Kriewelkop
Daar is ‘n bekende uitdrukking wat sê dat as jy enigiets op aarde gebreek wil hê, dan weet jy vir wie om dit te gee... of so iets.
Daar is nou maar ten enemale sekere groeperinge wat regte brekers is, en hulle is nie net in Afrika nie. Hulle lyk ook gewoonlik heel anders as nie-brekers. Ek meen nou maar, nie-brekers of te wel gommers, is sulke vaal, bleek siele terwyl brekers altyd ‘n sterk voorkoms het. Of is dit die kleur? Nietemin, brekers is oral tussen ons en gewoonlik in die meerderheid. En as hulle ‘n slag sonder toesig gelos word om te doen wat hulle wil, is die uiteinde altyd dieselfde: iets wat meer stukkend was as voor hy dit in die hande gekry het, en moenie dink hy ken die woord ‘gom’ nie. Kyk nou maar net na Obama se Amerika.
- Die dag toe Obama ingehuldig is was daar 1.1 miljoen minder werkloses in die VSA. Die werkloosheid het met 9% gestyg onder sy presidentskap.
- Amerika se brandstofpryse het met 83% gestyg vandat Obama president geword het.
- Regeringskuld het van toe tot nou met 43% gestyg.
- Persoonlike skuld is met 13,968 dollar gemiddeld per persoon verder die drein in.
- Mediese fondspremies het met 23% gestyg.
- Voedselpryse het gemiddeld met 45% gestyg.
- Daar is nou 6.4 miljoen meer behoeftige Amerikaners as met Obama se inhuldigingsdag.
- Die waarde van die huiseiendomsmark het met 13% gedaal.
- En Amerika het in die internasionale mededingende markte van 1e na 5e plek gesak.
Vir die Amerikaners mag dit nogal ‘n skok wees maar hier in Suid-Afrika begin meer en meer burgers ná 1994 verstaan waarom en hoe selfs klaarblyklik onbreekbare ware in stukke eindig.
Mag die gommers van hierdie wêreld genoeg gom hê wanneer die stukke weer opgetel word!