PLAASAANVALLE EN -MOORDE - DIS TYD VIR REALISTIESE OPLOSSINGS

Plaasaanvalle het 'n onuithoubare krisis-situasie geword in Suid-Afrika. Maar te midde van 'n openlike oorlog teen die Blanke, gaan ons volk voort om aan ons vyand beweegruimte te gee om hul greep op ons te verstewig en groter paniek onder ons te saai. Die tyd het aangebreek vir realistiese en praktiese optrede wat die probleem daadwerklik sal aanspreek. JOHANN WOLMARANS van die ANB ontleed die situasie en maak praktiese voorstelle in hierdie artikel.

Hoewel enkele plaasaanvalle en plaasmoorde tussen 1990 en 1994 plaasgevind het, het hierdie tendens sedert 1994 deel van die SuidAfrikaanse misdaadkultuur geword. Dit was egter gou duidelik dat hierdie nuwe soort misdaad, wat voor 1994 byna nie bestaan het nie, deur 'n politieke agenda gedryf word.

Die fenomeen om sagte teikens – en veral bejaardes – op plase aan te val en dood te maak is egter die afgelope paar maande op die spits gedryf met 'n skielike eskalering van die aantal voorvalle. In Oktober 2017 is 'n hoogtepunt bereik toe daar in minder as 'n week ses plaasaanvalle oor 'n wye gebied in Suid-Afrika voorgekom het en twee mense in dié aanvalle gesterf het. Hierdie bloedige week het gevolg op 'n tydperk waarin daar oor die voorafgaande ses jaar elke jaar 'n verhoging was in die aantal aanvalle op plase. Tot in Oktober was dit duidelik dat 2017 geen uitsondering sou wees nie en ná tien maande was daar reeds meer plaasaanvalle in Suid-Afrika as die vorige jaar (2016).

Die jongste vlaag aanvalle en moorde op plase het ook 'n ongekende reaksie van die publiek (veral onder Afrikaners) tot gevolg gehad. In 'n toestand van woede en skynbaar ook magtelose frustrasie het mense allerhande oplossings en aksies voorgehou om die probleem te probeer aanspreek.

Selfs 'n verdagte karakter soos die evangelis, Angus Buchan, wat self 'n boer is, het sy bydrae probeer maak – natuurlik met al die politiek-korrekte en godsdienstig-liberale retoriek daarmee saam. Terloops, dis nogal opmerklik hoe die plaasmoorde, rassehaat, wetteloosheid met gepaardgaande anargie en die algehele spanning in die land geëskaleer het sedert Buchan en sy makkers se gebedsdag in April 2017 op 'n plaas buite Bloemfontein. Dít nadat Buchan nogal aan sy gehoor in Bloemfontein vertel het dat hy 'n goddelike visie het dat dié saamtrek die begin sou wees van 'n "ommekeer" in Suid-Afrika waardeur die land "gered" sou word...

'n Ontleding van die meeste van die reaksies wat laat in Oktobermaand 2017 op die vlaag aanvalle gevolg het en wat deurgaans deur middel van sosiale media versprei is, wys gou dat daar nog enorme onkunde by die publiek is oor plaasaanvalle. Te midde van al hierdie reaksie het een vrou, Silke Kaiser, se bydrae wat per video op sosiale media versprei is, soos 'n seer vinger uitgestaan.

Waar al die ander deelnemers optrede voorgestel het wat duidelik net aan die gefrustreerde massas die kans wil gun om stoom af te blaas sonder enige realistiese oplossings, het dié kriminoloog en professionele poligraaf-kenner die realiteit van die agenda agter plaasaanvalle tot op die been oopgekloof. Kaiser se inligting stem ooreen met polisieverslae wat meer as 15 jaar gelede reeds aan die media beskikbaar gestel is deur bekommerde polisielede, maar wat hoofsaaklik deur die hoofstroom media geïgnoreer is.

Die kern van die gevolgtrekkings wat uit haar inligting na vore kom kan in die volgende paar punte saamgevat word:

* Plaasaanvalle word deeglik vanuit 'n sentrale basis beplan.

