Nuutste bydraes

Sluit aan by die Waarheidstryders ! GEDAGTES VIR ELKE DAG

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gister is verby. More het nog nie gekom nie. Ons het net vandag. Laat ons begin.

DIE WIT HORISON (4)

EERSTE SA ANTARTIKA-EKSPEDISIE

                                DESEMBER 1959 - JANUARIE 1961

             Gebeure neergepen deur dr André le R vd Merwe wat as dokter die reis meegemaak het

Lees reeks by Die Wit Horison - 1e SA Antartika-ekspedisie 1960

Die Eerste Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie (SANAE 1) het uit die volgende 10 lede bestaan waarvan drie nog leef en tans (2017) in hul tagtigerjare is:

Hannes la Grange – Leier - Oorlede
Marten du Preez - O/leier en Radio-ingenieur  (Tans woonagtig Waverley,
Pta)
Dr Andre v d Merwe – Dokter - Oorlede
Victor von Brunn  - Geoloog - Oorlede
Dick Bonnema - Senior weerkundige - op 27/02/2017 oorlede
Theo van Wyk
Weerkundige (Tans woonagtig in Kemptonpark)
George Strauss – Weerkundige - Oorlede
Blackie de Swardt – Weerkundige - Oorlede
Chris de Weerdt - Dieselwerktuigkundige (Tans woonagtig in Silwerlakes,Pta)
Niek Erasmus- Radio-operateur - Oorlede

Die leser sal met verdrag ook lees van ander Suid-Afrikaners wat slegs as waarnemers die volle reis meegemaak het asook van 'n hele aantal Noorweërs teenwoordig.

'n Feëdans, Middernagson en Verkoues

Rondom ons op die liglyn het ’n wit gloed in die lug weerkaats. In seemansterme beteken so ’n allesomhelsende ysgloed dat daar plaatys ononderbroke vir myle en myle om jou strek. Die kaptein hou die lug dop. Hy soek na die donker, vaal kaatsing van oop water om soontoe te mik. Maar dié dag was daar geen teken van nie; die liggeel ysgloed het Tallie se ysmetergesig sommer heeltemal uit lit laat trek.

Die ysgloed en die skraal kans om te kan vorder, was die allesoorheersende onderwerp van bespreking en rede vir neerslagtigheid.

Nogtans het Chris nie sy optimisme laat demp nie. Hy het ’n lys opgestel van die tye wat elkeen voorspel het wanneer ons by die vasteland sou aankom. Menings het gewissel van dieselfde middag af tot vier dae later, d.w.s. 21 Desember. Die meeste het gemeen die volgende dag.

Maar dit het geblyk ’n ydele hoop te wees. In terme van tyd gereken, was ons toe op die kop halfpad; in terme van afstand was ons 240 seemyle van ons voorgenome landingsplek. Skielik was daar ’n paar tree oop water en het jy myle moed gekry, maar nog gouer was die hele wereld weer wit en jy swartgallig. Die ys drom dan weer om die agterstewe saam sodat daar nie eens vir bokrammery kans is nie.

’n Terugwaartse stamp van die boot teen die dik onderwaterse gedeelte van die ys kon die skroef of die stuurlem beskadig, en om ’n skroef in daardie koue water te vervang, is ’n onbegonne taak. Die lugtemperatuur was nou minus 2.2 en die water minus 1.5 grade.

Wanneer daar die geringste barsie in die vlakte gekom het, het die motore gedreun en die neus gebeur. Dikwels is die poging met ’n paar of ’n paar honderd tree se vordering beloon. Dit was opvallend dat die dik plaatys so skielik sy bui in jou guns kon verander. Sterk wind is die ysvaarder se vriend. Hy waai vir ’n paar dae en ongesiens laat hy die ys beweeg en die boot natuurlik saam daarmee. En dan gaan hy 1ê, en jy merk nog geen verandering nie, maar onverwags gewaar jy ’n paar uur of ’n dag later dat die hegte ys bros en verbrokkel is, of altans dat ’n bars vlak by die neus van die boot ontstaan het. Die skroef dryf dan die boeg van die boot soos ’n koubeitel daarin.

Na al die dae van sukkel, stamp en stoot het die miershoopvlakte in gladde ys verander. Dit het weer moed ingeboesem, want dit is dikwels, hoewel geensins altyd nie, dunner as hompys. Dan vorder ons ’n ent, miskien net ’n paar tree, en staan maar weer. Maar daar is lewe, en lewe gee hoop.

Almal spring oorboord om te stoot, nie dat dit altyd help nie, maar net om iets te doen. Iemand haak die katrol se kabel om die groot blokke, wikkel hulle tot hulle opbreek en wegduik. Tjel dans van blok tot blok oor die water om die kabel se lus reg te stoot. Hy trap op ’n ysbrokkie wat skaars bo die water wys, en voordat hy sy gewig daarop het, is hy al anderkant. Ons stoot dan nie meer blokke nie, maar hou net vir Tjel dop. So nou en dan sak sy voet effens in die water wanneer ons geloof verswak, maar nooit beskaam hy dit nie.

