16 MEI 2018

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

By geleentheid het ’n predikant met ’n myner oor verlossing in Jesus gepraat.  Die man kon nie glo dat ’n sondaar hom net tot Jesus kan draai en sy sondes is vergewe nie.  “Dis te goedkoop!” het hy teengestribbel.   Daarop het die dominee hom gevra hoe hy elke dag uit die myn kom?   “Met die hysbak” het hy geantwoord. “Hoeveel betaal jy om daarmee na bo te kom?” vra die dominee. “Niks nie” antwoord die myner.  “Is jy nie bang om met die hysbak op te kom aangesien dit te goedkoop is nie? “ het die dominee gevra.  “Nee,” antwoord die man, “dit was goedkoop vir my, maar nie vir die maatskappy wat miljoene betaal het om daardie skag te sink nie!