* Plaasaanvalle word met militêre presissie beplan en volgens 'n strategiese plan uitgevoer.

* Alle plaasaanvalle word beplan en uitgevoer met die hulp en samewerking van ten minste een plaaswerker.

* Sy het dit pertinent gestel dat hierdie informant telkens 'n plaaswerker is wat daagliks baie nou met die boer of voorman saamwerk.

* Die rol wat Afrika-gelowe, toorkuns en heksery in plaasaanvalle en geweldsmisdaad oor die algemeen in Suid-Afrika speel is iets wat bittermin Blankes verstaan. Hierdie faktor verklaar gewoonlik die uitermatige geweld, verkragting van weerlose vroue en marteling van mense wat daarmee gepaard gaan.

* Die rol wat buitelanders soos Zimbabwiërs speel in hierdie fenomeen.

Ander inligting, soos deeglike polisieverslae oor plaasaanvalle wat meer as 'n dekade gelede al beskikbaar was, gee duidelik die antwoord op die agenda agter dié misdaad. Ten spyte van die feit dat die owerhede en senior ANC-gesinde top bestuurslede van die Suid-Afrikaanse Polisiemag dit aanhoudend ontken, is daar oorgenoeg getuienis dat plaasaanvalle 'n politieke aksie is en dat dit met politieke doeleindes beplan en uitgevoer word.

Plaasvaanvalle is niks anders as 'n voortsetting van die lafhartige terroriste-oorlog teen Afrikaners en Blankes nie. Die hoofredes vir hierdie verskynsel hou verband met die agenda van die Swart kommuniste, wat dekades gelede reeds bestaan. Hieronder tel die volgende:

  • Om vrees en paniek onder Blankes aan te wakker. Dit is 'n erkende metode van kommuniste om 'n gees van magteloosheid en vrees onder hul vyand aan te blaas om hul doelwitte te bereik. In hierdie geval is die hoofdoelwit om Blankes/Afrikaners negatief te maak oor die besit van plaasgrond en boerdery in die algemeen.
  • Om Afrikaners/Blankes van hul grond te vervreem, net soos wat na die Tweede Vryheidsoorlog in die era sedert 1902 gebeur het. As Blankes weens vrees eerder hul grond verlaat en in die stede gaan woon of die land verlaat, is dit net soveel makliker om uiteindelik die land letterlik in besit te neem. As families eers besluit het om hul grond te verlaat is die kans skraal dat hul nageslag weer by die boerdery betrokke sal raak. Hierdie punt word ondersteun deur ander wetgewing wat die lewe van boere bemoeilik. Dink maar aan arbeidswetgewing en die wet op die Sekerheid van Verblyfreg.
  • Een van die hoofredes waarom Blanke boere van hul grond vervreem moet word is die feit dat dit een van die min bedrywe is waar Blankes/Afrikaners nog grootliks onafhanklik kan wees. 'n Suksesvolle boer is sy eie baas en hy kan onafhanklik optree. Daarom is hy 'n risiko vir die regime en die plan van die kommunis om mense te beheer en die land te plunder.

Die genoemde reaksie wat uit verskeie oorde gekom het na die nuutste snelle eskalering van plaasaanvalle in Oktobermaand het byna deur die bank een belangrike punt gemis. Of dit nou voorstelle vir massa-optrede was en of dit nou bid-aksies was wat bepleit is, nie 'n enkele voorstel het die langtermyn oplossing van die omverwerping van die huidige bestel in gedagte gehad nie.

Dit lyk of Afrikaners/Blankes na 23 jaar van Swart kommunistiese bewind begin aanvaar het dat die Swart massas die reg het om oor die Afrikanervolk te regeer. Al wat hulle dus wil hê is dat misdaad moet stop en dat ons daarna in vrede en voorspoed moet saamleef...