Maar vandag het selfs sy feedans nie gehelp nie. Die admiraal, wat nog nooit op die ys gehelp het nie, het oor die kant van die boot geklim om ook hand by te sit. Net toe hy voet aan ys sit, raak hy verstrengel in die kabel wat nog slap op die ys gelê het en val tussen twee ysblokke in. Gelukkig was sy boude dik genoeg met broeke en onderbroeke opgestop, sodat dit in die skeur vasgesteek het. Hy het nog meer verontwaardig gelyk as ’n paar dae tevore toe hy met die een been in die mangat getrap het.

Chris, oortuig dat die admiraal tussen die ysblokke sou verdwyn in die wêreld van die mensvreterhaaie in, het van waar hy gestaan het soos ’n pyl uit ’n boog geskiet, op sy maag voor die admiraal vas gevat en sy middellyf vir lewe en dood met sy lang arms omklem. Die admiraal het net so verbouereerd gelyk soos die eerste Pappy toe hy self die duiktegniek toegepas het. Dit wou voorkom asof hy eerder wou sterf as om op hierdie onwaardige manier gered te word. Die admiraal het gespartel - met die klouende arms van Chris nog steeds om sy lyf. Êrens onderwater het hy vastrapplek uitgeskop en met Chris en al orent gekom. Sonder ’n woord het hy aan boord geklim. Grand Pappy het die hele petalje oor die kant van die boot staan en aangaap en sy kop betekenisvol oor die gedrag van die vreemde gedoentes geskud.

Kort na twaalf die middag het die skerpskutter weer ’n klein krapvreter geskiet. Hierdie keer was die vel vir Gawie bedoel. ’n Paar dae vantevore was hy bekommerd dat al die robbe weggeskiet word en hy nooit ’n vel sou kry nie. Nou was hy baie ingenome en dit was vermaaklik om al sy idees oor wat hy met die vel wou aanvang, te hoor: hy sou dit laat brei al kos dit ook wat, en ’n tas laat maak - nee wag, hy sou dit liewers ongeskonde behou en oor die rusbank hang, want dit sou te waardevol wees om op die vloer te gooi. Toe het hy besluit om die eindbestemming van die vel as verrassing geheel en al aan sy vrou oor te laat, hoewel hy gemeen het dit sou beter wees om dit teen die muur te hang.

Die nag van die sewentiende, kort na elf, het die son op die liglyn in die suide verskyn.Vir dae reeds het hy agter die wolke weggekruip. Hy het sowat dertig voet bokant die liglyn bly hang en so helder soos laatmiddag in die Karoo geskyn. Die yshompe het lang skaduwees oor die wit vlakte gegooi en die boot s’n het nog verder weg oor die waterpas knobbelrigheid gestrek. Lig- en donkerrooi taferele op die reine skoonheid. ’n Feeparadys met sagte beligting wat orals kleurfratse deur refraksie van die lig deur die ysprismas afspeel. Hulle kon soos klein piramides volwaardig die Nylvallei versier. ’n Towerland van reinheid, sagtheid en ongekunsteldheid.

Die son was skuins voor aan die bakboordkant van die boeg, en daaraan het ons geweet dat ons nog steeds suidwes vaar.

Nag het in dag verander.

In hierdie witheid en helderheid snags, wanneer dit nag moes wees, maar dit nog altyd dag was, kon ’n mens nie slaap nie. Jy het jammer gevoel om die daglig te verkwis, en gewens jy kon eenvoudig aanhou en aanhou om dinge te doen en te herhaal, al was dit ook niks nie. Jou leeftyd het verdubbeld gevoel. Tyd om te werk was oneindig. Die luggie was prikkelend en verkwikkend en jy kon eenvoudig nie moeg word nie. Kort vantevore, toe daar nog ’n paar wolke voor die son was, het ek reggemaak om te gaan slaap, maar toe moes ek vir Gawie wag om van sy wandeling op die ys terug te kom.

Ek wou by hom sigarette hê. Al was dit so laat in die nag het hy vriendelik en behulpsaam die pakkamer oopgesluit om my te help. Die liewe Gawie het altyd tyd vir almal gehad, al was dit ook hoe ontydig. Toe ons by die pakkamer kom om die sigarette uit te haal, het Kosie kom sê dat Chappie siek is.

Chappie het, met pyne deur sy hele lyf, van kouekoors gebewe. Die laaste paar dae het hy vervalle gelyk. Sy blymoedige geestigheid en raak gesegdes was minder, hoewel hy nogtans tussen die rillings deur probeer het om te skerts oor sy toestand. Veertien dae na ons vertrek uit Kaapstad het influensa hom nog hard geslaan.

Hy was me die enigste nie. Gedurende die afgelope week het Dick en Kosie ook deurgeloop. Die kaptein het weer ’n pitsweer op sy arm gehad waarop ek elke aand warm kompresse gesit het. Die veelvuldige snywondjies wat so maklik met die onverwagte stampe van die boot opgedoen is, het nie maklik genees nie. Die koue het hul rande eenvoudig laat krimp en belet om na mekaar te groei. Die enigste raad was om so ’n wond, hoe gering ook al, ’n week of langer warm te verbind. Op die boot en met die koue weer word jy nie vuil nie. Jou vel gis net effens. Sedert ons vertrek uit Kaapstad het die meeste van ons nog nie eens probeer om te was nie . . . Ek het sowat ’n week vantevore, toe ons die klere uit die ruim kon kry, vir die eerste keer ’n skoon onderhemp en hemp aangetrek. My lyf het wel ’n bietjie jeukerig gevoel, maar anders heeltemal skaflik. Die warm bivakmus wat jy genoodsaak was om te dra om jou ore teen die snerpende windjie te beskerm. het jou kopvel ook laat jeuk. Jou hare het in die sweterige warmte gebroei, sodat heelwat van jou hare mettertyd in die slag gebly het. Dit sou beter gewees het om net oorklappe te gedra het.

