AVF MISLEI ALWEER DIE VOLK

MEDIAVERKLARING

Die heropgerigte Afrikaner Volksfront het pas bekendgemaak dat ‘n kongres gereël word vir “Boere Afrikaner organisasies wat in Selfbeskikking glo”.

AFRIKANER VOLKSFRONT WAS INSTRUMENTEEL IN DIE OORDRAG VAN MAG

Hierdie organisasie, die Afrikaner Volksfront (AVF) was in die jare 1993 en 1994 verantwoordelik vir die groteske misleiding van ons volk. Daardie misleiding het uitgeloop op die oordrag van mag aan ‘n Swart kommunistiese ANC-bende. Groot getalle regse kiesers is destyds versamel onder die AVF-vaandel met die belofte dat magsoordrag na ‘n Swart meerderheidsregering – wat sou plaasvind deur die verraad van die Nasionale Party-regering – ten alle koste verhoed sou word, selfs indien wapengeweld daarvoor nodig sou wees. Intussen het die AFV-topleiding agter die rug van hul ondersteuners en sonder hulle toestemming, geheime samesprekings gevoer met die NP-regering en die ANC! Daardie geheime gekonkel het verseker dat die weggee van ons politieke mag geskied het sonder dat daar enige verset deur die Blankes gevoer is.

Die ooreenkoms tussen die AFV-leiers en die ANC het selfs bepaal dat Blanke kiesers aangemoedig sou word om aan die 1994-verkieing deel te neem. Die AFV het dus direk in die hand van die NP-regering gespeel en dit vir hulle moontlik gemaak om die verraad teen die Afrikanervolk te laat slaag. Wat die NP-regering alleen nie kon regkry nie, vanweë die sterk Blanke verset daarteen, is toe moontlik gemaak deur die verraad wat deur die Afrikaner Volksfront gepleeg is.

VOLKSTAAT-DAGDROOM

Om hulle ondersteuners te paai is die geelwortel van ‘n volkstaat wat die AFV vir hulle sou beding aan hulle voorgehou. Dié volkstaat het nooit gerealiseer nie.

AVF-LEIERS NET SO SKULDIG AAN VERRAAD AS FW DE KLERK

Die Afrikaner Volksfront misleiding van 1993/4 kan daarom met reg beskou word as die grootste verraad wat ooit teen die Afrikanervolk gepleeg is.

VERRAADSPLANNE OPNUUT AFGESTOF

Die plan is blykbaar om nou opnuut “selfbeskikking in ‘n volkstaat” te beding – dit is dan ook die einddoel van die kongres wat beplan word. Die vermetelheid om daardie verraderlike organisasie weer na 30 jaar in die lewe te roep en dan boonop dieselfde misleiding van ‘n volkstaat daarvoor aan te wend is ‘n veragtelike daad. Dit word met minagting verwerp. Volksgenote word opgeroep om nie nogmaals verlei te word deur die aanloklikheid van valse beloftes en hersenskimme van selfbeskikking nie.

‘n Soewereine volkstaat onder ‘n ANC-bewind is dagdromery en sal net so min realiseer as wat dit 30 jaar gelede gebeur het – wat het van daardie AVF-beloftes geword? As hulle u toé belieg en mislei het, waarom kan hulle nou vertrou word?

OPROEP TOT DIE AFRIKANERVOLK

Moet nie u besluite neem deur omstandigheidsdruk nie. Ons volk ís in ‘n benarde situasie, en ons almal wil met alle geweld daaruit ontsnap. Die beginsel geld egter steeds net so veel as in 1994:

HIERDIE LAND IS ÓNS LAND!

Nie ‘n klein gedeeltetjie daarvan in ‘n impotente volkstaatjie wat net soos Orania en Kleinfontein tans aan die grille en giere van die ANC-regime uitgelewer sal wees nie!

Verenig in verset teen die verraad wat hierdie bestel op ons afgedwing het.

Keer terug tot u God en vertrou op Hom vir leiding en herstel van ons volk in ons eiendom – ons land, Suid-Afrika!