LAASTE 220 BLANKE BOERE UIT ZIM VERDRYF

Harare – Zimbabwe se Zanu PF-party is van plan om die oorblywende plase in blanke boere se besit ook oor te neem om sogenaamde grondlose Zimbabwiërs daarop te hervestig.

President Robert Mugabe van Zimbabwe sê egter onomwonde hulle het planne om die oorblywende wit boere van hul plase te verwyder! Die voorgestelde onteiening van nog 198 plase is in `n verslag bekend gemaak tydens die ZANU-PF partykongres. Luidens 'n interne verslag wat by die party se jaarlikse konferensie ingedien is, word aanbeveel dat 198 plase in blanke besit in die staatskoerant afgekondig word om onteien te word om aan die voortgesette vraag na grond in die landelike gebiede te voldoen.
Partylede sal op die konferensie besluit of hulle die aanbeveling wil aanvaar of nie. Volgens die verslag besit wit boere nog sowat 100 000 hektaar grond.
Nog 220 boere word op die oomblik vervolg omdat hulle nie van hulle grond af wil padgee nie. 'n Voormalige president van die liggaam wat wit boere verteenwoordig, Dion Theron, sê so 'n stap sal rampspoedig wees vir die land, veral in die langtermyn.