Na vyf uur se vassit het die gety die ys gebreek en het ons goed gevorder. Net so nou en dan was ’n klein bokrammetjie nodig. Met die rumoer van die motore en die lawaai van die ys teen die boot het jy geweet dat jy beweeg, hoewel nie juis altyd in ’n suidelike rigting nie, maar nogtans het beweging, in watter rigting ook al, moed gegee en Tallie se lang ysmetergesig in ’n glimlag laat opkrimp.

Hierdie trio van motore wat raas, van ys wat teen die bootkante klap en ’n sydelingse beweging van die boot wanneer hy skuins op ’n ysskots klim en dan in die water neerplons, was, wanneer jy in die eetkamer sit, die enigste teken dat jy beweeg - hetsy vorentoe of agtertoe.

Jy kon nie altyd op die dek staan en kyk nie, want dit was te koud en kort-kort het die sneeu in jou gesig geslaan en jou oë laat toeknyp. In plaas daarvan het jy nou en dan halfpad opgestaan, net genoeg om skrams deur die patryspoort te loer of die yshompe beweeg en in watter rigting.

Met die beweging verdwyn jou vaak van netnou. In die middel van die nag is jy bly hieroor, want dan kan jy ongestoord sit en lees en skrywe. Gedurende die dag is dit te huislik. Net soos by die huis kom iemand kort-kort oor jou skouer loer en vra: "Wat doen jy?” asof jy iets anders met ’n tikmasjien kan doen as om te tik.

Dan het ek so baie aan die lewe tuis gedink, waar die rustige oomblikke wanneer jy ongestoord met jou eie siel kon praat, so weinig was. Kort-kort was daar die telefoon, bure en boere om oor hul probleme en sommerso te gesels. Miskien het dit my suidpool toe gejaag. As dit so was, dan het my vlug na die suide geen verligting gedurende die dag gebring nie.

Daarom was ek in die middel van die nag bly dat die slaap gewyk het en ek alleen was.

Om alleen te wees, was goed, en die stilte wat daaruit gebore was, is deur elkeen anders benut. Vir die een was dit eensaamheid, vir die ander ’n geleentheid waarna hy uitgesien het. Party se manier van benutting was aanvullend vir die ander, ander s’n was ’n oorlas vir die ander. Baie het geen belangstellings gehad nie. Hul grappe en gesegdes het alledaags en saai geword, en telkemale moes jy voorgee dat jy nog nie "daardie een” gehoor het nie. Wanneer jy op jou stilste wou wees, het iemand ongenooid die stilte gesteel en sy maag met ’n blêrende pensklavier daarop deur die deur gestoot onder voorwendsel dat hy ’n musikale liefdesdaad aan sy reisgenoot bewys. In werklikheid het hy sy vrees vir die stilte probeer wegskree, soos ’n lam wat blêr na sy ma.

Hul verveling en vervelendheid het hulle ’n oordrewe belangstelling in jou doen en late laat toon. Jy het begin verlang na die afgesonderdheid waar net die tien bymekaar kon wees, waar elkeen se werk horn rede sou gee om alleen te wees.

Die stilte was belaai met moontlikhede. Dit het jou insig in dinge wat jy vantevore nie raakgesien het nie, verskerp. Jy het besef hoe jy die natuur afgeskeep het. Elke kleurverandering in ’n wolkie of ’n gedaantewisseling in die ysvlakte het jy raakgesien. Jy het gevoel soos een wat uit die natuur ontstaan het, en elke oomblik het jy sy skeppingsdrang gewaar. Die natuur het die egste en opregste vriend geword omdat hy nie woorde vereis het om die vriendskap te beoefen nie. Vir hom kon jy nie moeg word nie, omdat hy altyd dieselfde was en tog steeds vernuwend verander het, en elke verandering jou oor ’n verklaring laat wonder het.

As jy snags op jou smal slaapbank lê, hoor jy die geskuiwe en gerasper van die ysblokke teen die staalstewe. Dan ’n harde slag wanneer die voorstewe teen dik ys bots. Vir ’n oomblik verbeel jy jou dat die boot teen ’n rots gestamp het, maar dan val die diepte van die water jou by - drie tot vyf myl - en dit is ’n salige vertroosting.

Hy ruk en skommel en jy rol heen en weer, en dan skielik is alles stil. Die motore het opgehou dreun en jy 1ê en wag dat iets moet gebeur. Maar alles is stil en jy hoor net weer die geskuiwe en gerasper van die ysblokke, en jy weet nie watter koers jy inslaan, vorentoe of agtertoe nie.

