde mense het bloot durf, maar die edelman beskik oor selfdissipline – die vermoë om die insig te openbaar dat ordening in sy lewe nodig is en om regstellende stappe ooreenkomstig te neem.

Elke breuk in selfdissipline is 'n verdere stap in die afbraakproses van die organies geïntegreerde persoonlikheid. Want in sy diepste wese is selfdissipline 'n spirituele eienskap – dit borrel vanuit die edelman se diepste wese en is die voorvereiste van wet en orde.

In hierdie verband kan die oeroue Ariese konsep van eiendom genoem word. Eiendom word as uiters privaat beskou en wanneer iets nie aan een iemand behoort nie, dan behoort dit wel aan iemand anders. Om dit te neem, te steel, is 'n breuk in selfdissipline wat sy eer aantas en hy word as 'n dief gebrandmerk. En die woord "dief" is 'n taai woord wat lewenslank aan hom sal kleef om sy eerloosheid mee aan te dui.

Die lafaard en laer-orde man beskik nie oor ysere self-dissipline nie; daarom sal hy die bron van mislukking in 'n gemeenskapsoefening wees. So 'n swak man sal die rugsteker wees.

Beskerming van die gemeenskap en die leiding van die gemeenskap is onafskeidbare funksies en hierdie rolle kom die man toe, ingevolge die organiese rolverdeling van die geslagte.

Die kryger kan fisies optree en met vlammende swaard of bulderende roer in die hand sy eer en dierbares beskerm Die kryger kan egter ook die onwrikbare kryger van die gedagtewêreld wees. Sy bereidwilligheid om sy eie te verdedig moet ook op die konseptuele vlak uitgelewe word. Lafhartigheid op die gedagtevlak is net so eerloos as wat lafhartigheid op die slagveld is. 

Die Ariër het dalk dikwels in sy verlede geglo dat alle magte op aarde teen hom ingespan word, maar hy het nog altyd uitdagend teruggeveg teen al die magte in, in die trotse tradisie van die Ariese krygsetiek. Beter om soos 'n leeu te sterf, as om soos 'n pakesel te bly leef. Dit is hierdie geloof in sy eie krygsvermoë wat gesorg het vir die beste krygers wat ooit die aardbol betree het - die Hellene by Thermopylae, die vroeë Romeinse Legioene, Hermann se Germane by Teutoburg, die Wikings, die Switserse boogskutters, die Boeremagte, die Britse Empiriste in die 19e eeu en die heel bestes ooit, die multi-nasionale Waffen-SS, 'n moderne volksleër uit Europa.

Geen kryger kan sege oes as hy nie deur 'n ideaal gedryf word nie, 'n ideaal wat aanspraak op sy totale wese maak.

Herebloed vloei in die are van die edelman. Hy beskik oor 'n sensitiewe aanvoeling en is gevolglik ridderlik teenoor die vrou en sy minderes. Sonder om te verval in die oorsensitiwiteit van die hiperbeskaafdes, kan die man simpatie toon. Wanneer 'n man sy hand uitreik na iemand wat werklik hulp nodig het, is dit in 'n gees van wedersydse eerbaarheid en daar is geen sweem van altruïstiese dweepwelsyn om sy ridderlikheid mee te devalueer nie. Goeie maniere bly goeie maniere.

Die organiese leiers van die toekoms moet Manne van Staal en Goud wees – of 'n man behoort aan diesulkes deur sy self-verworwe graad van self-integrasie, of hy sal uitgesluit wees as gevolg van sy eie laksheid.

8 Die religie van die man

Selfs die skepping van regeneratiewe religieë is die taak van die man – om toe te sien dat die godsdiens wat sy medemens aanhang nie bloot bygeloof is nie en dat dit nie sy wesenlike rasbestaan bedreig nie.

Die funksie van die religie is om te poog om die nenslike bestaan te verklaar – om die vraag "Waarom is ek hier?" te probeer beantwoord.

