27 AUGUSTUS 2021

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense, en veral jong mense, dink meestal dat daardie groot liefde waarna hulle soek vir 'n lewensmaat, 'n gevoel is wat sommer skielik uit die lug op hulle gaan neerdaal. Daarom al die mislukte huwelike en teleurstellings.  Maar dis nie 'n gevoel nie, dis 'n ingesteldheid, 'n voorneme om lojaal, getrou en onselfsugtig teenoor die ander persoon te wees en te bly – en dáárdie belofte het hulle teenoor God afgelê en moet enduit met eie verantwoordelikheid gehoú word!