Jy is bly dat Tjel gesê het dat die ribbes net veertig sentimeter van mekaar is en dat die ysterplaat onder die waterlyn drie sentimeter dik is. Dit klink so min om jou kop van die ysige water en die rasende ysblokke te skei. Maar jy dink aan die geloof en liefde van Tjel, en jy is vererg vir jouself oor jou eie kleingelowigheid en vergeetagtigheid.

Dag na dag duur dit voort totdat jy beangs raak wanneer die geluid nie daar is nie, want dan is die boeg in ’n ysblok gewig.

Sonder om vir die tyding te wag, staan jy op en as jy nie met klere gaan slaap het nie, trek jy gou aan om te gaan help ys wegstoot. Wanneer jy daar aankom, is van die matrose reeds besig. Jy sien Tjel op die skotse ronddans, en jy voel lus om ook so te maak. Jy het weer kans om bene te rek. Jou spiere is seer van die sit en min stap.

Elkeen het sy paal en elkeen het sy eie idee waar om eerste te stoot, sodat hulle dikwels teen mekaar stoot. Uiteindelik is dit die een wat die ratsste van blok tot blok spring en die hardste stoot wat die voortou neem om te sê watter blok eerste beweeg moet word. Dan sit almal hul pale se punte daarteen, soos miere wat ’n stuk brood stoot en trek.

Met egalige druk roer hy of bly hy steeds lê. ’n Paar ry wip op die halsstarrige blok, spring op en af om horn los te wikkel en aan die beweeg te kry, en as hy dan nog nie wil ingee nie, word die lus van die katrolkabel oor sy verste punt getrek. Die katrolman ruk en pluk versigtig op en af, heen en weer deur die kraanarm vorentoe en dan agtertoe te swaai in ’n poging om eers die blokke langs hom ook los te woel. Dan, wanneer hy ingee, beweeg die ysplaat. Die kleiner blokke word onder die grotes ingestoot, of word deur die skroef agtertoe in sy maalstroom weggevoer.

"Spring, Vic! Spring! Jy dryf Engeland toe,” waarsku iemand.

"En hy kan nie eens Engels praat nie,” voeg iemand by, en almal lag asof dit die eerste keer is dat hulle dit hoor. Maar almal is gesellig en die eenheid van die kring verg nie oorspronklikheid nie.

Met ’n groot haal van sy Vadertjie Langbeen-bene en sonder om ontsteld te wees, stap hy oor die gaping en kom staan duskant langs die ander en stoot asof alles so moes wees.

Venables weer het op tipiese Venables-manier sy paal amper-amper in die water verloor, maar dit rakelings gevang asof dit deel van die stootproses was. Anders weer het hy die ys mis getrap en halflyf in die water gesak. Maar hy het homself ongeërg gered en doodluiters met die ysstotery voortgegaan.

Die wentol kners om die gepekelde as. Die weerbarstige blok ys begin beweeg en blokke wat vantevore nie gesien kon word nie, skiet soos kurkproppe ver onder die water uit. Groot en klein, met kristalgepakte oppervlaktes. Op die oppervlakte moker hulle die kleintjies los. Die pale word vinnig en geoefend op hulle gerig om hulle in beweging te hou en vinnig in die terugwaartse stroom te druk. ’n Groot prop duik op teen die skots waarop jy staan en laat horn wild kantel, maar jy hardloop na die hoogste punt en hou aan met stoot.

"Hy’s los!” skree iemand wat toevallig na die skeidslyn van die boot met die ys gekyk het en horn stadig sien roer het. ’n Wilde geskarrel oor die kant. Gewillige hande aan boord gryp jou arms. Met die skielike stop gly jou voete onder jou uit en saam land jy en jou redder plat op die dek. Een keer het die leer te vroeg onder Hannes uitgeskuiwe en het hy tussen hemel en sneeu aan die kant van die boot gehang terwyl die boot beweeg en die ys onder horn oopmaak. Maar met daardie koue water onder hom, het hy vastrapplek in die lug gekry en veilig op die dek beland.

As die klomp nie vinnig genoeg oor die kant kan kom nie, bly hulle op die ys staan en betrag die verbyvarende boot. Dan kom die boot terug en hou stil om hulle op te pik. ’n Plankleer word oor oorboord gestoot en een vir een gooi haastig sy paal op die dek en klouter oor.

"Livingstone, I presume,” word jy begroet. Die rand van die bootkant is glad en die seilstewels nog gladder omdat die sneeu wat onderaan is, in ys verander sodra jy op die donker, warm oppervlakte daarvan trap. Dit voel of jy skielik vir die eerste keer in jou lewe op ’n skaatsbaan beland het. Jy lag as jy val, want dit sou selfsugtig wees om die plesierige stemming van verligting te demp.

Net vyf het vir ’n partytjie opgedaag. Het ons mekaar te goed geleer ken? Of was dit heroriëntering van vriendskap? Ons was twee-en-twintig en dit laat toe vir afgroepering. Hoe kleiner die groep, hoe minder die neiging daartoe. Soveel te meer rede om uit te sien na die alleenheid van die bestemming, van die ontmoeting van mekaar op ’n nuwe vlak.

’n Lang vassit van vyf-en-twintig uur het gevolg. Tallie se gesig moes herkalibreer word om die dikker ys en groter ondeurdringbaarheid te kon meet.

