VREDE NOU WERKLIK VERBY

FW de Klerk en sy bende het voor 1994 se oorgawe gesê dat hulle nie 'n ander keuse het as om die land aan die ANC oor te gee nie as gevolg van die geweld en opstand deur die swart bevolking.  Niks anders sou hulle tevrede stel nie, slegs om Suid-Afrika op 'n silwer skinkbord te ontvang kon weer vrede in die land bring.  Dit terwyl daar ooglopend nog vrede was!

Kyk na die video by die skakel hieronder en besluit self of FW verskuilde agendas gehad het aangesien hier nou geen vrede meer is nie maar net geweld en misdaad. En indien u nie weet nie, FW het R45 miljoen rand en 'n gedeelde Nobelprys (met Mandela) van die Geldmag ontvang vir die weggee van ons land aan die ANC. Ja, dieselfde Geldmag wat nou met al hulle leuens oor pandemies en sg inentings besig is om die hele wêreld oor te neem. Daar was ook nooit 'n verkiesing of 'n mandaat van die Suid-Afrikaanse bevolking nie, die land is onwettig weggegee. Die referendum van 1992 het nie gegaan oor die feit dat FW die land mag weggee nie maar oor die saak of Mandela uit die tronk gelaat mag word en daar besprekings met hom mag plaasvind al dan nie. Dus "regeer" die ANC onwettig!  

Maar wat Seekoei Ramaphosa nie besef nie, is dat hierdie swart oproere tot 'n burgeroorlog gaan lei waartydens die Boere hulself gereed gaan maak vir oorlog. Wanneer dit alles verby is, sal Seekoei nie meer aan bewind wees nie en sal Suid-Afrika die geleentheid kry om hulself teen die Geldmag te beskerm.

https://lovinglifetv.com/the-more-chaos-in-south-africa-right-now-the-better-as-it-serves-ramaphosas-self-interest/