VERLAAT ONS LAND AS JULLE ONTEVREDE IS!
Die burgers van hierdie land is siek en sat daarvan om vreemdelinge te moet akkomodeer en op aandag te staan sodat ons hulle nie aanstoot moet gee nie. Dit is nie óns wat in hierdie land moet aanpas nie, dit is die immigrante wat aanpassings moet maak indien hulle in ons land wil woon.
Óns het 'n heldegeskiedenis van dekades van stryd, verliese en oorwinnings deur miljoene mans en vroue wie se droom dit was om vry te wees. Ons sál nie toelaat dat ons nou in ons eie land deur vreemdes onderdruk word nie.
Daarby praat ons ons éie taal, nie ander vreemde tale nie, en as julle hierdie land met ons wil deel, sál julle ons taal leer praat en respekteer!
Hierdie land is óns land, óns kultuur met óns Godsdiens en óns leefstyl.
Ons deel dit graag met mense wat in vrede sonder klagtes saam met ons daaruit voordeel kan put. Ons bevraagteken nie julle gelowe, sieninge en kulture nie want dit het niks met ons te make nie. Al wat ons vra is dat ons in vrede en harmonie in een land kan woon. Maar as óns God julle aanstoot gee, gaan woon gerus in 'n ander deel van die wêreld want God is onafskeidbaar deel van ons kultuur.Die meeste van óns is Christene, Christenmans en –vroue wat hierdie land opgebou het tot 'n vooruitstrewende moondheid. Maar as julle nie hou van wat ons hier vermag het en julle onverdiende vryhede gebruik soos dit is nie, sal ons julle wanneer julle klaar gekerm het oor dinge soos ons Christenskap, ons vlag, ons volksliedere en ons geloftes, ten sterkste aanmoedig om nog een van julle talle vryhede in hierdie land te gebruik: VERLAAT DIE LAND SO GOU MOONTLIK! Dit is baie eenvoudig: as julle ongelukkig is, VERLAAT DIE LAND!
So het die Eerste Minister van Australië, Julia Gillard, onlangs die Moslems in haar land summier die weg gewys indien hulle onwelkom voel in 'n land waarheen hulle nie genooi is nie maar hulself onophoudelik inwurm.
En so kan feitlik elke woord van hierdie formedabele vrou ook op die Afrikaners en Suid-Afrika van toepassing wees. Wanneer gaan ons volk besef ons hoef geen duit terug te staan nie vir die vervreemding wat op ons afforseer word!
Ons het as Christenvolk AL DIE MAG aan ons kant. Kom ons hou op om God te wantrou en begin in vertroue, oorgawe en gehoorsaamheid die pad mét Hom stap – dan sal ons vinnig sy beloftes sien waar word, beloftes ook aan óns gemaak, beloftes van 'n volk wat Hy sál herstel en ons land sál genees.
Gelofteland het nou 'n e-pos ontvang om ons daarop te wys dat die Eerste Minister van Australië, Julia Gillard, nie die persoon was wat die Christelike geloofsaspek in hierdie artikel geïnisieer het nie maar 'n vorige Australiese Eerste Minister, Kevin Rudd. Baie dankie aan ons leser wat ons hierop reggewys het.