Pappy het nog op die dek rondgestap. Hy het nou al tot by 67 grade suid en ses grade wes saamgery. Emosioneel was hy tuis. Hy wou egter, nieteenstaande die gesoebat van Blackie, niks eet nie. Stukkies vis en allerhande snoeperye is horn aangebied, maar hy wou dit nie raaksien nie. Hy was ’n onafhanklike individu en het verkies om self met eie vliegbewegings onder die water sy eie snoeperye uit te soek. Hy het in die son, wanneer dit deurgekom het, gestaan en bak, en sy snawel nou en dan enige plek onder sy vere ingesteek. Die matrose het met besorgde gesigte na hom en dan onheilspellend na mekaar gekyk. Hulle het nie van die gebrek aan eetlus gehou nie.

Toe ons een oggend op die dek kom, was hy weg. Net die wit tekens het getuig dat ’n edelman van Antarktika eenmaal aan boord was.

Die keiserpikkewyn het ’n snaakse sosiale instelling - ’n gebruik wat ’n mens hoop tog nooit in die Westerse beskawing sal posvat nie.

Hy broei in die stikdonker van die Antarktiese winternag. Dit klink onnosel en swartgallig, maar is miskien heeltemal verstandig om die aanval van die McCormick-skua vry te spring. Hierdie aasvoël van die suide laat niks wat hy kan aanval met rus nie en geen dooie prooi laat hy op die sneeu lê nie, al is hy ook hoe vol. Maar gedurende die Antarktiese nag is hy op die sonbeligte ysplate, ver van die keiserpikkewyne se broeiplekke, om daar te aas. Eers ná die winter kom hy suidwaarts en broei dan die suidelikste van alle voëls, sover as 88 grade suid. Op sy vlug terug na die see gaan hy by die broeiplekke van sneeuvoëls, Antarktiese stormvoëls en Adelie-pikkewyne aan om daar sy krop met eiers en kuikens vol te prop.

Voor die winter, teen die middel van Mei, laat die koue ’n dik laag ys op die see om Antarktika vorm. In die inhamme word dit die dikste en egaligste, omdat daar geen wind waai wat dit in die vormingstadium kan verbrokkel nie. Die keiserpikkewyne daag in groepies op en gesels met harde vals skreestemme van soggens vroeg, deur die nag, tot weer die volgende oggend. Hulle drom saam in groter groepe op die baaiys teen die ysbankfront uit die slag van die snydende suidoostewind. Van ver af kan die bakleilawaai gehoor word. In werklikheid is dit die paringstaal van mannetjies en wyfies. Na sowat dertig dae - ’n tydperk waarin geen van die twee iets te ete gehad het nie omdat die oop water met sy bereikbare vis te ver is - lê die vrou een eier.

Wanneer die eier op die ys geklonk het, haak en rol sy dit met haar snawel op haar pote, laat ’n vou pensvere daaroor sak om dit warm te hou, en die broeityd het begin. Na ’n paar uur of dae neem die mannetjie dit oor en sit dit op sy pote. Hy sit dan effens vooroor gebuk en omvou dit met ’n vou vere van sy pensvel. So sit die arme drommel vir ’n tydperk gelyk aan vier-en-sestig dae en vier-en-sestig nagte, geduldig, gedienstig en gedweë. Die vrou stap weg om intussen myle ver, waar die see oop is en die son skyn, te gaan visvang. In die winter is die see myle ver bevrore en moet sy ver tussen die "miershope” deurvleg om oop water tussen ysskotse te bereik.

Sy vang vis en klein seekatjies en maak ’n ryk voorafverteerde stof in haar krop. Sy weet presies wanneer die broeityd verstryk het en keer dan terug om die kuiken met sy vaalbruin donse uit haar krop te voer . . . maar nie die mannetjie nie. Maer en verskrompeld ná die lange nasiediens moet hy nou self sy weg na die kosvoorrade van die oop water vind, en nog boonop help om die kuiken te voer. Bereik hy nie die oop water nie, is dit sy saak en in die smaak van die skua. Dit is moontlik ’n manier om van ou mans ontslae te raak.

Vroeg op die oggend van die een-en-twintigste het ’n tweedaagse vassit begin. Die optimistiese hoop van ’n paar dae gelede dat ons binne ’n paar uur by die vasteland sou aankom, was verydel. Niemand wou erken dat hy so optimisties en verkeerd was nie. Chris het, om niemand te laat sleg voel nie, die lys "verloor”.

Sewe-en-sestig grade en 18 minute suid, op 6 grade wes, het beteken dat ons maar net sowat 200 seemyle van ons bestemming was. Teen tien knope sou dit ’n dag se reis beteken maar vordering op die bevrore see is onvoorspelbaar.

Die vlakte het in hoër hompe opgestaan. Drie lang plat tafelberge het sowat twee myl van ons af aan stuurboord gelê. Ons het die ys aan bakboordkant losgekap, maar die druk van die ander kant af het telkens ons geswoeg tevergeefs gemaak. Ons het toe maar tou opgegooi en vir die gety gewag om die werk op groter skaal te verrig. Die ys was onder geweldige druk. Ons kon enige tyd deur die gety of deur ’n sterk wind losgebreek word, of ons kon daar 1ê tot die einde van Januarie wanneer die ys gewoonlik makliker breek.

