29 April 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waar die Here boosdoeners aan die stuur van landsake toelaat, is hulle ‘n instrument in God se hand.  God gebruik hulle as ‘n tugroede om sy kinders mee te straf. Daarvan kon oud-Israel getuig!  Agab en Manasse was twee sulke konings.  As hulle verkeerd gedoen het, het God ‘n goddelose koning oor hulle laat heers.