Feit is, hierdie oplossings is wensdenkery en onrealisties. Dit sal eenvoudig nie gebeur nie. Dit lyk of die meerderheid Blankes só vasgevang is in die bedrog en breinspoeling van ons vyand dat hulle nie verstaan dat die multikulturele en geïntegreerde samelewing van Suid-Afrika nóóit suksesvol kan wees nie.

Hulle verstaan nie die feit dat die verskillende kulture in die land eenvoudig nooit versoen kan word nie en omdat hulle dít nie kan begryp nie, hou hulle aan om na strooihalms te gryp as hulle oplossings soek.

Vir Afrikaners om te verwag dat die ANC/SAKP-regime hierdie probleem suksesvol sal aanspreek is dwaas. Kan mens dan verwag dat die Duiwel die Satan sal stuit? Selfs 'n oppervlakkige ontleding van die situasie bewys dat die regime eerstens geen begeerte het om 'n saak soos plaasaanvalle te prioritiseer en aan te spreek nie. Die ANC weier van die begin van hul magsoorname af om te erken dat plaasaanvalle met 'n politieke agenda uitgevoer word.

Jaar na jaar sal die een veiligheidsminister na die ander en die een top generaal na die ander eenvoudig verklaar dat plaasaanvalle gewone misdaad is en dat "Swart én Wit daaronder ly..."

Solank as wat ons dus in hierdie sinlose debat vasgevang word, sal die terroriste aanhou om boere te vermoor en vrees te saai onder Blankes.

Tweedens het die regime in elk geval nie die vermoë om die probleem aan te spreek nie. Dit word bewys deur die feit dat alle misdaad buite beheer is. Trouens, daar is oorgenoeg bewyse om die stelling te maak dat die regering self deurspek is met kriminele wat deel is van die land se misdaadprobleem.

Verskeie van die hulpkrete en pleidooie vir "optrede" wat die afgelope tyd versprei is, het voorgestel dat "iets gedoen moet word om die wêreld se aandag op plaasmoorde te vestig." Hieroor wil 'n mens eenvoudig antwoord: En dan? Dink hierdie mense regtig dat die buiteland nie weet wat in SuidAfrika aangaan nie? Ons leef in die eeu van internet en sosiale media, wat die wêreld eintlik een groot dorp maak.

Net soos wat ons deesdae uit ons huise, sonder die hulp van die massamedia met hul agendas, die gebeure in Amerika, Europa en die Ooste kan volg, kan die res van die wêreld ook gebeure by ons volg. Die wêreld weet byvoorbeeld dat Jacob Zuma 'n skelm en 'n korrupte politikus is. Net soos wat hulle weet dat Robert Mugabe 'n korrupte diktator is. Maar hulle ignoreer dit grootliks. Daar sal hier en daar 'n lukrake uitspraak wees, maar hierdie Afrika despote word steeds in die raadsale van internasionale organisasies verwelkom.

Afrikaners moet een belangrike feit eenmaal tot hul verstand laat deurdring: Al die regerings van die wêreld daar buite was deel van die komplot om die ANC-regime in Suid-Afrika aan bewind te bring. Hulle het die Afrikaner nog altyd gehaat. Waarom sal hulle nou omswaai en op groot skaal teen die ANC optree of in SuidAfrika se sake kom inmeng?

Plaasmoorde en die modus operandi daaragter is heel waarskynlik deel van 'n plan waaroor die top leiers in die ANC ingelig is en dit word waarskynlik met hul goedkeuring en steun uitgevoer. Verskeie bronne het immers reeds bewys dat dié misdaad vanuit 'n sentrale punt beplan en beheer word. Net soos die geval met transito rooftogte, wat ook met militêre presisie uitgevoer word, ruik 'n mens maklik 'n rot as jy plaasaanvalle in detail begin bestudeer.

In transito rooftogte word gereeld wapens gebruik waaroor slegs die land se veiligheidsmagte behoort te beskik. AK47's word dikwels ook in beide transito rooftogte en plaasaanvalle gebruik en dis geen geheim dat die ANC se voormalige guerrillavegters en ander terroriste met 'n politieke agenda toegang tot duisende van hierdie wapens gehad het nie. Wat het van al daardie wapens geword? En wat kan dan nou makliker wees in hierdie nuwe wettelose land as om weer van daardie wapens in die hande te kry?

