NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dra jou kruis met vreugde; moet dit nie teensinnig sleep nie.  Onthou: Dis ‘n skat en nie ‘n ergernis nie.

VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (5)

C Pama

Lees reeks by Vlae van Suider-Afrika

Die Engelse tradisie

Dit is ’n merkwaardige sameloop van gebeure dat juis die Afrikaners wat in die eerste eeue van hul bestaan tog ’n landelike volk is, vasgekleef het aan ’n vlag wat op see gebore en getoë is. Die Engelse daarenteen, wat veral in die latere eeue van hul geskiedenis by uitnemendheid tuis gehoort het by die seevarende volke, het ’n vlag wat in al sy besonderhede die vlag van ’n landsbevolking is: die sogenaamde Union Jack.

In sy huidige vorm is hierdie vlag nie baie oud nie. Dit word die eerste maal beskryf in ’n koninklike proklamasie van 1801 met die volgende bewoording:

". . . that the Union Flag shall be Azure, the Crosses Saltire of St Andrew and St Patrick Quarterly, per Saltire counterchanged Argent and Gules; the latterfimbriated of the second, surmounted by the Cross of St George of the third, fimbriated as the Saltire."

Hierdie stukkie Engelse heraldiese terminologie verdien ’n verklaring. Heraldiese kleure het naamlik spesiale name:

Azure is blou, Argent is silwer, Gules is rooi en wanneer hulle praat van “the first”, “the second” en so meer, moet jy kyk na die kleur wat die eerste, tweede en so meer genoem word. Daar word dus gesê dat die Unievlag (dit wil sê die Union Jack) blou sal wees, en daarop die skuinskruise van St. Andries en St. Patrick, en met verwisselde kleure silwer en rooi, dié van St. Patrick “fimbriated” dit wil sê met ’n wit soompie, terwyl oor alles heen die kruis van St. Joris, ook met ’n wit soompie, staan.

Dit is nie net vir ons moeilik om presies te weet wat met hierdie besluit bedoel word nie; die Engelse het dit self ook nie mooi geweet nie. In elk geval het daar onenigheid ontstaan tussen die leer, wat eers by die heroute se beskrywing van die vlag soos reeds beskryf, gebly het, en die vloot, wat ’n eie ontwerp gemaak het, naamlik die vlag soos ons hom vandag ken. Indien die vlag in ooreenstemming met die koninklike proklamasie gemaak sou word, sou die kruise van St. Andries en St. Patrick van eenderse wydte moet wees. Dit sou onmoontlik wees, want as ’n mens dan die een op die ander sou plaas, sou een van die twee mos verdwyn! Ook sou die buitelyne van St. Patrick se kruis dan ’n eenderse wydte hê as die van St. Joris.

Die leer het hom op die duur wel by die vloot se mening neergelê en hoewel daar naderhand nog weer meer moeilikhede ontstaan het, is die vlag tog in wese nie verder verander nie.

Die Iere het betreklik afsydig teenoor die saak gestaan, maar die Skotte het selfs in 1853 nog beswaar daarteen gemaak dat hul kruis van St. Andries agter dié van die Engelse se St. Joris-kruis geplaas is. Die teenargument was dat die wit van die Skotse kruis in die bohoek by die paal - die vlag se ereplek - begin het en dat daar dus eintlik aan hul simbool voorkeur gegee is. In wese het die een voorkeur die ander uitgeskakel en is die een dus nie bo die ander verhewe nie. Die Skots-Engelse gevoelighede het egter altyd bly voortbestaan. Dit sal later blyk dat dieselfde soort gevoeligheid by die samestelling van ons Unievlag voorgekom het.

Die amptelike naam van die Britse vlag was altyd nog “Union Flag”, maar dit het gebruik geword om dit die “Union Jack” te noem. In die letterlike sin is die Union Jack slegs die klein vlaggie, of “geus”, wat van die geusstok (Engels: jackstaff), ’n stok op die boegspriet of voorgedeelte van die skip, waai. Die naam “Union Jack” is egter vandag heeltemal ingeburger.

Soos die koninklike besluit van 1801 self al sê, is die vlag saamgestel uit die kruise van Engeland, Skotland en Ierland, wat genoem is na hul beskermheiliges of skutspatrone: St. Joris, St. Andries en St. Patrick.

Oor die laaste kruis kortliks die volgende: St. Patrick het op negentigjarige leeftyd in sy bed gesterf, en om hom deur ’n kruis te  verteenwoordig, is dus in werklikheid vreemd. Dit is slegs gedoen omdat die twee ander skutspatrone nou eenmaal kruise gehad het. In werklikheid was die rooi skuinskruis op silwer die heraldiese embleem van die Geraldines, ’n familie wat oor groot gedeeltes van Ierland geregeer het. Hoewel St. Patrick wel die beskermheilige van Ierland is, het die kruis dus in werklikheid niks met hom te doen nie.

Oor die twee ander kruise het ons ietwat meer geskiedkundige gegewens. Daar was eers drie beskermheiliges van Engeland, naamlik St. Joris, St. Edmond en St. Eduard, wat die bynaam “die Belyder” gehad het. Gaandeweg het St. Joris egter die gewildste geword en is ten slotte as enigste skutspatroon aanvaar. Hy is ook altyd deur ’n rooi kruis op silwer gesimboliseer en hierdie wapen en vlag het die Engelse volk en die Engelse kerk tot 1701 gemeen met mekaar gehad. Die Engelse kerk het die vlag onveranderd gelaat en die St. Joris-vlag is nou die vlag van die Anglikaanse kerkgemeenskap oor die hele wêreld. Dit het egter die gebruik geword dat elke bisdom sy eie wapen in die eerste kwartier van hierdie vlag plaas en ons kan dit op kerklike feesdae ook in Suid-Afrika so sien wapper.