Volgens Meister Eckart (1260-1327) kan die man se wese op vyf vlakke van stygende kompleksiteit begryp word:

- die dierlike (sensasie en spysvertering);

- die laer intellektuele (begeerte en passie);

- die hoër intellektuele (bepeinsing);

- die suiwer denkende (begrip van idees/konsepte as absolute waarhede); en

- die mistiese (intuïtiewe belewing van die inwonende goddelike).

Dit is uit hierdie vyfde, mistiese vlak waarvandaan die godbegrip en godgeloof van die man spruit. Hoogs persoonlike en private ervarings op hierdie vlak word mettertyd in woorde beskryf en vorm die kerne van die religieuse skeppings van die man.

Die diepste religieuse gevoelens wat Ariese adrenalien laat vloei, word ontketen deur die voorbeelde van eer soos in die sagas van gode en helde aangetref word. Die grootste angs vir die mens om te trotseer, is die disintegrasie van die verstand deur kranksinnigheid of dood. 

Uit die Edda kom die edelman se antwoord op hierdie angs:

"Besittings word vernietig,

familielede sterf,

uiteindelik sterf mens self,

maar een ding kan nooit vernietig word nie,

die eer wat 'n man verwerf het".

(Havamal 60)

Deur eervol te leef, verwerf die man 'n goeie naam, sy enigste naam wat sy nagedagtenis moet onderhou.

9 Die man se metgesel

Maar nadat dit alles bespreek is, is die waaragtige man, die edelman, steeds op soek na die waaragtige vrou, die edelvrou. Die vrou van eer, die vrou om wie se hand dit die moeite werd is om te veg, om vir haar te werk, om vir haar beskawings te bou, om haar te beskerm en om saam met haar die Toekoms binne te gaan deur die nageslag wat sy kan skep.

Want sonder die vrou kan die man geen sinvolle en geneties beduidende lewe hê nie. Alleen sterf hy eensaam.

10 Die oppertaak, funksie en doel van die Ariese man

Die basiese funksie en doel van die Noord-Europese man, die fundamentele rede vir sy wese, is om sy ras te beskerm en in die besonder die vrouens en kinders van sy eie ras. Dit is vanuit hierdie rol as rasse-skildwag dat hy sy verder rol as rasse-leier ontleen.

Daardie manne in wie hierdie innerlike en natuurlike beskermingsdrang ontbreek (hetsy deur dit te verloor het, daarvan beroof is of nooit daaroor beskik het nie), is evolusionêr ongesond en defektief, nie in staat om hul noodsaaklike rasse-rol uit te oefen en doel na te streef nie. ‘n Man in wie hierdie eienskap ontbreek, al sou hy die liggaamsbou van ‘n Hercules hê met ‘n gepaardgaande humeur, is ‘n organiese eunug wat die Natuur en die evolusionêre prosesse betref – sielkundig ontman en gekastreer. Mislukking om krag en dapperheid te gebruik vir die doel waarvoor hulle bestem is, is niks beter as die afwesigheid van beide nie.

Ons probleme ontspring nie uit ‘n tekort aan fisiese krag nie, maar uit ‘n misleide en selfvernietigende moraliteit, die altruïsties-egalitariese morele kode wat poog om die wil en gees van ons Ariese manne lam te lê, om hulle sodoende ongesond, oneffektief, sielkundig en moreel ontwapen te kry, tot groot nadeel van diegene wat hulle moes beskerm het. Diegene wat teen hierdie dikwels suksesvolle verlammingspogings waarsku, word verkleineer en bespot. Maar ons Ariese vrouens en kinders het ons Ariese manne se beskerming nou nodig, meer as ooit in ons ganse geskiedenis. 

Dit is uiteindelik die oppertaak van die man om te sorg dat die mens triomfantlik Valhalla sal betree. Dit is die enigste gepaste doelwit vir die mens en sy millennia-lange worstelstryd na sinvolheid.

