MUGABE SE DOOD KAN OOK SA ONTWRIG

Kriewelkop

Nog interessante wêreldveranderinge staan in die deur.
Die versteurde robber, ou Robert Mugabe van Zimbabwe, lê klaarblyklik ernstig siek in 'n hospitaal in Singapor. Die 88-jarige president van Zimbabwe ly reeds sedert 2008 aan prostaatkanker en het die afgelope tyd verskeie kere behandeling in Asië ontvang. Hy was in 2011 glo agt keer in Singapor vir mediese behandeling maar dit lyk nie asof daar verbetering is nie; die kanker het reeds versprei toe dit ontdek is en hy is ongeveer vyf jaar gegee om te leef.

Sy toestand het nou so versleg dat hy selfs bereid is om sy magte aan sy minister van verdediging, Mnangagwa, te oorhandig – 'n eerste vir hierdie ou patriarg. Die 65-jarige Mnangagwa was een van Mugabe se handlangers wat in die 1970's gewelddadige opstande teen Brittanje help organiseer het. Mugabe is president sedert Zimbabwe se onafhanklikheid in 1980. Mnangagwa was voorheen ook hoof van Zimbabwe se intelligensiediens en verantwoordelik vir die geweld in 2008 tydens die presidensiële verkiesing teen Morgan Tsvangirai. Hy het ook 'n groot rol gespeel in die vernietiging van die opposisieparty Zapu in die 1980's waarin duisende burgers gesterf het. Daar kan dus geen verwagting  vir meer stabiliteit in die land wees ná Mugabe se afsterwe nie.

Maar soos dit in die politiek gaan het Mugabe natuurlik onder ander voorwendsels na Singapor vertrek, kwansuis om sy dogter Bona by die universiteit daar in te skryf maar registrasie begin eers in Septembermaand en hy sou volgens kenners normaalweg nie vir so 'n nietigheid so ver gereis het nie. Uit sy eie geledere word daar natuurlik ten sterkste ontken dat Mugabe se toestand ernstig is en word voorgehou dat hy maar net besig is om sy paasnaweek te geniet. Ongelukkig vir hom het sy witwarmvriendskap met Iran het hom onbloot: in die Tehran Times is 'n berig waarin Mugabe se omstandighede aan die groot klok gehang word.

Ook is dit bekend dat Zimbabwe se vise-president, Joice Mujuru, haar reis in Asië kortgeknip het  en haastig terug is na Zimbabwe om voorbereidings te tref vir die moontlike afsterwe van Mugabe.

Daar wag natuurlik groot ingryping in Zimbabwe se politiese prentjie en ons kan heelwat méér onstabiliteit verwag indien hy sterf. Soos die Zimbabwe Mail dit stel: “Mugabe’s health impacts entirely on Zimbabwe’s political landscape. Everything revolves around his health and his age.”

Swart Afrika het vaste reëls wat deur alle eeue staan, en een daarvan is dat wanneer 'n leier sterf, daar groot onstabiliteit in die land heers waarin enigiets kan verander van sleg na slegter, van geweld na meer geweld, van chaos tot grootskaalse anargie en uitmoording – onthou die les van Rwanda en wees voorbereid op die moontlikheid van uitbreiding van geweld ook na Suid-Afrika.