Die St. Joris-vlag besit in Engeland ook ’n groot historiese betekenis en gevoelswaarde. Onder die oranje-wit-en-blou vlag het Nederland Nieu-Amsterdam (die latere New York) gestig, Brasilië verower, die grootste gedeelte van Australië en Indonesië ontdek en die poort van Japan vir die Weste oopgelaat deur ’n kantoor van die V.O.C. in hierdie land te hê. Net so was die rooi St. Joris-kruis die vlag waaronder die groot Engelse seevaarders onder koningin Elizabeth I uitgeseil het om die grondslae van die latere Britse Ryk te lê. Dit was ook die vlag waaronder Drake om die wêreld geseil het.

Met die toevoeging van die Union Jack in die kanton of bohoek was dit trouens nog altyd die vlag van die Engelse vloot. As sodanig het dit weer as voorbeeld gedien vir die Suid-Afrikaanse vlootvlag: die rooi kruis is slegs deur ’n groen kruis vervang en in die plek van die Union Jack het die Suid-Afrikaanse vlag gekom, ook al is die drie klein vlaggies in die middel deur die sogenaamde vlootleeu vervang omdat hulle in verkleining te onduidelik geword het.

Ook die Skotse vlag is ’n tradisionele vlag hoewel dit nie so oud is soos die Engelse St. Joris-vlag nie. Oor die oorsprong is daar nie veel bekend nie, behalwe dat dit sy naam gekry het omdat die apostel Andreas op ’n kruis van hierdie vorm gesterf het. In die Skotse geskiedenis word graag die woorde van admiraal sir Andrew Barton aangehaal: “Stand fast by the Cross of St. Andrew.”

Dit was onder hierdie vlag dat die Skotte aan die godsdiensoorloë op die vasteland van Europa deelgeneem het. In die leër van die Sweedse koning Gustaaf Adolf, wat soveel vir die Protestantse saak in Europa gedoen het, was daar nie minder as vier Skotse generaals en twee-en-twintig kolonels nie.

Toe die unie tussen Engeland en Skotland tot stand gekom het, het daar begryplikerwys ’n stryd ontstaan oor die voorrang van die vlae. Wie se vlag was belangriker, die van Engeland of die van Skotland? Op verskillende maniere is toe gepoog om die twee vlae op ’n aanneemlike manier te verbind, maar dit was slegs onder Karel I dat ’n oplossing gevind is. Die kruis van St. Joris is eenvoudig op dié van St. Andries geplaas. Karel I is egter op die skavot onthoof en dit was slegs na die Cromwell-tydperk en onder Karel II, wat in die koningskap herstel is, dat hierdie oplossing van die vlagkwessie algemeen aanvaar is. Dit het in die vorm van die vlag van die Verenigde Koninkryk tot 1801 gebly. Soos ons al gesien het, is toe ook nog die sogenaamde kruis van St. Patrick toegevoeg. Dit was die ou vorm van die vlag wat tydens die eerste Engelse bewind ook oor die Kaapse Kasteel gewapper het.

Dis egter die vlag van ná 1801, die teenswoordige Union Jack, wat in die geskiedenis van Suid-Afrika so ’n groot rol gespeel het. Hierdie vlag is tereg as simbool van die Britse invloed beskou en verteenwoordig in elke opsig die Britse tradisie. Die British South Africa Company wat deur Cecil Rhodes tot stand gebring is en wat so ’n groot invloed uitgeoefen het op die ontsluiting van die noordelike gebiede, het die Union Jack, met ’n klein toevoeging in die hart van die vlag, gebruik. Met ’n verdere toevoeging was dit ook die vlag van die Britse kolonies in Suidelike Afrika: die Kaapprovinsie, Natal en die Britse gebiede bo en onder die Limpopo.

Ten slotte was daar die sogenaamde Red Ensign of Red Duster, ’n rooi vlag met die Union Jack in die bohoek. Met die Uniewapen op ’n wit ronde veld in die middel, was dit van 1910 tot 1928 eintlik die nie-amptelike vlag van die Unie van Suid-Afrika. Hierdie vlag het egter bloot ’n formaliteit gebly en selfs by die Engelssprekende deel van die bevolking het dit nie wortel geskiet nie.

Die Union Jack het van 1928 tot 1957 nog naas die teenswoordige Nasionale vlag gewaai om die verbintenis van die Unie met die ander lede van die Britse Statebond aan te dui. Met die wysiginge van die Vlagwet het die Union Jack as sodanig verdwyn.

As simbool van die aandeel wat die Britte en die Engelssprekende Suid-Afrikaners in die opbou van Suid-Afrika gehad het - hoewel amptelik maar net as verteenwoordiger van die Kaapkolonie en Natal - staan die Union Jack vandag nog naas die Vrystaatse en Transvaalse vlag in die hart van ons Republiekvlag. Met sy kleure van rooi, wit en blou vorm dit ’n geheel met hierdie ander vlae; dit is miskien in ons vlag selfs ’n onbewuste simbool daarvan dat ondanks ’n heeltemal ander vorm, die bestanddele tog dieselfde kan wees, want rooi, wit en blou verteenwoordig ook die Afrikaanse tradisie in Suid-Afrika. Op hierdie wyse is die drie vlae tesame miskien ’n groter uitdrukking van eenheid as wat oorspronklik waarskynlik beoog is

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 965 gaste aanlyn