Die enigste manier om die probleem te probeer aanspreek is om dit self te doen. Burgerlike optrede en eie veiligheidsaksies is op hierdie stadium die dringendste sake wat in plek moet kom. Tot voor die kommuniste se oorname in 1994 het Suid-Afrika onder Afrikanerbewind 'n baie suksesvolle en effektiewe polisiediens gehad.

Die intelligensie departemente en speurdienste was byvoorbeeld van die heel beste ter wêreld en hulle het die vermoë gehad om enige weerstand te infiltreer en lam te lê. Duisende van ons top opgeleide manne uit die sekuriteitsmagte (weermag en polisie) van die vorige bedeling werk deesdae reg oor die wêreld.

Sommige van hierdie manne het vaardighede wat met die heel beste in die wêreld kan saampraat. Daar is byvoorbeeld getuienis beskikbaar dat die sekuriteitsmagte van die verlede se intelligensie-afdelings dekades gelede al die ANC en hul trawante met gemak uitoorlê het.

Daarbenewens het die vorige bedeling se polisiemag top speurders opgelewer, wat 'n reuse bydrae gelewer het om wet en orde in die land te handhaaf op die standaard wat ons tot in die vroeë 1990's gewoond was.

Nou is die vraag: Om watter rede kan hierdie manne se vaardighede en vermoëns nie vandag gebruik word om misdade soos plaasaanvalle aan te spreek nie. 'n Mens kan nie verwag dat die huidige polisiemag hulle sal gebruik nie, maar waarom kan die Afrikanervolk nie self ingryp en hulle dienste bekom nie?

Daar moet tog maniere wees waarop misdade soos plaasmoorde ook selfs binne die konteks van huidige wetgewing privaat ondersoek en ontbloot kan word. Maak enige koerant oop en kyk hoe krioel dit van advertensies vir privaat speurders. Hulle doen byna enige ondersoeke as die prys reg is. Waarom nie ook gewone misdaad soos plaasmoorde ondersoek nie?

AfriForum is baie trots op hul nuwe ondersoek-eenheid waarby hulle 'n hoëprofiel staatsaanklaer soos Gerrie Nel betrek het om siviele ondersoeke en aanklagtes te doen. Dié organisasie het dus duidelik die logistieke en finansiële vermoë om grootskaalse antimisdaad operasies te bedryf.

Wat keer hulle om binne die konteks van hul huidige veiligheidsoperasies ook misdaadkenners en ondersoekers te gebruik om die volle waarheid oor plaasaanvalle uit te snuffel en openbaar te maak? Het hulle die politieke wil om werklik die probleem aan te spreek?

Uiteindelik moet 'n mens oor een saak met al die frustrerende hulpkrete van die afgelope tyd saamstem: Dis tyd dat iets daadwerklik gedoen word. Maar optogte en protes-geskrifte en petisies en enige ander simboliese dade is inderdaad net maniere om mense te laat stoom afblaas en beter te laat voel oor hul eie frustrasies en woede.

Dis egter tyd om daadwerklik iets te doen. In plaas daarvan om vir die paviljoen te speel soos AfriForum, wat tog so bang is om nie iewers met hul optrede dalk van "rassisme" beskuldig te word nie, is dit tyd om te besef dat ons midde in 'n oorlog situasie is.

Ons mense word doodgemaak in 'n onverklaarde oorlog en ons volk is tevrede om 'n papieroorlog teen bloeddorstige vyande te voer, terwyl AfriForum groot publisiteit kry met hul futiele saak teen Grace Mugabe...

Nee, in 'n oorlogsituasie moet jy altyd een stap voor jou vyand wees. En as die oorlog ontwikkel het tot die punt waar die bloed vloei, dan beveg jy vuur met vuur.

(Met dank ontvang van die Afrikaner Nasionalistiese Beweging)