C Dit wat onaanvaarbaar is en vermy moet word

Rasvermenging

Dit is 'n relatief eenvoudige saak om aan te toon dat agter die ontwikkeling van alle religieuse, morele en kunssinnige waardes 'n rasgekondisioneerde bevolking staan; en dat deur rasvermenging al hierdie waardes vir ewig vernietig word. Terselfdertyd verskrompel die individualiteit van die volkere in rassechaos en verlaag dit tot 'n onkreatiewe massa, of die rasvermengdes word die nuwe oes koolkop-slawe op beide die materiële en intellektuele vlakke onderworpe aan 'n ander, meer kragtige ras.

Benewens die wêreldwye kontraste tussen rasse en ras-siele bestaan daar 'n verdere polarisasie binne die geledere van volkere: die manlike en die vroulike. Soos wat 'n soortbewuste volk se diepste rasse- en sprirituele eienskappe na buite in houdings en waardestrukture verwesenlik word, so gee die Natuur uiting aan die skeppingsdrang deur die polariteit tussen die manlike en die vroulike. Hierdie polariteit veroorsaak organiese spanning van skepping tussen man en vrou, die voorvereiste vir alle skepping. Toegerus met hierdie fundamentele insig is dit moontlik om te begryp dat 'n vermindering in die polarisasie noodwendig tot 'n vermindering in skeppingsvermoë sal lei. Seksuele kollektivisme, waar sogenaamde "vrye liefde" die gemeenskapsbesit van almal is, moet lei tot die verrotting van die gemeenskap. En tesame met die verrotting kom die verslapping van seksuele eksklusiwiteit op rassegebied – die rasvermengde geslag, sonder dat hulle ooit 'n keuse gehad het, is van meet af aan bederf.

Die ouers van 'n rasvermengde kind kan geen begrip van trots hê nie; hulle eie millennia-oue identiteit word meteens onherroeplik vernietig in die sout-en-peper nageslag. Hulle het die Ewige Dood gesterf, want van hulle fynontwikkelde genetiese materiaal het hulle 'n mengelslaai gemaak. Sulke mense het hulle intiemste Poort na die Ewige Lewe opsetlik besoedel en behoort deur elke rasbewuste Ariër instinktief verwerp te word. Van hierdie "oppersonde" teen die Ras, teen die Natuur, teen die Lewe is daar geen "vergifnis" nie. Dit sal altyd onverskoonbaar en onaanvaarbaar wees en bly.

Hou rein jou bloed,

dit is nie net joune nie,

Dit kom van ver, dit vloei ver heen.

Dit is met duisende voorvaders swaar,

en die hele toekoms vloei daarin.

Hou rein die kleed

van jou onsterflikheid.

Feminisme

Daar bestaan vroue wat nie waaragtig vrou wil wees nie. 

Sekerlik die mees verwoestende pseudo-ideologie wat die vrouedom teister, is die verdooldheid van die sogenaamde "feminisme", met epidemiese afmetings veral onder die vroulike intellektueles. Die naam ten spyt, hierdie gedagterigting is alles behalwe vroulik. Met 'n anti-Natuur slagspreuk soos "Geen vrou met selfrespek sal haarself in 'n wettige huwelik begewe nie", het hierdie valse vryheidsdogma draketande gesaai. Die feministe beskou derhalwe die huwelik as "gewettigde prostitusie". Dit het die eienskappe van die vrou vermurwe totdat die vrou nie meer vrou is nie en nog steeds is sy nie 'n man nie.

As gevolg van hierdie giftige pseudo-ideologie wil die feministiese vrou die man na-aap. Al wat sy regkry, is die aap gedeelte, want deur die verloëning van haar eie vrouwees, verloor sy die sekerheid en gesag van haar vroulike instinkte. Die man wat smag na 'n ware vrou word koudgelaat hierdeur.

In sy diepste wese is die feminisme 'n patologiese toestand, nie een wat werklik sogenaamde "gelyke regte" nastreef nie, maar 'n jaloerse lewenshouding wat parasities teer op die kragte van die manlike – al die voordele en voorregte van die man se wêreld, maar sonder die diensvaardigheid van die vrou se wêreld.

Onthouding en promiskuïteit

Seksuele gedrag vorm een van die mees private en intiemste menslike ervarings wat bestaan. Soos vuur kan dit positief of negatief aangewend word.

