NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God verwyt ons nooit oor ons verlede nie. Wanneer Hy vergewe is dit volkome. Gee jou sonde vir Hom, laat staan dit en leef 'n vreugdevolle lewe.

GODDELIKE WAARSKUWINGS (1)

Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.

As Christengelowiges leef ons in benoudende tye, veral in ons land, anders as die heidene en afgedwaaldes wat meen dat alle struikelblokke verdwyn het nadat afsonderlike rasse-ontwikkeling in die land afgeskaf is. Ons weet egter ook dat God 'n besondere plan met ons het, en ons glo dat Hy tot in die eindtyd vir Hom 'n oorblyfsel hier suid van die riviere van Kus behoue sal laat bly; 'n oorblyfsel wat wel hulle heiligheid wil handhaaf –  en natuurlik 'n struikelblok en ontsteltenis vir die res van die 'wêreld is.' Die pad van die beplande Eenwêreldregering moet volgens hulle ten alle koste gestap word en enigiets wat dit verhinder moet uitgeroei word. Daarom moes 'apartheid' tot sonde verklaar word en moet die Christendom, die behoudende faktor hier aan die suidpunt van Afrika, met alle mag uitgewis word.

Die Bybel is vol uitsprake oor die liefde en trou van God vir sy kinders. Nogtans ontken hulle sy liefde en het ontrou aan Hom geword. Die Christendom verkondig vandag kliphard saam met die goddeloses dat "omstandighede verander het, dat God niks meer te doen wil hê met 'n apartheidstelsel in Suid-Afrika nie". Eendag sal ons met groot skaamte staan oor hoe goddeloos hierdie redenasie was!

Ons God is 'n jaloerse God, ook oor sy volk. Waar sy kinders hulle nou orals aan die vyand oorgee en blykbaar niks meer met Hom te doen wil hê nie, word Hy jaloers en sal hulle met groot geweld as sy eiendom terugneem. Dít kan nie anders as om groot verskrikking en uitwissing van menige mee te bring nie. Ons moet besef dat dit 'n onuitspreeklike omvang sal moet aanneem om te herstel wat die sonde reeds vernietig het. Genesing en reiniging van ons land Suid-Afrika kan nie plaasvind sonder 'n groot "emmer bloed wat sal omval", soos Siener van Rensburg dit beskryf het nie. Dit sal so groot en geweldig wees dat die hele wêreld daarvan kennis moet neem. Daar sal deur elke tong bely moet word dat God 'n wonderwerk in Suid-Afrika verrig het, iets wat slegs Hy kon doen sodat sy Naam weer in ere herstel sal word.

God waarsku dikwels sy kinders oor die dinge wat kom; Hy alleen ken die tyd vir alles, en wil elkeen 'n geleentheid gee om ten beste voor te berei vir wat wag, in ons gemoedere asook in ons praktiese lewens. Lees hierdie reeks dan met 'n gemoed van ootmoed en belydenis en weet dat niks toevallig gebeur nie!

Stephanie Snyman - Toe sê 'n Stem vir my...

"Ek het die oggend van 16 Desember 1997 om 5:30 wakker geskrik, opgestaan en deur my kamervenster gesien dat dit bewolk en reënerig was. Daarna het ek weer gaan inkruip. Skielik het ek die profiel van 'n vrou se gesig aan my linkerkant gesien – sy het vir my geglimlag, 'n mooi glimlag. Toe verdwyn haar gesig en verskyn daar ontstuimige, donker waters soos die see, wat 'n lang punt maak en aan my linkerkant verbykom.
Toe sê 'n Stem vir my: 'Staan op en skryf!' Ek het opgestaan en by die lessenaar gaan sit waarop my dagboek gelê het. Die Stem het voorgesê wat ek moet skryf. Daarna het ek weer gaan lê.
'n Tweede keer het die Stem gesê: 'Staan op en skryf!'
Ek het dit gedoen en toe weer gaan lê.
'n Derde keer het dit gebeur. Verwonderd het ek daarna gaan lê maar ek kon nie slaap nie. Toe hoor ek my seun Andrè in die gang af kombuistoe gaan. Ek het die dagboek geneem en hom gaan vertel wat gebeur het. Nadat hy dit gelees het, het hy gesê dit is glad nie my skryfstyl nie. Hy vra my toe waarmee ek dit geskryf het. Ek sê toe dit was met 'n pen. Hy wou dit sien en ons is saam kamertoe. En toe kom die groot skok: Daar was geen pen op die lessenaar nie, en ek kan tot vandag toe nog nie verstaan wat daarvan geword het nie.
Ek is 68 jaar oud en dit was die eerste keer in my lewe dat ek so 'n ondervinding gehad het.
Die teks wat ek geskryf het:
'O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het. Ek sal die wesens van die aarde oor julle aanstel sodat die donker magte julle sal teister dag en nag tot julle na My sal uitroep om genade, en terugkeer na My. Honderd nege en vyftig jaar gelede op hierdie dag het ek julle, My diensvolke se smeekgebede aangehoor, en met julle 'n Gelofte aangegaan, vir julle die wonderbaarlike oorwinning gegee teen die swart hordes. Daardie dag was daar vir My 'n nuwe volk gebore, en 'n mooi land is aan julle gegee. Dié dag moes julle as 'n gedenkdag by julle nageslag inskerp, en dié dag aan My toewy as 'n Sabbat vir ewig. Wee dié wat nalaat om die Gelofte te hou.'
16-12-1997 – 05:30 "