Terwyl die plaatys gewoonlik eers by 68 grade suid begin, het dit ons op 54 grade al getref. Dit was die swaarste ysjaar wat die kaptein nog ooit in daardie geweste ondervind het. Die vorige jaar het hy met dieselfde boot binne twee weke die Noorweegse ekspedisie se voorrade van Kaapstad na Koningin Maud-land geneem. Nou was ons al agttien dae op pad sonder ’n landingsdatum in sig.

Die nege Noorweërs wat op die vasteland vir ons gewag het, het ons probeer aanjaag deur per radio te laat weet dat hul bier gedaan was en ons gou moes maak.

Johannes het gesê: "They’ve got lots of ice to eat,” en daar was geen tegemoetkomende vriendskap tussen Bacchus en die plaatys nie. ’n Paar uur later het hulle laat weet dat hulle kos min word. Maar selfs hierdie aanjaagstorie het geen simpatie van die kaptein of die ys gekry nie.

Die kaptein het gesê: "There are still dogs to eat.” Hy het hom nie bekommer nie, want hy het die ys geken en geweet dat kommer nie die ys dunner sou maak nie. Hy het in sy kajuit gaan 1ê en rus na die daelange waghou op die brug. Al kon hy uit sy kajuit nie na buite kyk nie, kon hy weet wanneer die greep van die ys wankel. Die geringste kraak van die boot of effense sywaartse beweging asof die boot losskiet, sou hom dadelik wakker maak en die motore laat dreun.

Net die wind kon ons help. Mooiweer is die ysvaarder se dood.

Gawie het ’n kolletjie vriesbrand op sy neus onder die brug van sy sneeubril ontwikkel omdat die brug klam was. In hierdie wêreld van sneeu en koue sweet jy of kry jy sneeu in jou mukluks in. Wanneer die sweet of sneeu jou klere of binnesole aanklam, verys dit as jy gaan sit of in die wind staan en veroorsaak vriesbrand. Daarom is die manne gewaarsku om nie met nat skoene en klere te gaan 1ê of rond te staan nie, maar altyd aan die beweeg te bly totdat hulle weer droë klere kon aantrek.

Ian, die student wat as kombuisklong by die boot in Kaapstad aangesluit het, het teenoor Johannes opgemerk dat ons nie vir altyd daar kon sit nie, want die kos sou opraak. Johannes het sy skouers opgehaal en gesê: "Plenty of seals to eat, so why worry.” Hy het nie geweet hoe ons ons neuse vir so ’n moontlikheid opgetrek het nie. Maar nood sou leer bid en jou selfs laat robvleis eet. Scott en Amundsen en andere het robbe as ’n delikatesse geëet, maar ons sou pap en boerwors verkies.

Ons het ver ente op die ys gaan stap, elkeen met ’n teerpaaltjie in sy hand om die ys te bevoel. As hy deur ’n sneeubedekte bars sou val, het hy gehoop dat die paal dwars daaroor sou swaai en hy homself daaraan kon optrek. Dertig sekondes in die ysige water was genoeg om jou vir ewig in ’n yspilaar te verander.

’n Krapvreter is ’n ent van die boot geskiet, en om die beurt het ons hom nader gesleep totdat die katrol hom kon bykom. Sy lang sleepsel helderrooi bloed het ’n skerp kontras op die wit agtergrond gemaak, en die warmte daarvan het ’n gleuf in die ys gebrand.

Dit uitlaatpype van die riool het toegeys, en ons moes dus noodgedwonge die natuur van agter ’n hoë yshomp gaan besigtig. Selfs op die ysverlate vlakte bly mans beskeie, al was die beskeidenheid net om die ander nie te laat sien hoe vlugtig hy die daaglikse takie kon verrig nie. ’n Ysige windjie teen ’n blanke agterwêreld op ’n ysige agtergrond het geen filosofiese getalm soos langs ’n kraalmuur toegelaat nie.

Die vuilgoed het om die boot vergader. McCormick-skuas het die eetbare brokkies uitgesoek en die res rondgeslinger.

Drie-en-veertig-en-’n-half uur het ons stil gelê. Ons is onsigbaar deur die plaatys aangestoot, gehelp deur die onweerstaanbare voortdrywe van die plat ysberge wat wes en noordwaarts na hul watergraf beweeg. Ons moes geduldig wag vir wind en gety om die ysplaat te breek. Elkeen moes sy eie tydverdryf soek. Selfs die gesels en die geblêr van die pensklavier het moeg geraak. Dit was ’n goeie voorbereiding en toets vir die winternag wat voorlê. So sou ons in die volgende jaar op ons eie vindingrykheid moes staatmaak, selfvertroue ons toevlug maak, sodat ons nie geestelik en liggaamlik verslap nie.

Laat die aand van die tweede dag van die groot vassit het die motore van die boot skielik gedreun en ons was weer op pad. Die ys het onverwags sy fratse laat staan en reg voor die boot ’n waterbaan oopgeskuiwe. Kort daarna het ons tussen drie plat ysberge in ’n groot stuk oop see gevaar. Skielik het dosyne seevoëls uit nêrens opgedaag en om die boot geduik om aas op die blou oppervlakte te vang, en die skuas het hulle verlustig aan die miljoene dooie krills wat oral bruin aan die rande van die ysskotse gepak was.

