9 SEPTEMBER 2022

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ten spyte daarvan dat sonde ’n verbreking van die liefdesverhouding met God is, sien ons in Gen.3 iets van God se onvoorwaardelike liefde vir die mens raak:  “En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle het dit aangetrek.   Toe sê die Here God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken…” (Gen.3:21,22).