ONS HET GESONDIG

As daar tans 'n gedeelte in die Bybel is wat honderd persent op ons Afrikanervolk van toepassing is, is dit hierdie gedeelte uit II KRONIEKE 6:36‭-‬39 AFR53:

As hulle teen U sondig — want daar is geen mens wat nie sondig nie — en U op hulle toornig is en hulle aan 'n vyand oorgee en hulle veroweraars hulle as gevangenes wegvoer na 'n land, ver of naby, en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van hulle gevangenskap en sê: Ons het gesondig, ons het verkeerd gehandel, en ons was goddeloos — en hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en met hul hele siel in die land van hul gevangenskap, van die wat hulle weggevoer het, en hulle bid in die rigting van hulle land wat U aan hulle vaders gegee het, en van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het, wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor en aan hulle hul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het.

Almagtige Vader in die hemel, vergewe ons volk vir al die afdwalinge, bring ons asseblief in opregte berou op ons knieë voor U, en kom reinig ons land van al die afgode sodat ons weer die volk vir U sal wees wat U wou hê. O Heer, verlos Suid-Afrika van die sataniese tirannie wat tans oor die hele wêreld spoel en kom regeer asseblief self hier sodat ons nooit weer hierdie pad hoef te stap nie en hier 'n veilige toevlugsoord vir al u kinders oor die wêreld sal wees.  U alleen kan hierdie wonderwerk verrig. Dankie Vader dat U ons steeds liefhet; ons glo in U en u almag.

Amen.