Die wind in Antarktiese gebied is nie net die begunstiger van die mens nie, maar van alles wat bo die water lewe.

Vervolg...

U soek na?

  • HOU VAKANSIE IN MOSSELBAAI !

    Baie netjiese vakansie-akkommodasie in Fraai Uitsig, Kleinbrakrivier, Mosselbaai Munisipaliteit. Twee kilometer vanaf Kleinbrak en Tergniet se swemstrande en ongeveer 10 kilometer vanaf Hartenbosch. Pick n Pay binne loopafstand.
    Kliek hier vir volledige inligting en foto's: OPSOEK NA BEHUISING VIR VAKANSIE?
     
    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________
     
    SKAARS BOEKE TE KOOP
    C J LANGENHOVEN 16 VOLUMES
    FAK-SANGBUNDEL 1 VOLUME
    Hierdie 16 volume Langenhoven-stel is 'n goedopgepaste kosbare versamelstuk. Dit beslaan die volledige inhoud van Langenhoven se bundels soos Sonde met die Bure; Loeloeraai; Herrie op die ou Tremspoor; Doppers en Filistyne; en al die kosbare stories uit die pen van Langenhoven.
    Die FAK-sangbundel is ook in goeie toestand en kan saam of apart van die Langenhovenstel gekoop word.
    Eienaar moet na 'n kleiner woonplek verhuis en vra 'n redelike aanbod vir sy boeke.
    Die aanbevole waardasieprys vir die Langenhovenstel is R1600.00; en vir die FAK R100.00
    Koerierkoste sal bykomend wees.
    Kontak

    Chris Carstens

    Sel no 082 954 3383

    Epos adres

    chris.carstens

    @vodamail.co.za

    ___________
    DIGBUNDELS:
      'n Versameling van 4 elektroniese bundels - 226 gedigte @R350.00:  
    Vir alle navrae  skryf aan 
    Amanda
    @waterstrome.co.za
    Uittreksel uit:
    'n Nasie in Pyn:
    ...Saam sal die hele wêreld vir hulle bid.
    Saam sal ons met pyn in ons harte sit.
    Mag hulle berus in u wil
    Mag hulle voor U verstil.
    _________
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    'n Boek getiteld DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, uit die pen van ds AE van den Berg, het  in gedrukte vorm verskyn. 
    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.  
    DIE
    VOLMAAKTE REPUBLIEK - Christen Teokratiese Separatisme, bring helder perspektief oor rasseverskille en die natuurlike skeiding van rasse wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte aan geestelike transformasie wat landsburgers van denkrigting sal laat verander en van al die sogenaamde polities-korrekte onregte en gewaande vryheid waarmee hulle belas word, sal bevry.
    Lesers word aangemoedig om hulle daadwerklik vir 'n Christen-teokrasie in 'n volmaakte republiek te beywer deur sinvolle besluite te neem in die lig van God se Woord, en onophoudelik te bid dat dit spoedig hier aan die suidpunt van Afrika verwesenlik word. Politiek is 'n saak van erns en harde werk waardeur wet en orde gehandhaaf word en durf nie in eerlose hande gelaat word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel, iets wat op staatkundige gebied slegs in 'n Christen-teokratiese bestel tot sy reg sal kom.

     

    U kan hierdie boek bestel by
    ds AE van den Berg
    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com
    Prys: R50-00

     
  • BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    ('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8

    ... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl

    ... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD


    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    JULIE 2013

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. 

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2 NOU BESKIKBAAR

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
    of skakel hom by
    074 967 5187


    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  • Kliek op DIE CHARISMATIESE GEVAAR om meer oor hierdie boek te wete te kom Lees verder...  
  • FILM OOR DR HF VERWOERD

    Kyk by hierdie skakel http://youtu.be/TcO3zPF8998

      na die kort film oor dr HF Verwoerd.   
    Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682 of by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
     

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

 

'N BIETJIE LANGENHOVEN:

Ek sê nie al die suur mense is Fariseërs nie, maar naastenby al die Fariseërs is suur. In alle geval, solank hulle onthou om Fariseërs te wees. Want dis ook 'n inspanning.
Verbeel jou 'n wêreld sonder 'n skaterlag, sonder eens 'n glimlag. 'n Hemel op aarde, sal die Fariseër sê. Uit so 'n hemel sou ek wou wegloop hel toe.

Die man wat ek na soek, is nie dié wat die minste foute maak nie, maar dié wat die meeste foute régmaak.

Slaap laat solank as jy jou eie baas is en daar sal 'n tyd kom wanneer 'n 'n baas jou sal laat vroeg opstaan.

Ontydige vlyt is die merk van die luiaard. Dis sy verskoning vir ontydige rus.

Ons reken ons geluk vir ons loon en ons straf vir ons ongeluk.

Welvaart is die  dogter van matigheid en die moeder van weelde.

My swaarste pad trap ek self vir my plat, en die swaarste is die wat my voete nooit vat.

Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns.

Die boer wat nie saai nie sal nie misoeste kry nie, maar hy sal geen goeie ook kry nie.

Het die daeraad lief en die dag sal jóu liefhê.

'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie.