Chris en Hester Grobbelaar – 12 November 1998

"Boerevolk van Suid-Afrika, ons roep u op om saam met ons te verootmoedig voor die Almagtige Vader en om saam met ons 'n geestelike laer oor ons land heen te trek, beginnende op 9 Desember tot en met die oggend van 16 Desember. Op hierdie tye moet ons dwarsoor die land in groepe saamtrek en dienste hou waartydens ons ons voor God verootmoedig en ons opnuut verbind tot die Gelofte wat ons voorvaders aan Hom afgelê het. Net soos hulle gaan ons dit ook sewe maal herhaal dat ons wéér vir Hom 'n volk wil wees. Ons versoek u om hierdie boodskap uit te dra na die uithoeke van ons land, op elke moontlike manier. Elke Boer wat nog vashou aan hierdie Gelofte moet hiervan weet en vrywillig hierin verenig."

Ek en u wat hier lees is die opkomende geslagte van wie die Gelofte spreek. Daarom verbind ons ons jaarliks opnuut tot die nakoming van die Gelofte, met gebed en smeking dat God ons sal bystaan en help om dit te volbring. Dit doen ons met dankbare erkenning van die uitkoms van die Slag van Bloedrivier wat vir die voortbestaan van die Afrikanervolk deurslaggewend was. Ons herdenk dit as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.

Hier volg die Gelofte van 16 Desember:

9-16 DESEMBER 1838

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy Eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Kobus Strauss van Rustenburg – vir 'n aantal jare het hy profetiese drome gehad en dit noukeurig opgeteken omdat hy besef het dit hou verband met die toekoms van sy volk hier aan die suidpunt van Afrika.

"Ek wil my feilbaarheid as mens bekelemtoon maar ook dat ek niks hier sê wat nie aan my geopenbaar is nie. Ek is deeglik bewus van straf as ek dit sou waag om valshede voor te hou. In hierdie tye waarin ons leef is dit belangrik om ons mense moed in te praat en hulle voor te brerei vir die moeilike tyd wat kom. Die blankes is gruwelik belieg deur gewetenlose politici; ons blankes bevind ons nou in die moeilikste tyd ooit.  Die Skepper het egter die oordele oor ons opgehef en ons sal nou moet begin regmaak.

5 April 1994
'n Swarte is besig om 'n kortsluiting aan te blaas deur meer en meer metaalvoorwerpe op 'n hoop  te sit en aan die hoop te stamp en te stoot. Die eindresultaat is dat die hemelruim die gloed van die omvang van die aanhoudende elektriese brandende ontladings weerkaats. Dit lyk asof die res van die swart bevolking dit geniet.
Ek dink dat onrealistiese verwagtinge geskep is deur die nuwe swart regering en dat die uitbarsting gaan kom om uiting te gee aan die swartes se frustrasies as gevolg daarvan. Ek glo egter dat die swart opstand waartydens baie blankes wreed gedood gaan word, die keerpunt gaan wees, en waar blankes uiteindelik sal besef die enigste antwoord is hulp van Bo.  
Dinge sal dan vinnig opmekaar volg:
1.        Swart opstand
2.        Blankes verootmoedig.
3.        Ingryping van Bo.
4.        Oorlog.
5.        Blanke regering.
6.        Weer konfrontasie teen NWO
7.        Nog ingryping van Bo.

27 April 1994
Ek kon die nag nie slaap nie want ek het geweet ons word vandag uitgelewer aan 'n godlose Kommunistiese regering. Ek het nogtans 'n bevestiging gesien van Mandela se gesig op ons geldeenheid – ons ekonomie in swart hande.
Ek staan ook in 'n woestyn tussen berge en heuwels. Aan die voet van 'n enkele groot berg wat tussen ander berge uittroon is 'n groot gat wat skuins afloop na 'n ontsaglike onderaardse meer van helder skoon water waarvan ek die diepte en grootte nie kan bepaal nie. Die enkele groot berg is die Koninkryk van God en die kleiner berge die nasies. Die onbeperkte water is God se krag en Almag. Die woestyn is die posisie waarin ons volk ons nou bevind.

11 Mei 1994
So ver as die oog kan sien is die aarde omgeploeg en kaal. Daar is egter een plek waar daar so effense groenigheid deurslaan – dit lyk asof die blanke nooit weer sy vryheid sal herwin nie maar daar is 'n klein groepie bittereinders wat die vlam van hoop brandend hou.

13 Mei 1994
Ons eens trotse weermag gaan tot niet. Orals is stof op die toerusting. alles word bevuil en verwaarloos. "

Nog gesigte van Kobus in volgende aflewering...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2618 gaste aanlyn