GELOFTELAND NUWEJAARSWENSE...

As individue, maak ons saam gesinne en eindelik 'n volk, want dis hoe God ons geskep het, en jy kan niks daaraan verander nie want God alleen het bepaal dat jy in jou gesin en in hierdie volk ingebore is - al hou jy dalk nie daarvan nie!! Laat ons as volk van Christus in Afrikaans dan vanaand HOM dank en lof aan Hom bring vir die jaar 2023 waarin Hy steeds genade oor ons uitgespreek het, onverdiend, want na regte moes Hy ons verdelg en vernietig het. Kom ons sien dus sy groot genade en beloftes oor ons, vir wat dit werklik is. Hy is dieselfde God wat by Bloedrivier sy getroue kinders ALMAL gespaar het. Hy sal as dieselfde God in 2024, die jaar wat baie ekstra uitdagings gaan inhou, ons ook spaar indien ons sy Bloed in gebed om ons gesinne, families, geliefdes en waar ookal ons woon, opreg afpleit.   Pleit Hom dan om julle as geliefdes te beskerm deur sy Bloed, nie net aan jul kosyne nie maar om dit reg rondom julle wonings te trek, en onthou deurentyd Hy is ALMAGTIG, GENADIG, GETROU, EN SO VOL LIEFDE DAT HY JOU NIE SAL VERGEET NIE, ook in die woesteny van 'n waarskynlike burgeroorlog; die vyand sal by jou skuiling en verby al die opregte kinders van God gaan, terwyl Christus se bloed aan jou "kosyne" sal wees.

Gelofteland wens elke leser ‘n geseende 2024 want julle is ons vriende en familie, dus ook ons geliefdes.

JESUSLIEFDE