Dis die flukse perd wat flou word. Meer moeite as wat die vlytige het vir sy loon, het die luiaard verniet.

Op die ou end werk die vlytige man vir homself, die luiaard vir 'n ander.

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Kla net oor jou kooi as dit 'n ander is wat dit vir jou opgemaak het.

Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.

Om my naaste lief te hê is vir my 'n sware gebod. Met die mense daargunter kry ek dit nog op 'n manier reg.

Jy sê "ja" waar jy moes "nee" gesêhet omdat jy die ander nie wil aanstoot gee nie. Maar eken hoe het hy jou aanstoot gegee met sy versoek!

Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was; aan 'n oue of dit goeie wamaker was.

Trek liewer vir jou vriend jou broek uit as om vir hom vir 'n baadjie borg te staan. Anders loop julle naderhand albei nakend.

Die vriendskap wat jy moet koop is 'n duur artikel. Jy sal nie weer jou prys kry as jy dit van die hand wil sit nie.

Moenie vriendskap en besigheid meng nie – jy bederf albei.

'n Man wat nie vyande het nie deug nie vir 'n vriend nie.

Maak jou vriendelikheid goedkoop en hou jou vriendskap duur.

Moenie jou vriend vergeet nie; dit sal hom seermaak. Maak jou vyand daarmee seer.

'n Skare is 'n versameling van eensames.

Stuur die luiaard na die miere, en as hy nie te lui is om te gaan nie sal hy te lui wees om weer terug te kom.

Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.

Waardeer die werk van jou vrou. Jy kan nie op die aarde 'n ander kneg kry vir dieselfde diens en dieselfde prys nie.

Met spaarsaamheid sal jy uit die kleinste inkomste iets oorhou; met verkwistery sal die grootste vir jou te min wees.

Besorg jou eie boodskap en reken die moeite teen dit wat die misverstand jou sou gekos het.

Het die ryk man nodig om so suinig te wees? Maar hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie; hy is 'n suinige man wat ryk geword het.

Help jou swakke mededinger op die bene bly.  As hy tot niet gaan, kom daar dalk 'n sterke in sy plek.

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES (7)

(Lees die reeks by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

  • Die adderbyt van naberou is verskriklik (Naberou is ontstellend.)
  • Hy het hom in 'n addergebroedesel begewe (Hy was tussen 'n groep nydige, aanvallende mense.)
  • Sy het hom adieu toegeroep (Sy het vaarwel gesê.)
  • 'n Adres van adhesie is 'n geskrif waarin instemming betuig word met 'n versoek.
  • Jy is nou by die verkeerde adres (Jy soek die oorsaak van die kwaad by die verkeerde persoon.)
  • Dit was advokatery (Dit was regskundige uitoorlêery.)
  • Hy sal die werk weer afbroddel. (Hy sal knoeiwerk of slordige werk verrig.)
  • Sy wil elke takie afbrom (Sy kla die hele tyd terwyl sy werk.)
  • Jy kan nou maar afdans (Jy kan nou maar skoert.)
  • Moet hom nie op sy verdienste afdwing nie (Moet hom nie verkleineer nie.)
  • Die ou werkie draf ek gou af (Ek sal dit sommer gou afhandel.)
  • Hulle wil die rusie afdrink (Hulle wil vrede maak.)
  • Sy het soms baie affêrinkies (Sy is dikwels vol nukke en nonsens.)
  • Hy sal wel weer geld van haar affutsel (Hy sal dit op 'n oneerlike manier van haar kry.)
  • Daar kan niks van afgaan nie (Dit kan nie ontken word nie.)
  • Hy sal 'n afgehekste loesing kry ('n deeglike pak slae.)
  • Sy is 'n afgelekte meisie (Sy het al baie kêrels gehad.)
  • Jy lyk so afgesak (Jy lyk baie moeg.)
  • Hy het afgetop gelyk (Hy het verleë gelyk.)
  • As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)
  • So 'n afhaler is onnodig ('n Onnodige belediging.)
  • As dit afhang moet ons dit maar opbind (Skertsend wanneer iemand gedurig begin met "Dit hang af..."
  • Na elke partytjie is hy babalaas ( dan ly hy aan die gevolge van te veel alkohol).
  • Daar was 'n Babelse gegons van stemme (Almal het gelyktydig gepraat).
  • Dit was 'n Babelse verwarring (Dit was baie deurmekaar).
  • Hy sal weer mooi broodjies kom bak (Hy sal kom vlei en mooipraat om sy doel te bereik),
  • Hulle eet nie uit een bak nie (Hulle is nie vriende nie).
  • Sy het hom 'n bak gewys (Sy het hom onvriendelik tereggewys).
  • Gou by die bak maar lui by die vak (Hy is eerste daar waar iets te ete is maar traag as hy moet werk).
  • Hy maak sy hande bak (Hy kom bedel iets).
  • Ons moes bak staan (Ons moes hard werk).
  • Dit was sommer 'n bakerpraatjie (Dit was 'n skinderstorie).
  • Jerusalem is die bakermat van die Christelike Kerk ( Dis waar dit begin het. 'n Bakermat was 'n mandjie waarin die baker – die vrou wat 'n pasgebore baba versorg het – die kindjie op haar skoot voor die vuur versorg het).

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1151 gaste aanlyn