Positiewe aanwending lei tot die versterking van die getalle van die gesin, familie, sibbe, volk en ras.

Daar is twee vorme van seksuele gedrag wat lei tot selfvernietiging:

- onthouding; en

- promiskuïteit.

Beide gedragspatrone beskik oor die eienskap dat hulle anti-self en anti-ego is en 'n morele vakuum, sonder idealisme, romantiek of etiese inhoud is.

Onthouding van geslagsgemeenskap is dieselfde as die verwerping van biologiese reproduksie. Die beoefenaar se bloedlyn hou onherroeplik op om te bestaan, asof hyself nooit bestaan het nie – sy bydrae tot die gemeenskapsontwikkeling is zero. Al sy voortreflikhede word beperk tot sy eie lewensspan en hy veroordeel sy potensiële nageslag tot genetiese uitsterwing en tot nie-bestaan.

Promiskuïteit vereis die algehele afwesigheid van eksklusiwiteit en kieskeurigheid wanneer seksgenote ter sprake kom. Dit is een van die mees effektiewe maniere om 'n man se selfbeeld mee te ondermyn. Omdat die besef van individualiteit 'n kosbare gewaarwording is, is dit broos en beskadig dit maklik. Die openbaring van die man se allerdiepste wese vind plaas tydens geslagsgemeenskap en hierdie privaatheid behoort as heilig beskou te word – dit behoort nie informeel rondgestrooi te word nie. (In hierdie verband is dit insiggewend om daarop te let dat slagoffers van verkragting redelik ernstige sielkundige letsels opdoen –  omdat hul eie liggame se privaatheid geskend is. Dit is vir die edel mens 'n veel groter verlies om eienaarskap oor sy eie liggaam te verloor, om brutaal geïgnoreer te word as die eienaar van sy eie liggaam en gees, as die fisiologiese skade wat tydens verkragting opgedoen word. Daarom verdien verkragters die doodstraf.)

Promiskuïteit, die tydelike bevrediging van chaotiese impulse, begeertes en drifte, is in wese die verkragting van die gees.

Morele en seksuele dekadensie

Die huidige morele en seksuele dekadensie kan waargeneem word in die frekwensievlakke van:

- kindermishandeling;

- verkragting (onbekend onder die ou Wes-Europeërs);

- promiskuïteit;

- egskeidings (kan slegs bestaan waar die konsep van 'n huwelik bestaan);

- buite-egtelikheid (kan ook slegs bestaan waar die konsep van 'n huwelik bestaan);

- homoseksualiteit; en

- rasvermeniging (altyd ten koste van die Ariër – die ander rasse het niks om te verloor nie).

Die effek van hierdie noodlottige morele en etiese siektes is die ontstellende daling in die Ariese geboortetempo. Ariërs is besig om hulself wêreldwyd te vernietig – of vanweë rasvermenging of deur geen of te min kinders te hê. Die verminderde groepie Ariese kinders wat elke jaar gebore word, sal binne een geslag 'n numeriese oormag van vreemdes moet trotseer.

D Dit wat waardevol is en te alle tye bevorder moet word

Seksuele idealisme

Gelyksoortiges hoort saam. Veredel en verstewig die goeie eienskappe deur 'n oordeelkundige keuse van lewensmaat.

Hier betree 'n mens die terrein van seksuele idealisme – die etiek van geslagsgemeenskap.

Wanneer die mees basiese en kragtigste organiese dryfveer ondersoek word, gaan dit om die voortplantingdrang, waargeneem dwarsdeur die Natuur.

Die mens, man sowel as vrou, is eenhonderd persent deelagtig aan die organiese wêreld, onderworpe aan dieselfde onverbiddelike Natuurwette van lewe en dood as enige ander organisme.

In die laer lewensordes word die voortplanting van die soort volgens sy aard instinktief bepaal, redeloos en outomaties.

By die mens is die rede en die emosie komponente van die seksuele etiek wat ingespan word om 'n moraliteit te definieër. Hierdie moraliteit trag om die voortplanting van die soort te rig na uitnemendheid.

