Johan Hack
Die jaar 2025 het baie interresant begin vir ons Suid-Afrikaners.
Die blanke Afrikaner is weer in die spervuur en ons taal, kultuur, en voortbestaan is die teiken van nie net die kommunistiese ANC nie, maar ook louwarm individue wat in die hoofstroommedia en sogenaamde leiersposisies sit en voorgee hulle het die blanke Afrikanervolk se beste belange op die hart. Laat ons nie oogklappe dra t.o.v Solidariteit en Afriforum nie. En om iets oor die verraderlike DA en Vyheidsfront plus te skryf is nie eers die ink in my pen werd nie.
Opwinding heers oor Trump se belangstelling in Suid-Afrikaners en die wet op grondonteiening. Rasse-integrasie het egter in die laaste paar dekades ‘n ideologie by sommige blanke Afrikaners geskep met die oog op steeds die hoopvolle ontwikkeling van ‘n reenboognasie, gepropageer deur steeds oorheersende hoofstroommedia en afgedwaalde kerke soos die NG Kerk en veelrassige Charismatiese kerke, tot die punt waar die beeld van ‘n ware blanke Afrikanervolk vertroebel is en ons nie eens die weerkaatsing kan onthou van wat was nie.
In die koerant, Die Afrikaner 27 Maart 1981, word die volgende geskryf deur BH Pieterse, oor Mnr Jaap Marais, wat so mooi van toepassing is op vandag, dalk nog meer as tevore. “Ander lei die volk op die hensoppad van toegee en weggee totdat uiteindelik oorgegee moet word. Hierdie man lei die volk op die pad van offerbereidheid en strydbereidheid tot oorwinning. In Jaap Marais word sy eie woorde bewaarheid: ‘Hy wat wil lewe, moet veg, en hy wat veg, sal lewe.’”
Duidelik het dit van belang geword dat ‘n leier vanuit ons eie geledere wat die ware belang van blanke Christen Afrikaners op die hart dra, na vore moet tree en ons ernstig moet terugkyk, en navors wat leiers soos Kruger,Verwoerd, Malan en Jaap Marais se droom vir ons was as ‘n vrye volk, om dit weer as grondbeginsel in eengesindheid, met God as fondament, weer op te bou en soos Israel na hul terugkeer in 1948 te verklaar, “nooit weer nie”.
Laat ons dan vorentoe, met ‘n brandende begeerte, op wat ons en ons gesinne nou moet leer van die goeie wat was, beplan en arbei vir ons voortbestaan en sodoende ‘n duidelike weerkaatsing van ‘n Godvresende Afrikanervolk in helder skoon water wees sonder enige teken van troebel waters.