OOK AMERIKA BY REVOLUSIE

As ons dink slegs die ANC is roekeloos oppas na 'n militêre revolusie, moet ons Obama bekyk! Sy administrasie het hierdie week 'n mylpaal in Amerika se geskiedenis bereik – die nasionale skuld van Amerika het hy nou tot die hoogste ooit opgestoot: sedert September het hy dit sommer gou met $44.8 biljoen opgejaag en staan die totaal nou $14,837,099,271,196.71 – 'n sommetjie wat vir die meeste van ons so effe onuitspreekbaar is...

Dit beteken dat in die minder as drie jaar wat Obama president is, die VSA se skuldlas met  $4,212 triljoen gestyg het – meer as die totale nasionale skuld van ongeveer $4.1672 triljoen veroorsaak deur al die VSA-presidente vanaf George Washington tot George Bush. Met Obama sover ongeveer 986 dae in die presidentstoel, bring dit die styging in skuld op sowat ongeveer $4.27 biljoen per dag.

Ons gaan later in fyner besonderhede vertel waarvoor Obama hierdie geld aanwend, en dit is defnitief nie vir partytjies soos die ANC nie – daarvoor is die internasionale media reeds te duidelik met berigte soos: "Vir die eerste keer in vier dekades het die Russiese Minister van Buitelandse Sake 'n waarskuwing uitgereik aan top-agente, wetenskaplikes en militêre offisiere van die VSA dat Obama se regering besig is om voor te berei vir 'n grootskaalse revolusie om sodoende sy mag oor Amerika te verseker."

En heelwat ander berigte...