Die mees diepsinnige area van moraliteit, so delikaat en so diepgewortel in die psige, wentel rondom die mees fundamentele bestaansdrang - die voortplantingsdrang. Die funksie van moraliteit is om die Lewe Self te dien deur voortplanting uit die seksuele chaos van onoordeelkundige paring wat tot organiese degenerasie lei, en om voortplanting te verhef tot die reinste daad organies moontlik – die skepping van nuwe lewe, beter as die vorige geslag.

Die Ariër se voortplantingsinstellings was nog altyd as volg:

- die twee geslagte se onderskeie rolle;

- die twee geslagte se onderskeie funksies;

- die familiestruktuur (wat bloed-dissipline uitoefen);

- die huislike lewe (die arena van karakterontwikkeling);

- die egpaar se lojaliteit teenoor mekaar (die wedersydse eerbetoning);

- die egpaar se individuele en gesamentlike waardestelsels; en

- die egpaar se individuele en gesamentlike ideale.

Romantiese liefde

Die konsep van romantiese liefde is een van die skeppings van die Ariër.

Die inspirerende vrou van sy eie soort, van die hoogsontwikkelde voorpunt van die evolusionêre eenheid waarvan sy deel is, kan die hoogste skeppingsvermoë vanuit die ware man ontlok en so 'n verhouding gedy binne die beskermende raamwerk van die Ariese seksuele etiek. Lojaliteit jeens en respek vir mekaar is die brandstof van 'n eervolle verhouding. Die twee maak eksklusiewe aanspraak op mekaar en sluit alle ander uit hul mees private lewens uit.

Die Ariër het die inspirasie wat spruit uit seksuele etiek broodnodig om homself te handhaaf. Daarsonder staar hy rasse-selfmoord en genetiese uitgestorwenheid in die oë.

Die ridderkode vir die kampioenskap van ‘n dame

Een van die mees belangrike aspekte van ridderlikheid is die Kampioenskap van ‘n Dame. Wanneer ‘n man ‘n vrou gevind het wat hy glo sy ridderlikheid waardig is, het hy die volgende formule as riglyn vir ‘n eed gebruik om haar eer aan sy swaard te bind.

Die Eed Van Die Kampioen: “Gewaardeerde dame, op hierdie oomblik bevind ek my sonder ‘n dame om as kampioen te verteenwoordig. Dit sou vir my en my huis ‘n groot eer wees indien ek met u goedkeuring kan veg in hierdie voorhande wapenvertoon. Ek onderneem om my bes te doen om die krag van my arms te bewys, sodat ek aan die versamelde edelliede u eer, skoonheid en tere grasie kan toon”.

Indien so ‘n dame die aanbod aanvaar het, dan was daar van haar verwag om hom ‘n guns te bewys. ‘n Guns was ‘n kledingstuk of juweliersware wat haar persoonlike eiendom was. Hy het die guns in sy gordel gedra as ‘n teken dat hy onder haar goedkeuring aan die komende geveg deelneem en dat hy sy uiterste sou probeer om haar naam en eer op die slagveld te onderhou.

Uit liefde vir ‘n Ariese vrou

Die volgende manjifieke grafskrif, uitgekerf in Germaanse runiese skrif, is onlangs op ‘n steen in die Switserse Alpe gevind,. Argeoloë en geleerdes is nie seker presies hoe oud die inskripsie is nie, maar glo dit dateer uit die vyfde eeu GE.

Reisiger, kort is my sê.

Vertoef ‘n wyle en lees hierdie rune.

Hierdie sombere steenblad bedek ‘n beeldskone vrou.

Haar naam was Juhiza.

Sy was my lig en my enigste liefde.

Wat ek wou, was ook haar wens.

Wat ek vermy het, het sy ook vermy.

Goed was sy, en kuis, getrou, diskreet.

Sy het edel gewandel en teder gespreek.

Reisiger, ek is klaar.

Gaan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 938 gaste aanlyn